Ramaphosa spreek weer die land toe

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal Sondagaand die land om 20:00 toespreek oor verwikkelings in die land se reaksie op die Covid-19-pandemie.

Dit volg ná gesprekke die afgelope paar dae met die nasionale koronavirusbevelraad, die president se koördineringsraad en die kabinet.

Die regering en sy maatskaplike vennote monitor deurgaans die koers van infeksie, behandeling, herstel en inentings asook nakoming aan gesondheidsregulasies en ander voorkomingsmaatreëls.

Die toespraak sal regstreeks onderaan hierdie berig beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willem

WIE GEE OM?!…BLA BLA BLA..wash your hands..keep your distance..wear your mask..boost the economy…etc…

Dries

Hy is n meester in manupulasie van goedgelowige blankes. Dit is die rede vir ons ondergang. Wens ek kon liewer na dr. Hermann, Kallie Kriel, Flip Buys of Ernst Roets luister

Lourens

Ek weet nie van julle nie, maar ek is verby dik vir covid, nood toestand, ramaliegbek, apartheid, wit die, wit daai, mal-grootbek, moord, diefstal, plaas aanvalle en en en.
LAAT ONS TOG NET IN VREDE LEEF AUB.
LAAT anc TOG ‘N STILLE DOOD NET HEENGAAN.
GATVOL VERBY.

Duck

Ek kyk liewer na food channel…baie meer informative

Marius

Kyk liewer sabc 1 2 and 3