Ramaphosa steek stokkie voor stryery op Twitter

Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het Saterdag Fikile Mbalula, minister van vervoer, Tito Mboweni, minister van finansies, en David Makhura, Gautengse premier, beveel om ʼn oplossing vir die ongewilde e-tol‑stelsel op Gautengse snelweë aan die kabinet voor te lê.

Die president het in ʼn verklaring gereageer op verskeie twiets wat Mboweni vandeesweek aan Makhura gerig het rakende sy opmerkings oor e-tol tydens sy provinsiale toespraak.

Maroela Media het vroeër berig Makhura het vandeesweek in sy provinsiale rede gesê die e-tol‑stelsel het geen toekoms in Suid-Afrika nie. Mboweni stem egter nie hiermee saam nie en het dit in reaksie daarop in verskeie twiets duidelik gemaak dat dié stelsel nêrens heen gaan nie.

Ramaphosa het in ʼn verklaring gesê hy is bewus van dié twiets wat in ʼn bekgeveg tussen die twee hooggeplaastes ontaard het. Hy het gesê dit is jammer dat die publiek hul meningsverskille moes sien.

“Die president is van mening sulke reaksies op sosiale media is onbetaamlik en dat hulle versuim het om die leierskap wat in hierdie geval nodig is, te verskaf,” lui die verklaring.

Volgens Ramaphosa is die kabinet die geskikte platform om verskille uit te sorteer; nié sosiale media nie.

Hy het die ministers en die premier tot die einde van Augustus kans gegee om met ’n oplossing vir e-tol vorendag te kom.

Mboweni het sedertdien van sy vurige twiets verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

sweis ·

Skrap dit, dit werk nie sal ook nooit werk nie ,net soos die diskriminerende wette teen wit minderhede skrap dit onmiddelik.

lhs ·

Wil mense nie nou maar asb. begin verstaan dat Ramaphosa niks aan blanke aanvalle kan of sal doen nie.

sweis ·

Met aanhoudende druk en protes van die minderhede sal hy gedwing word om die regte ding te doen.

Pensioenaris ·

Het onse Prez uiteindelik ontwaak en agtergekom dat daar iewers fout is??? Hopelik sal die plaasmoorde ook nou tot hom deurdring….. Word asb wakker en wys wat in jou steek, mnr die. Prez. Tot dusver het jy ons nog net teleurgestel.

Andreas ·

OK ons Prez het toe nie op twitter reageer nie, maar ‘n verklaring uitgereik, beginsel dieselfde ….. hy spreek hulle in die openbaar aan.

Hettie ·

Mooi man !so hy kan praat !
Hoop hy doen dit nou met almal wat hulle verbeel hulle het ‘n sê!

Andreas ·

MAAR toe gebruik hy self twitter! As hy dan die onenigheid of verskille van die ANC van die sosiale media wil weghou, waarom trap hy dan self in die slaggat, waarom gebruik hy nie ANC/Regering kanale of selfs SMS of WhatApp nie? Gaats, hy kon hulle ook maar gebel het. Staatsman … blyk ek liewer verder stil.

Plattelander ·

Maak die e-tol dat dit werk. As dit nie werk nie gaan die koste weer net by die brandstof prys gevoeg word, dan moet ons wat vêr op die platteland woon help betaal aan paaie wat ons nooit op ry nie. Ons eie paaie is al reeds in totale verval. Ons sal die tol betaal as ons die hoof sentra besoek.

Willem ·

CR het laas ook met ‘n “oplossing” vorendag gekom om almal wat betaal’ n groot afslag te gee. Dit het ook nie gewerk nie. Nou gee hy dit oor aan ander mense om ‘n oplossing te kry.

Andreas ·

Die e-tol is die grootste projek wat die ANC-regering nog in die land tot stand laat kom het, Ok, dis nou vir buiten een kollosale standbeeld, al is dit ‘n flop, waarom sal hulle dit stop?

John ·

Cyril is al klaar besig met sy plan B, naamlik om probleme in ander lande te gaan oplos om so ‘n plekkie iewers uit te slaan as hy hier uitgeboer word… en dit is binnekort. Die grootse soeke na beleggers het ‘n windeier opgelewer en nou moet e-tollenaars en cannabis-boere inspring en winste lewer. Die Zoeloe-koning is ook nog nie ryk genoeg nie, sy groot gronde gaan nou met dagga en hemp beplant word en met skaars drinkwater besproei word… te lekker… En dit is net die begin van ons smarte…

fred ·

mbeki het ook meer aandag aan die ander afrika lande bestee …ook gedroom van één afrika geldstelsel…één groot afrika unie soos die EU…. mooi drome…niks van in huis gekom nie…nou droom cr van n superstad……hy is bang die twitter mense praat waarhede wat hy wil verdoesel..

Gert van Wierdapark ·

Vinnige oplossing! Kry die OB om n onder-soek te doen!!! Met haar insig en ervaring behoort die Kabinet dan haar voorstel nutteloos te kan aanwend, en siedaar, die verskille in die Parlement is op n einde met geen Tol in Sig nie!!!

SjN ·

Hoekom neem jy ook nie so ferm besluite oor ander aangeleenthede nie?

Cherokee ·

Hy lees nie hier nie, so vraag dien geen doel. As jy hom direk wil nader, vra hom liewer uit oor die bewering dat 90% van die geld landuit gestuur word.

lewies ·

” ‘n Mens se professionaliteit is tog die eerste kenmerk waarna gekyk word wanneer openbare figuur aangestel word, “Professionatiteit” HAT.665 ” ‘n Professionele politikus , persoon wat hom heeltemal aan die politiek wy 2. Aan ‘n beroep eie: Professionle etiket”. Saam met laasgenoemde vorm “integriteit” ‘n ononderhandelbare eienskap. “integriteit” HAT. 361 “Ongeskonde toestand, volledigheid: Die onkreukbare eerlikheid: regskapenheid, eerlikheid”
“Elke koninkryk wat onderling verdeeld is, gaan te gronde, en ‘n huis wat onderling verdeeld is, spat uitmekaar “die Bybel Nuwe vertaling (SA: Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983)

DG ·

Weet nou nie of ek tyd mors om hier kommentaar te lewer nie want die betrokkenis lees dit seker nie. Mboweni is heel uit sy diepte uit en het lankal vergeet wat swaarkry is. Hierdie mense moet verstaan dat al meer mense gaan ophou betaal solank die vetkatte voortgaan met hul plundery en diefstal van belastinggeld. Hulle gaan nie tronktoe nie en die belastingbetalers sal nie tolgeld, TV- lisensiegeld, en al hoe meer elektrisiteits en munisipale rekeninge ens. betaal nie. Besighede sal toemaak want daar gaan nie geld wees vir dienslewering nie. Die Reserwebank is die aller enigste instansie wat nog kophou ten spyte van sommige “slim” ekonome en politici se ondeurdagte uitsprake jeens die instelling.

Diaz ·

As tol geld R10 beloop het, sou almal betaal het ook maar gemor het. Maar wragtig, vyf tolhekke van Louis Trichardt na Pretoria, indien ek nou nie mis getel het nie. Ek din vier van Pta na Bloemfontein. Drie van Nelspruit na Pretoria! Dis mos diefstal.

Andreas ·

Jy kon dit erger uitgedruk het, hulle maak die ekonomie dood. Ons bly nie ver van Malelane hek en Krokodilbrug af nie, maar agv die koste om daar met dagbesoek uit te kom, verloor die KrugerPark geld.

Stormjaars ·

Hy is niks van my nie. Ek herken hom en sy regering nie.

Manie van Worcester ·

my genade, hy het ook n standpunt al meen dit niks

James ·

So hy nou by etol op sy lys. Plaas aanvalle ook op die lys? Of is dit op die swart lys…

Skuweberg ·

Ons behoort te aanvaar dat dit wat ons vandag hoor en sien gebeur, volgens PLAN verloop.
Niks wat gebeur is aan die toeval onderworpe nie. Ons staan nie meer by ‘n kruispad nie, maar voor die simboliek van ‘n landsvlag. ‘n Vlag wat ‘n profetiese boodskap van die begin af gehad het en wat mense verkeerd vertolk het. Twee paaie wat saamvloei, nee! Twee paaie wat skei. Christene op die een pad en die ongelowiges op die ander een.
‘n Politieke figuur het Vrydag ‘n uitlating gemaak wat ‘n mens laat dink. (vry vertaal) “Die wat nie van geweld hou nie moet maar na die ACDP toe gaan. Die Woord praat ook op verskeie plekke van hierdie twee paaie verskynsel. Vanaf die Ou Testament deur na die Nuwe Testament en die boodskap bly presies die selfde.

Magda ·

Parliament geskik om probleme op te los – Watter planeet is jy cr – so korrupt en onbevoegd dat hulle geskik is vir NIKS, MAAR IS DAAR OM WAT TE DOEN.Sakaris te kry en hulle dan self verder verryk. Maar werk – nee dit weet hulle nie hoe om te doen nie.

Scruffy ·

Na Augustus gaan daar nog nie n op lossing wees nie diie maklikste is voeg die by die petrol Daar sal geen terug voering wees nie soos baie ander sake in did land

Niccy ·

Sal graag wil hoor hoeveel miljarde is die inkomste uit lisensiegelde. Waarvoor word dit aangewend?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.