Ramaphosa spreek weer vanaand die land toe

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa sal vanaand weer die land toespreek rakende die jongste verwikkelinge tydens die Covid-19-pandemie.

Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, het bevestig dat die president die land na verwagting om 20:00 sal toespreek.

“Die president se toespraak volg ná ʼn aantal vergaderings van die kabinet en die nasionale Covid-19-bevelsraad,” het sy gesê.

Die president se toespraak sal regstreeks op verskeie TV-kanale en radiostasies en ʼn reeks aanlyn platforms uitgesaai word.

Daar word verwag dat Ramaphosa moontlik ʼn aankondiging sal maak oor of skole gaan oopbly. Vakbonde eis dat skole weer sluit tot ná die pandemie ʼn piek in Suid-Afrika bereik het omdat leerders en onderwysers se lewens kwansuis bedreig word indien skole oop bly. Daar word berig dat skole vir drie weke kan sluit.

Ramaphosa het op 12 Julie laas die land toegespreek. Tydens dié toespraak het Ramaphosa aangekondig dat die drankverbod onmiddellik weer in werking is en dat ʼn aandklokreël weer sal geld. Daar is ook aangekondig dat die bevelsraad en kabinet besluit het dat die land in dié stadium op vlak 3 sal bly. Die nasionale ramptoestand is tot 15 Augustus verleng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Strandloper ·

Wens eeder hul maak die regeering toe…maar aan die anderkant is dit tog al die geval van 94 af…

PH ·

Ek hoop nie hy raak weer ‘n klomp goed kwyt wat later weer reggestel moet word nie.

Louis ·

Hoekom gee Ramaphosa nie klaar die mikrofoon vir Miss Kopdoek dat sy voortgaan met die skrikbewind wat sy voer? Hy het in elk geval nie ‘n se nie!

johanf ·

Hier kom ń ding, dink hulle moet begin vure doodslaan, om moontlike regstappe te vermy……. Lockdown 3 sal bly…….!!

johanf ·

Toe net skole, miljoene, biljoene, vals besighede en vals ID nommers…….

Marius ·

Cyril se vanaand n klomp goed net om more weer deur kopdoek zuma verander te word . Ek reken die anc se wiele het al n 100 dae terug verloor met die virustydperk . Hulle het nie n idee wat in die regte wereld aangaan nie .

TRP ·

Daar is skole wat soveel ure spandeer het en geld om als in plek te kry, wat ‘n werkende oplossing gevind het maar weereens is dit ‘n “one size fits all” in SA, net soos kerke, dit moet per skool, kapasiteit en ander faktore in ag geneem word. Ek HAAT al die woord COVID.

Cherokee ·

En weet jy hoe fedup is ek al met daar prentjie van ‘n ronne ding met knoppies!

Cherokee ·

Ramaphosa moet net nie vanaand drankwinkels oopmaak nie! Ek het vandag R450 betaal vir ‘n bottel goeie whiskey saam met Saterdag se braai. Dit sal onregverdig wees en ek sal hulle sue vir dit wat ek ekstra betaal het!

Herpiet ·

Ek is bevrees kinders gaan hulle skooljaar moet oordoen. Dis baie erg…

4ntj13 ·

Ek wens kliphard hy skaf die tabakverbod af en verklaar alle besighede oop (al moet ventilasie en afstande gehandhaaf word). Dis ook tyd om skoliere en studente op te hou boelie as hulle onder bg voorwaardes kan funksioneer, veral as dit vrywillig bly. Dan kan hulle gerus die verpolitiseerde syfers afskaf, en vir Ooskaap verpleegsters invoer van waar daar nie binne twee maande ʼn Covid-piek verwag word nie.

Manda ·

Nee nie “kwansuus” nie. Het iemand al gewonder hoeveel onnies dalk deel uigemaak het van gister se 572 mense wat dood is?

ZeldA ·

Die mense wat hulself in toom kan hou en gehoorsaam is word gestraf vir die wat nie kan nie.

Dis soos toe ons klein was en almal het pak gekry omdat die een wat stout was nie wou sê nie.

Mariana ·

Ja nee vanaand word daar weer na “bubbles” gehap. Dieselfde storie net ander dag. Onthou dat hierdie regering se beursies vol is, so ook hul koskaste en hul kinders se toekoms verseker, met of sonder skool. Wanneer gaan die mense in hierdie land sê GENOEG. Dié mense het nog nooit en sal ook nooit die regte besluite vir die mense van hierdie land maak nie. Hulle wil als verwoes en is besig om goed daarin te slaag. Jou belastinggeld dra hierdie land, so wat is jou regte, waar trek jy die streep. Almal in hierdie land ly onder hulle swak bestuur.

Sharnelle ·

Ek hoop regtig skole word nie vir 3 weke gesluit nie, ons is werkende ouers en om jou kinders alleen te los by die huis is vir my n groter probleem. Ons kan nie afvat by die werk nie, no work no pay. Skole is reeds 2 maande aan die gang en als is in plek, hoekom wag tot 17 Aug om skole weer oop te maak. Dit gaan nie regtig n verskil maak nie. Volgens die regering is die virus hier om te bly vir teminste 2 jaar.

johanf ·

Toe net skole, miljoene, biljoene, vals besighede en vals ID nommers…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.