Ramaphosa spreek SA Woensdag toe

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Terwyl Suid-Afrika asem ophou oor die langverwagte skuif na vlak 1 van die afsonderingsregulasies, het die presidensie aangekondig pres. Cyril Ramaphosa spreek die land Woensdag om 19:00 regstreeks toe oor die jongste verwikkelinge oor die land se reaksie op die Covid-19-pandemie.

Ramaphosa het Maandag met die nasionale koronavirusbevelsraad vergader, gevolg deur ʼn vergadering Dinsdag met die presidensiële koördineringsraad en Nedlac. Dit word gevolg deur ʼn spesiale kabinetsitting Woensdag, het Tyrone Seale, presidensiële woordvoerder, gesê.

Ramaphosa en sy adjunk, David Mabuza, is medevoorsitters van die presidensiële koördineringsraad wat ook ministers, premiers, senior staatsamptenare en lede van Salga en die nasionale huis van tradisionele leiers insluit.

Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, was vroeër versigtig optimisties dat Suid-Afrika deur die ergste van die Covid-19-pandemie is en sy departement het aanbeveel dat die afsonderingsregulasies verslap word. Dit sluit in regulasies rakende die aandklokreël, die verkoop van alkohol, godsdienstige byeenkomste asook reisbeperkings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Adam Adriaan ·

Wonder waarmee wil hy weer “Our People” mee mesmaraai?

Adeline ·

Aandklok reël was die grootste grap van a die reëls – misdadigers en die grootste aantal van die cANCer ondersteuners dink die reëls is nie van toepassing op hulle nie veral as die parlement ministers selfs met korrupsie alle reëls en wette openlik oortree soos dit hulle behoeftes dit pas – covid-19 (bleach 2020) geld net vir blankes PUNT. Niks wat die cANCer leier is die grootste misdadiger ooit, en niks wat hy sê het word deur my geglo nie – beplande agenda agter alles wat hulle doen.

Persheks Adri ·

Ja wat ookal Cyril! Gaan jy of kopdoek praat? Nie tyd vir jou speletjies nie ok.

Praat met jou eie mense, want ek’t nie my X by jou getrek nie.

Hoop nie jy praat oor julle korrupsie nie, want ons glo niks nie als leë beloftes. Julle maak moeg tot my moeg is moeg!

Aries ·

Die sogenaamde “lockdown” wat Cyril ingestel het en gerieflikheidshalwe weer en weer verleng het was niks anders as n politieke magsgedrewe spel wat hy en sy regering gespeel het nie.

Cyril voel vere vir die ekonomie wat skrikwekkend “ingekrimp” het nie want hy maak mos staat op sy “melkkoeie” om die geld weer teug te kry by ons as belastingbetalers

Magda ·

Nee wat stel nie belang nie – in elk geval nie vir ons Wittes bedoel nie – so THANKS BUT NO THANKS. ou Rampie

Hennie J ·

My fellow south Africans, will all whites switch off their TV’s as you are wasting electricity!

Michael ·

As iemand weer ‘n les wil he oor hoe om te hoes in jou elmboog, moenie hierdie uitsending misloop nie!

Jakes ·

Sal weer baie koffie moet drink en bruistabllette moet koop om nie aan die slaap te raak terwyl hy praat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.