Ramaphosa spreek weer vanaand die land toe

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa sal vanaand weer die land toespreek oor die jongste verwikkelinge rakende die Covid-19-pandemie.

Tyrone Seale, Ramaphosa se woordvoerder, het bevestig die president sal die land om 20:00 toespreek.

Die nasionale koronavirusbevelsraad het Sondag vergader waarna die presidensiële koördineringsraad en kabinet vandag vergader het om die moontlikheid van nuwe beperkings te bespreek.

Suid-Afrika het Sondag die eenmiljoenkerf van bevestigde Covid-19-gevalle verbygesteek. Die land het nou reeds ʼn bevestigde 1 004 413 gevalle van die nuwe koronavirus.

Tot dusver het 844 874 mense reeds van die virussiekte herstel – ʼn koers van 84,1%. Die land se sterftesyfer staan op 26 735.

Kyk hier na die toespraak:

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.