Ramaphosa: Staatskaping kos SA R500 miljard

Pres.Cyril Ramaphosa praat met joernaliste in Londen. (Foto: Jairus Mmutle/GCI)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag tydens die Financial Times Africa Summit in Londen erken dat staatskaping die land ongeveer R500 miljard gekos het. Ramaphosa het die hooftoespraak op die beraad gelewer.

Hy het ná afloop van die toespraak aan joernaliste bevestig dat stappe gedoen sal word om dié wat hulself skuldig gemaak het aan korrupsie, aan die pen te laat ry. Die Suid-Afrikaanse regering het onlangs agt lande genader, waaronder Kanada, Switserland en Indië, om die Gupta-broers uit te lewer sodat hulle in Suid-Afrika vervolg kan word op aanklagte van korrupsie.

Tydens die toespraak het Ramaphosa erken dat Eskom die grootste uitdaging vir die Suid-Afrikaanse ekonomie is, met miljarde se skuld en talle operasionele uitdagings. “Ons het begin met ʼn proses om koste te bespaar, skuldinvordering te verbeter en energie meer geredelik beskikbaar te stel,” het Ramaphosa gesê. Hy het ook gesê ʼn plan vir Eskom se skuld sal binnekort bekendgemaak word en volgens Fin24 gesê hy hoop die Moody’s-graderingsagentskap neem kennis daarvan.

Ramaphosa het ook gesê die regering is besig met bespoedigde grondhervorming, in ʼn poging om “een van die grootste onregte van die apartheidsregering reg te stel”. Hy voer aan dat dié grondhervormings strook met aanbevelings deur ʼn paneel van kundiges.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Waarheid

Ons weet dit. Dis ou nuus.
Vraag is wat gaan jy daaromtrent doen ramapaddapot?
Nog n komittee aanstel?
Asseblief..jy is n lost case.
Stem de klerk en roelfie saam?
Julle het mos vas geglo in hierdie “helde”!

Waaier

Dit is genoeg rede om ‘n gemoedsbekaping oor te kry, maar dan is dit beter om eerder te net emigreer.

Johanna Botha

Wat hy nie se is dat dit die anc se skuld was !

George in Bloem

En natuurlik moes die gerieflike ou Apartheid darem ook aan die groot klok gehang word as ‘n weerligafleier. Feit is die korrupsie en gestelery gaan voort en nog nie een dief is tronk toe nie,nog nie eers aangekla nie. En oor die kamtige “invordering van Eskom se skuld” kan ek maar net lag. Laat hy so blatant kan staan en lieg voor die hele wereld. Skaam jou. Soweto se ligte brand nog baie helder en hulle skuld Eskom steeds miljarde? Nee wat ou gladdebek,vertel maar jou feeverhale vir die wat wil glo daar. Ons wat hier bly ken die treurige… Lees meer »

Swartwolf

En al die jare wat hy die adjunk president was en langs Zuma gewerk het was hy in ‘n koma so hy vind nou eers daarvan uit.