Kyk hier: Ramaphosa spreek SA Maandagaand toe

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal die nasie Maandagaand weer toespreek.

Die presidensie het bevestig dat Ramaphosa die land om 20:00 op die hoogte sal bring van die jongste verwikkelinge rakende die stryd teen die Covid-19-pandemie.

Suid-Afrika is tans op ’n aangepaste afsonderingsvlak 3 terwyl 4 525 nuwe Covid-19-gevalle in die laaste 24-uursiklus aangemeld is.

Daar was die afgelope ruk toenemende druk op Ramaphosa om die regulasies te verslap.

Sommige van die grootste kwessies is die voortgesette verbod op die verkoop van alkohol en die heropening van strande.

Die presidensiële koördineringsraad het die afgelope naweek vergader en die kabinet vergader na verwagting Woensdag.

Maroela Media het vroeër berig Ramaphosa sal die land se eerste besending van die Covid-19-entstof na verwagting vanmiddag op die OR Tambo-lughawe in ontvangs neem.

Die video sal na verwagting om 20:00 begin speel sodra die president se toespraak begin:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Peter Pan ·

Ja gaan seker weer die alkohol verbod lig want hulle soek nou weer geld om vir die entstowwe te betaal…

Anti-Verkramp ·

Die alkohol verbod gaan nie gedeeltelik gelig word om vir die entstowwe te betaal nie. Dis tog nou bollie wat jy praat.

Jims ·

Is dit vanaand wat hy praat of volgende Maandag?
Kom nou Oom Cyril, ek braai nie eers meer nie, want my wyn is op!

Maggies ·

Ons volkie laat my darm so baie aan Oom Genis dink. Altyd onvergenoegd.
Ek weet daar is baie om oor te kla, maar is daar nie soveel méér om oor dankbaar te wees nie?

Jims ·

Die onvergenoegdheid gaan hier oor die regulasies wat ingestel is en daaraan is wragtie niks om oor dankbaar te wees nie.

MakersMark ·

Ons stem nie saam oor rugby nie maar hier stem ek 100% saam met jou. Domastrant en kermend.

Hennie J ·

Die huigelaar gaan weer iets kwytraak. Beslis oor burgerlike ongehoorsaamheid, drankbeperking en hy gaan ons beslis bul……sodat ons bly sal wees ons is wit en gaan nie die entstof kry nie.

Matilda ·

Ag man, ek gaan nie eers my tyd mors om te luister wat die man te sê het nie, hy (of is dit nou tannie Zuma?) maak sinnelose wette wat van eerlike Suid Afrikaners misdadigers maak en wat die land oor ‘n afgrond stuur!

Francois Le Cochon ·

Daar is ‘n direkte verband tussen die ‘sinnelose” wette, en die afplatting van die kurwe. So is daar oor ‘n direkte verband tussen die landsburgers se balorigheid en die opwaartse beweging van die kurwe.

MakersMark ·

Daai konsep is heeltemal te kompleks vir sekeres soos dit duidelik is hier ook ….

Genis ·

Die eenheid “Cripto-Klipdrift” se pryse gaan oornag tuimel….

QueenB ·

Die president is onder soveel druk van alle kante af…. hy moet los dat almal doen wat hulle wil laat elkeen op sy eie bors kan slaan as iets met hul families gebeur

SomeOne ·

ou shirrel, jy lyk moeg, dalk moet jy ook maar sabbats verlof neem, dit sal baie lewens red

Henk ·

Ek het niks anders om te kyk nie behalwe Netflix, so ek sal maar luister op OFM.

Anti-Verkramp ·

Jy kon nog nooit ‘n bier op die strand drink nie (wel jy kon maar dit was nog altyd onwettig).

Jaco ·

Ramaphosa vanaand en dr dhlamini-zuma môre met die TOTALE teenoorgestelde van wat ramaphosa vanaand sê

JohanR ·

Ek dink tensy jy ‘n gehaarde ANC lidmaat is, is daar nie meer respek in die land vir die ANC, sy president of sy ministers nie. Kan nie dink as Winston Churchill in die Tweede Wereld oorlog oor die radio gepraat het nie dat iemand sou gese het bla bla bla en nog ‘n bla. Ek wonder hoeveel PRIVAAT besighede moes al sedert 26ste Maart hulle deure toemaak?

Anti-Verkramp ·

Baie, soos reg oor die wereld. Wees bly jy is in SA, beperkingsmaatreels is BAIE erger oorsee.

MT ·

Maar laat ons ‘n bietjie hoor oor die streng inperkingsmaatreels in die buiteland, Antie?

Ek sal graag jou inligting met my belewenis wil vergelyk.

Anti-Verkramp ·

Google, lees oorsese koerante, kyk Sky, Aljazeera, ensovoorts, Vergewis jouself wat in die wereld aangaan.

Vrijburger ·

Snert! SA het van die strengste imperkings. Baie beslis baie strenger as in die paar VSA state waarin ek rond beweeg.

Michael ·

Al 3 ons besighede moes toemaak-17 personeellede sonder werk en ons het alles waarvoor ons ons hele lewe lank gewerk het verloor. Net skuld oor wat ons ook nie kan betaal nie. Anti-verkramp hieronder sal anders dink en voel indien dieselfde met hulle gebeur het

Anti-Verkramp ·

Ek werk al 20 jaar vir myself. Het ook al misluk en weer opgestaan. Dis moeilik maar ons is nie in ‘n unieke situasie in die land nie, meeste entrepreneurs sukkel maar oral ter wereld. Sterkte. ‘n Vriend van my het ‘n wegneem-ete besigheid in hierdie moeilike tyd oopgemaak, sy besigheid floreer. As die lewe jou platslaan, moet jy maar net weer opstaan.

Vlooitjie ·

Dis regtig pynlik om te lees hoe mense mekaar wil ” uithaal” hier omdat ons opinies verskil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.