Ramaphosa spreek SA eers later toe

Jackson Mthembu, minister in die presidensie. (Foto: GCIS)

Suid-Afrikaners wag al sedert Sondagaand op hete kole om te hoor wat pres. Cyril Ramaphosa se jongste aankondiging oor die nuwe koronavirus, Covid-19, gaan wees, maar hulle sal nog ʼn rukkie langer moet wag.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het Maandagoggend op Twitter gesê Ramaphosa gaan die land eers vanaand oor die pandemie toespreek.

“Teen daardie tyd gaan daar groter duidelikheid wees oor die maatreëls wat nodig is om die uitwerking van die virus op ons land en sy mense te verminder,” het Mthembu gesê.

Talle Suid-Afrikaners vrees dat ʼn noodtoestand dalk afgekondig gaan word en ʼn staat van algehele inperking gevolglik gaan geld. Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, het vroeër egter gesê sulke maatreëls sal net in die uiterste omstandighede ingestel word.

Volgens die jongste beskikbare syfer [Sondagaand] het 274 mense in Suid-Afrika reeds positief vir die virus getoets. Tot dusver is geen sterftes aangemeld nie. Suid-Afrikaners is gevra om ʼn gesonde afstand van mekaar te handhaaf en streng maatreëls geld waar mense wél byeen is.

Mthembu het gesê die presiese tyd wanneer die president sy toespraak gaan lewer, sal deur die loop van die dag bevestig word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Michael ·

Hy kan nie eers by n tydskedule hou nie maar ons moet hom vertrou .

Oe la la ·

Gee die man n kans, ek myself is nie een van sy grootste aanhangers nie, maar besef jy die vreeslike groot verantwoordlikheid wat op sy skouers rus? besef jy hoeveel lewens hy in sy hande nou het? die implikasies van sy besluit? dis nie net n wat eet ons vanaand besluit nie…

Michael ·

Praat ons nou van dieselfde man wat op nasionale tv gelieg het oor plaasmoorde ,en die bossasa skenking ,glo en vertrou op hom ek doen nie.

Vrystater ·

Ek dink iemand het sy toespraak geproeflees, en toe vir hom gesê, “Maar, Cyril, dis mos nie die waarheid nie!?”
Nou soek hulle nog steeds die waarheid.

SomeOne ·

waarom stel hy nie sommer ‘n aandklok reel ook in nie ?

Jacobus ·

Hier is persone wat kommentators kritiseer. Die probleem gaan dieper as net dat Cyril laat is, dit gaan oor jare se korrupsie en afskeping. Gaan lees op Twitter die inskrywing van ‘n jong dokter Lara Olivier wat rapporteer letterlik uit die loopgrawe. En die krisis het nog nie eers die hospitaal stelsel getref nie. Gaan lees dit en Bid. Skraap dié insktywing maar gaan lees eers wat die brawe jong dokter te sê het.

Woeter ·

Kyk mense ek het baie respek vir President Cyril Ramaphosa en die ANC vir hoe hulle die Coronavirus pandemie hanteer, ons is dalk n 3rde wereld land maar as mens sien die hoe Suid-Afrika optree is dit veel veel meer as wat baie van die 1ste Wereld lande doen. Kan eerlik waar weer begin se ek is trots op Suid-Afrika!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.