Ramaphosa steek Tom Moyane in die pad

Tom Moyane luister na getuienis voor die Nugent-kommissie van ondersoek na die SAID. Foto: ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het Tom Moyane, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), summier ontslaan.

Die presidensie sê Ramaphosa se besluit volg ná aanbevelings deur die SAID-ondersoekkommissie onder voorsitterskap van regter Robert Nugent dat onmiddellike optrede vereis word om enige verdere agteruitgang in die land se belastingadministrasie te voorkom, berig African News Agency.

In ʼn brief aan Moyane sê Ramaphosa dat die tussentydse verslag van die Nugent-kommissie “ʼn uiters kommerwekkende prent skets van die huidige stand van die SAID en die roekelose wanbestuur wat u termyn as SAID-kommissaris gekenmerk het”.

“Wat in baie opsigte selfs kommerwekkender is, is u weiering om betekenisvol deel te neem aan die SAID-kommissie om die grondoorsake van die sistemiese mislukkings by die SAID, asook maniere om dit te keer, te help identifiseer,” het hy gesê.

“Die voorlopige verslag stel dit duidelik: op grond van aansienlike bewyse wat die SAID-kommissie bymekaargemaak het, sal dit die beste wees om u dienste te beëindig ten einde die uitdagings by die Inkomstediens op te los.”

Die Corruption Watch het intussen Ramaphosa se besluit verwelkom. “Ons is vas oortuig dat aanstellings op Moyane se vlak – wat kabinetsministers en uitvoerende hoofde van staatsmaatskappye instel – dien solank dit die president behaag,” sê David Lewis, die teenkorrupsie-organisasie se uitvoerende direkteur.

“Die president het nie net die reg om iemand op hierdie vlak van die staatsdiens af te dank nie; dis ook sy plig om dit te doen wanneer hy vertroue in die vermoë en integriteit van een van sy aanstellings verloor. Dis duidelik deel van die president se grondwetlike pligte om die belange van almal wat in Suid-Afrika woon te beskerm.”

Lewis sê sy ontslag by die SAID verander niks aan hul vasbeslotenheid om met strafregtelike klagte teen hom deur te druk nie. “Deur van die SAID ʼn werktuig van staatskaping te maak, het Moyane moontlik Suid-Afrika meer skade berokken as enige ander individu.

“Ons is van volste voorneme om toe te sien dat hy ʼn gepaste prys vir sy strafregtelike optrede betaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Parlement ·

Ja ne, hyt goeie beamptes links en regs gefire, en toe byt hyself in die stof

Hoe nou....... ·

Dank hom hier af en stel hom weer daar aan…….round and round we go!

Brutus ·

Uiteindelik,dankie tog! Hy ook baie verliese veroorsaak by SARS.

Spark Plug ·

Baaaaaiiii Tommy….ek is seker jy het n groot goue horlosie wat iewers op jou wag wat jou maatjies vir jou bere. Hoop nie ons sien of hoor weer vinnig van jou nie

Adrian ·

En die verantwoordelike wat die man aangestrl het wat van hom JACOB ZUMA wanneer word daar teen hom opgetree. Tans kry hy n vet pensioen en gratis vliegkaartjies . HY MOET TRONK TOE

Anoniem ·

Moyane sal hom seker tot die howe wend in ‘n poging om sy pos by SARS te probeer red? Indien wel, sal SARS nie daarvoor betaal nie, want hy is nie meer in diens nie. Én hy trek nie verder salaris terwyl die saak afgehandel word nie. Én as jy afgedank word, is ‘n goue handdruk nie ter sprake nie.

RN ·

Kan sommer nog ‘n paar fire asb. Daar is n hele paar wat useless genoeg is wat kwalifiseer, veral die een wat ons rond dinges.

CdT ·

Die skielikheid en spoed met wat dit gedoen is is om die aandag aftelei van die Gigaba krimineel wat nogsteeds ons belasting betaalers se geld in sy bodemlose pit keelgat afgooi en absoluut onbekwaam is, wel ek mors nou eitlik my asem hulle almal is onbekwaam

Nee wat ·

Nee wat ontspan, CR vat dalk sy tyd, maar hy maak skoon, oftewel hy het nie ‘n keuse die anti crime doen dit. Gigaba gaan volg ……..heirdie onwettige agentskappe gaan stop.

Michael ·

Glo my seker n groot pakket gekry dit is hoe die ANC werk.

Griet ·

As jy ontslaan word op grond van wangedrag of soos in hierdie geval , onbekwame optrede, kry jy nie ‘n skeidingspakket nie.

Stella Berning ·

Lekker man . Sy edele moet sommer kyk na eie akteur ook. Die hele staatsdiens. En koppe moet rol. Maak skoon !!!! Die gewag en kyk en dreig werk mos nou nie. Intussen werk amptenare wat nog altyd probeer het om die spul aan die gang te hou hul byna dood. Maar ek stem. Oom Tom is slim. Hy gaan defnitief nie net bye sê sonder n goeie geskenkie nie. Oom Jacob het hulle mooi geleer.

lee ·

Ek haal my hoed vir Jacques Pauw af !!!
Ek het maar baie traag aan sy boek – The President’s keepers” begin gelees,
maar hier teen die einde het alles begin sin maak !
EK glo, dis te danke aan die onthullings in sy boek – dat HEELWAT van die krimineletransaksies en die kriminelerolspelers nou na vore gebring word.

BAIE DANKIE JACQUES !!
Ek, persoonlik, wag net dat Zuma en Guptas se koppe moet rol – hopenlik voordat ek eendag planet Aarde verlaat …

zoom zoom ·

Zuma is onskuldig . Niemand kon tot vandag ‘n korrupsie saak teen hom bewys nie of met bewyse vorendag kom wat hom skuldig kan bevind in ‘n hof. So #zuma4president

Christo ·

Jy kan maar jou hoed terug sit Lee as jy die boek mooi gelees het, was Pauw linkse wat indirek die ANC baie gehelp het wat ons direrek in die hoop gemors gekry het hy het sekker maar skuldig gevoel dis hoekom hy die boek geskryf het… spyt is n goeie ding hy kom net altyd laat

Eish ·

Eish zoom zoom, speeltyd vir jou, dalk moet jy na die naaste treinstasie gaan terwyl hulle shunt en lekker op die spore speel. Jou droom president se wiele rol, al is dit stadig, al gebeur niks en hy leef net elke dag in vrees is ek al happy, want dit is hoe elke goeie burger in die land elke dag lewe, in vrees, danksy hom.

Gert van Wierdapark ·

Sien Tommy voel Sars vir die president. Hy is op pad Konstitusionele Hof toe. Lyk my die ou is erger as dinges aan n wolkombers. Met die biljoene wat help skep het, is geld mos nie n faktor nie! Miskien sal n paar L/pille (nie pelle soos Zuna en kie nie), ons van hom verlos. He-he-he!

BR ·

Mnr Ramaphosa jy moet waag en doen. Jou beste besluit. GO-GO GO!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.