Ramaphosa spreek nasie later vandag toe

OPVOLG: President gaan nie nasie vanaand toespreek

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Presidensie/Twitter

Pres. Cyril Ramaphosa sal die land later vandag of vanaand daaroor toespreek of die huidige regulasies rakende die koronavirus genoegsaam is, en of nuwe regulasies benodig word.

Hy begin sy dag met ʼn samekoms met sakeleiers by die Uniegebou. Die sakeleiers sal vir hom hul terugvoer gee oor die uitwerking van die virus en die gevolglike rampmaatreëls op die ekonomie, asook voorstelle doen oor hoe die negatiewe trefslag verminder kan word.

In ʼn aanduiding dat verdere maatreëls onderweg kan wees, sal die president dan met leiers van al die opposisiepartye wat in die parlement verteenwoordig word, byeenkom. Daar was Woensdag ʼn soortgelyke vergadering tussen die president en opposisiepartye, maar nou sal alle politieke partye ʼn kans kry om hul sê te sê.

Daarna vergader Ramaphosa met die nasionale bevelraad (die deel van die kabinet wat die koronavirus-situasie bestuur).

Tydens die vergadering sal Ramaphosa ʼn bygewerkte verslag ontvang oor die uitbreking, soos die vooruitgang en uitdagings wat verband hou met die toepassing van die onlangs afgekondigde regulasies en ander maatreëls om die land te beskerm, asook die ekonomiese uitwerking.

Die nasionale bevelraad sal spesifiek besin oor hoe die huidige rampmaatreëls verander moet word, waarna die president die land sal toespreek.

Die president se toespraak sal regstreeks op talle radiostasies, televisiekanale en aanlyn uitgesaai word.

Volgens die presidensie word die tyd van die president se toespraak bepaal deur wanneer sy vergaderings afgehandel is.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Anel ·

Kon hy nie maar gister of môre die vergaderings gehou het nie? Hoekom altyd op ‘n Sondag? En dan dink hy hy weet iets of gaan ‘n versil kan maak? Hulle saai net paniek en histeria.

Johan Venter ·

Sondag is ‘n ‘stil’ dag, dan trek hy die meeste aandag.

Maar nouja, in 6 dae moet jy aarbei en al jou werk doen, maar die 7 de dag moet jy rus.

Party se 7 de dag val op ‘n Saterdag, ander s’n op ‘n Sondag.

Nog ander het nie ‘n 7 de dag nie.

wilhelm ·

Nee hul doen nie eerder mense laat die gevare sien moenie met jou kop in die sand loop nie

Erik ·

Het jy al gedink as ‘hulle’ niks sou sê nie hoe ‘julle’ dan sou kla? Party mense moet op Sondae werk… Jesus het ook, en was ook daarvoor gekritiseer. Verstaan my mooi, ek vergelyk nie die President met Jesus nie, maar soms moet daar op Sondae ook gewerk word.

Lizelle ·

Anel en jy is negatief. Wees bly hy sê hoegenaamd iets. Sondag is die beste tyd almal is tuis. Dis nie nou die tyd om negatief te wees nie. Hierdie virus is niemand se skuld nie. Tyd dat jy die erns hiervan ter harte neem

Johan Venter ·

Net as ek die president sien is ek al klaar negatief, dit nog voor hy sy mond oor enigiets oopgemaak het.

Stof ·

Anel, jy het ‘n geldige kopsorg. Baie deel dit. Dankie dat jy opstaan vir Vader. Ek eer jou daarvoor. Ek vertrou regtig egter dat hy darem wel vanoggend die opdrag na die gemeenskap van gelowiges nagekom het, al moes hy dalk homself net voor die kollekte verskoon het…

Niné ·

As ek kyk na ander lande is “total lockdown” die beste voorkoming. Maar wat gemaak met informele nedersettings waar almal opmekaar bly? Dit is my grootste kommer asook die hardkoppiges wat met hulle koppe in die sand is en dink ons is verniet bekommerd.

Jan ·

Glo jy alles wat jy in die koeranre lees…en boonop glo jy die politici…

Scalla ·

Hoekom altyd op n Sondag, sal seker weer laat wees , Afrika tyd, kry seker dubbele oortyd, hul word getime met n almanak en nie n stophorlosie nie.

wilhelm ·

Niks fout met sondag nie nerens in bybel se dit iets dat ons sondag niks mag doen nie

Erik ·

Hi Scalla, neem aan jy kyk ook glad nie sport wat op Sondae plaasvind nie? Vra maar net. Broodjie aan albei kante gebotter…

wilhelm ·

Daar is niks fout met n sondag dis die beste tyd om toespraak te gee waneer meeste mense by huis is .en ek dink eerder streng maatreels as wat mense mak wat hul wil .Al kan jou ligaam dalk die virus aanvat wie se die vlgende persoon kan

Erik ·

Ek dink nie dis nou die tyd om fout te soek en te kritiseer nie. Die regering besef duidelik die erns van die situasie. Dis maklik om vanaf die kantlyn aanmerkings te maak – dit sal enige iemand wat in ‘n bestuursposisie is verstaan. Vir jare het ook altyd kommentaar gelewer en van beter geweet, maar vandag, nou dat ek in daardie posisie is, sak ek soms my kop in skaamte en besef ek dat daar ‘n goeie rede was vir sekere besluite. Ons is almal in hierdie ding en kan dalk eerder begin saamwerk as kritiseer. Ek ondersteun nie die ANC nie, maar die virus is nie hulle skuld nie.

Chris ·

Ek is nie met die helmet gebore nie, maar hier kom ‘n ding. Ek glo nie ons het reeds die “totale aanslag” van die virus ondervind nie. Ek is nie onverskillig teenoor die virus nie, maar ek dink daar word te veel van ‘n ophef daaroor gemaak. Ons sal maar wag en sien wat gebeur.

Johan Venter ·

Sal dit nie wonderlik nie wees as hy voor hy sy toespraak lewer, kan sê: “Kom laat ons eers die hoofde buig:

Our Father, Who art in heaven,
Hallowed be Thy Name.
Thy Kingdom come.
Thy Will be done,
on earth as it is in Heaven.

Give us this day our daily bread.
And forgive us our trespasses,
as we forgive those who trespass against us.
And lead us not into temptation,
but deliver us from evil. Amen.

Jax ·

Erik en stem saam met jou. As mens aan die stuur van sake staan, besef mens eers hoeveel krag leiers se besluite dra. Ek het waardering vir die feit dat ons regering tyd neem om ingeligte besluite te maak.
Ek wens net die res van SA, veral die Jong mense, Wil besef hoe erenstig hierdie virus hulle kan tref.
Ek is regtig al keelvol vir die simpel grapple oor Corona virus – dit is nie n grap om die virus te hê nie en nog minder n grap om te sien hoe swaar mense asemhaal wat wel die virus het. Dink tog vir n slag oor Ander mense en hoe ons aksies Ander kan raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.