Ramaphosa steeds ‘in goeie luim’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Siyabulela Duda)

Pres. Cyril Ramaphosa is in “ʼn goeie luim” en het steeds net “matige simptome”.

Só het Mondli Gungubele, minister in die presidensie, Maandag in ’n verklaring gesê, ’n dag nadat Ramaphosa positief vir Covid-19 getoets het.

“Die president se infeksie veroorsaak dat hy ʼn opvolgdosis van die entstof wat hy vandeesweek sou ontvang, moet uitstel,” het Gungubele bevestig.

“Die president doen weer eens ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om hulle te laat inent, aangesien inenting die kanse op ernstige siekte, hospitalisasie of dood dramaties verminder.”

Volgens Gungubele waardeer Ramaphosa al die goeie wense wat hy wyd en syd ontvang het sedert hy positief vir die virus getoets het.

Maroela Media het vroeër berig Ramaphosa het olik begin voel ná die staatsgedenkdiens vir oudpres. FW de Klerk wat hy Sondag in Kaapstad bygewoon het.

Die president was onlangs op besoek aan verskeie lande in Wes-Afrika en hy en die res van die afvaardiging is in elke land vir Covid-19 getoets. Hulle het Woensdag na Suid-Afrika teruggekeer en Ramaphosa het in Johannesburg weer negatief vir die virus getoets.

Hy was Sondag in Kaapstad vir De Klerk se gedenkdiens en volgens die presidensie is alle gesondheidsmaatreëls by dié geleentheid nagekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Dis my mening ·

Alle maatreels is gevolg? Nou vra ek wat help dit jou jy dra masker en saniteer hande, en hou sosiale afstand, met die inspuiting daarby? Niks.

Francois Le Cochon ·

Sien dit eerder as n bewys hoe hoogs aansteekbaar die virus is, iets wat baie mense nogsteeds nie besef nie.

Johan D ·

Vir my vertel dit dat dié virus makliker versprei en oorgedra word en dat die maatreëls wat hy voorheen getref het beslis gehelp het anders sou hy, wat daagliks met dosyne mense in aanraking kom, al lankal Covid opgedoen het!

Anton ·

Ek is bly hy het rede om in ‘n goeie luim te wees. Vir die res van ons, nie so erg nie :-(

Andréas ·

Mnr die President was van die eerstes ingeënt. Hoekom noú eers sy tweede dosis moes kry? Maw protokol nie behoorlik uitgevoer. Is sy “Vaccination certificate” dus geldig vir oorsese reise soos reeds onderneem?

bobmartin ·

Inenting pasboek geld seker nie vir die president van die land.

Dirk Mostert ·

O, ek dog dis die booster wat hy nou moes kry. Ten volle ingeent beteken mos twee Pfizers of een Johnson.

Danie ·

Andreas, hy het, net soos die gesondheids werkers, J&J ontvang. Dit is n 1 spuit entstof. Protokol is behoorlik uitgevoer. Die opvolg spuit is die “booster” spuit wat nou geneem kan word. Daar is niks snaaks rakende dit nie.

Samuel ·

Ek neem aan hy moes, soos berig word vir ‘n opvolg dosis, dit is die “booster”.

Baardman ·

Nou wat nou. Hy het mos maande gelede met groot mediadekking sy eerste ent gekry. Hoekom dan wag tot nou vir die opvolg.

bobmartin ·

Self die president lyk of hy twyfel in die inenting. Sy woorde draai en maai om alles rondom die Covid en inentings.

Francois ·

Baie eenvoudig. Hy het die J&J entstof gekry wat n enkel dosis entstof is en ‘n booster vir slegs gesondheidswerkers is eers onlangs goedgekeur. Neem aan hy is seker ook tydens die Sisonke proef geëent en daarom kom hy ook in aanmerking vir die J&J booster.

Jacobus ·

Top antwoord Waarom! Mens wonder wanneer die groot firmas verveeld gaan raak van geld tel.

Jacobus ·

Sal ook in goeie luim wees as alles volgens plan verloop. En as jy goed versorg word ens ens ens. Buitelug doen wondere – gaan vir lang wandeling langs een van Fikile se voorstedelike spoorlyne Vir ons wat prakties 600 dae plus onder lockdown is – “not so much”.

Jacobus ·

Die plan wat hy en feitlik die hele wêreld hulle self onderwerp het en sodoende alles wat werk te vernietig

Erik ·

Mercia, wat van die ernstige newe effekte van Covid wat reeds bekend is( ivm die onbekende gevolge van die vaksine)? En vir meer as 5 miljoen mense wêreldwyd wat reeds aan Covid gesterf het, het natuurlike immuniteit nie gewerk nie. Hoe dan nou?

Truman Burbank ·

Klink amper soos n herhaling van toe Trump skielik kwansuis positief getoets was. Ek wil amper vermoed hulle wil he die volgende family meeting moet deur die adjunk gehou word. Dalk was CR te sag.

bobmartin ·

As dit als so wonderlik werk, hoekom dit dan forseer op die wat dit nie wil neem? Ek meen die wat die inenting neem is mos nou veiliger en sterker en klink sommer magtiger as die wat nou nie inenting neem. Maar nogsteeds kom die pro-vaxxers elke liewe dag en preek hoe goed die inenting is. Hulle dwing dit al af op die wat dit nie wil neem.

Erik ·

bobmartin, Dis omdat die pro-vaxxers wil hê ons moet die virus wen, en die inenting kanse op oordraagbaarheid verminder. Dis ook omdat ons baie mense wat hardkoppig en gesond was sonder komorbiditeite geken het wat oorlede is aan Covid en dit wil voorkom. Ook omdat ons mense ken wat met ernstige newe effekte sit nadat hul Covid gehad het. Dis hoekom.

Oom Kaspaas ·

Dis dan reeds die met natuurlike immuniteit van Vlaag 1 en twee wat nou die meeste aansteek ?????

Mercia ·

En waar kry jy daardie statistiek kaaspaas? Die berigte loop wel volop van ten volle ingeënte individue wat weer deurbraak infeksie kry…..vat nou maar ons land se leier as een van daardie voorbeelde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.