Ramaphosa stel beleggers gerus oor onteiening sonder vergoeding

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die Mynbou-indaba in Kaapstad (Februarie 2019) (Foto: Presidensie/Twitter)

Beleggers hoef nie bekommerd te wees dat hul beleggings en bates van hul weggeneem sal word tydens grondonteiening sonder vergoeding nie, omdat dié maatreël op só manier aangepak sal word om nie die beginsels van die Grondwet te ondermyn nie, het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag gesê.

“Dit sal gedoen word op só manier dat ekonomiese ontwikkeling en landelike insette bevorder word en dat die beginsels van ons Grondwet nie ondermyn word nie.”

Ramaphosa het tydens die Mynbou-indaba by die Kaapstadse internasionale konvensiesentrum gesê die regering het die geleentheid gebruik om sy benadering oor grondhervorming aan beleggers duidelik te stel nadat beleggers hul kommer uitgespreek het oor planne vir onteiening sonder vergoeding.

“Ons moet dit duidelik stel dat ons benadering is om eiendomsregte te bevorder, en nie te ondermyn nie, terwyl ons dit wat as die ‘oorspronklike sonde’ beskryf word teen swart Suid-Afrikaners tydens koloniale en apartheidsdae, probeer takel. Dit wat ons voorstel, is slegs van toepassing op grondhervorming en binne ʼn duidelike stel omstandighede,” het die president gesê.

Hy neem kennis dat mynmaatskappye vir die regering aangedui het dat hulle bereid is om hul grond weg te gee vir behuising vir plaaslike regerings of boerdery aan verskeie gemeenskappe.

“Ons moet dié mynmaatskappye loof wat oortollige grond het, wat hulle nie gebruik nie, en aangedui het dat hulle bereid is om die grond weg te gee vir behuising vir plaaslike regerings of as boerdery vir verskeie gemeenskappe. Dit is wat goeie korporatiewe burgerskap behels, waar maatskappye konstruktief betrokke raak om ʼn maatskaplike behoefte aan te roer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

De Villiers ·

Nog niemand kon tot dusver bewys dat grond onregmatig van swartes in die verlede afgeneem is nie. So, wat van grond moet reggestel word. CR dink hy kan mense bluf met mooi praatjies, maar hy besef nie die beleggers is ingeligte mense nie. Steeds is hy duister oor sy plan met onteiening sonder vergoeding. Slinks

Frik ·

Dis dieselfde man wat niks weet van die R500,000 of van Bosasa nie. Wat nie weet van die plaasmoorde nie.
Grondonteining selfde pad as in Zimbabwe, gemik teen die wittes en oop vir korrupsie.
Hoop westerse wêreld val nie vir hierdie storie nie en plaas nog groter druk op Anc.

Dup ·

Stem saam. Weet nie van Bosasa, weet nie van plaasmoorde. Lyk my hys onbekwaam om ‘n president van ‘n land te wees.

Veritas ·

Onteien sommer al die sg trustgebiede in die Limpopo provinsie en gee dit vir die Afrikaner as tuisland. Binne tien jaar kan julle dan kos by ons kom koop wanneer al die ander plase ophou funksioneer het.

Domvraag ·

Hoor wat hy sê, dit gaan oor die sonde teen swartes gedurende die koloniale en apartheidsjare. Toe koloniste hier gekom het, was net die San hier, so ander swartes kan nie nou as San beskou word nie.
Daar is genoeg grond in staatsbesit wat gebruik kan word.
Ek het my grond gekoop en dit nie verniet gekry nie.

Vryheid ·

CR sing soos n kanarie en hoop iemand glo hom. Hy loof mynmaatskappye wat grond wil weggee vir landbou. Mybou grond is nie landbou grond nie. Hulle wil nie boer nie CR hulle wil nie eers werk nie!

Johan H. ·

Sorrie ou Cyrel !!! Jul TRACKRECORD se als,, Ek maak nie aspris n fout , tweemaal nie !!Eers as al jou kriminele chommas ,Zuma ingesluit ,in die tronk sit ,kan ons weer praat oor die pad vorentoe! Lyk my julle wil eerder 10 dom ondersteuners he as een slim 1,,, Maar passop daaie een slimme maak meer skade as die 10 !!!

Lana ·

Net so. Dié land word regeer deur kwantiteit en nie deur kwaliteit nie.

Anne ·

Mooi gesê. Hy praat bollie terwyl Zuma nog vry is.
If I were an investor I would definitely not put my hard earned money into South Africa. “Bbbeeee” or not. It’s not worth it. An overseas investor will see no return. South African politics make investment in this country much too volatile and risky.

Hennie ·

Cyril is ‘n “smooth talker” en die buiteland weet dit, erens gaan hy homself baie goed vasdraai. Hy wil grond uit produserende boere se hande neem en aan “sy mense” gee wat nie wil produseer nie en niks weet van produseer nie. Buitlandse mense van veral daardie 5 lande is nie op Cyril se onnosele vlak nie.

Dries du Toit ·

Grondonteiening sonder vergoeding sal so gedoen word sonder dat die beginsels van die grondwet ondermyn word. Hoe op aarde doen n mens dit. VAT IEMAND SE GOED SONDER OM HOM TE VERGOED IS DIEFSTAL. Maar diefstal is seker n basiese reg vir die ANC. Die land is al bankrot gevat.

Stripes ·

Dries, hulle gaan die Grondwet verander sodat hulle geregtig is om die grond te vat. Huidiglik keer die grondwet hulle nog, maar nie vir lank nie.

Gert ·

Dis alles dieselfde filosofie, soos die nuwe grondeis op Centurion. ‘n Swarte wat 3 maande op die plaas gewerk het, het groter reg op die grond as die boer wat die grond gekoop het en sy hele lewe daar bly.

John ·

RC verkeer steeds onder die waan dat Mr M se towerstaffie, waarmee diè destyds die wèreld so betower het, nou in sy een hand rus. RC vry duidelik na Oosterse beleggers, met hul eie slinkse planne… but who cares…. Die sg Sona sal maar net weer dieselfde afgemete voordrag wees dat alles mooi gedoen sal word, ja, mooi… Al ooit ‘n mooi ineenstorting gesien? Die ANC het 25 jaar gehad om te bewys dat dit ‘n goed bedoelende regstellende en opbouende bevrydingsgroep is… En liederlik, in elke opsig, gefaal.

Grassie ·

CR is baie uitgeslape. Hy is besig om die hele wêreld te probeer mislei. Hy kan maar mooipraatjies maak soos hy wil – as die betrokke wetgewing deurgevoer word is dit ‘n aantasting van die kapitalistiese beginsel van eiendomsreg. Dit is ‘n deur wat oopgemaak word, ‘n beginpunt om in die toekoms grond na hartelus “wettig” te roof. Dit is Mugabe-beleid, Mugabe was net “eerliker”. Hy het vir sy peoples gesê hulle moet die witmense wegjaag en hul grond vat. Die beplande wetgewing gaan dieselfde doen, net op ‘n baie slinkser manier om die buiteland te paai, miskien nie deur CR nie maar beslis deur sy opvolgers. As daardie deur eers oop is sal dit nie weer toegemaak kan word nie want daar sal nie ‘n twee-derde meerderheid wees om dit te doen nie.

Johan ·

CR stel die buitelandse beleggers gerus dat hulle bates veilig is en dat hulle eiendomsreg beskerm sal word. Maar wat van die (Blanke) Suid-Afrikaners se eiendom en beleggings????
Dit is dus ‘n halwe waarheid en mooi woordjies….

Mossie ·

Grond en eiendom in Suid-Afrika behoort aan NIEMAND behalwe aan die wat dit WETTIG GEKOOP EN BETAAL het nie. Hou julle hande tuis van die Boerevolk se eiendom of aanvaar die gevolge wat gaan volg op jul dwaasheid!!

Judge Dredd ·

Ja squirrel – jy beplan nie om grond van groot maatskappye te vat – maar jy beoog om grond van die enkelinge te vat – dis nou wat ons ‘n “predatory state” noem.

En wat is hierdie duidelike stel omstandighede waarvan die huigelaar van praat?

Squirrel(ANC) het al voor uitslag van grond kommissie – waarvan geskrewe terugvoer geignoreer is – bekend gemaak dat hul grond gaan onteien – grondwet verander gaan raak – maar daar is nog nie 1 sekerheid PRESIES HOE hulle die grondwet gaan verander – net nog meer beloftes om die beleggers te paai.

Moenie die slang vertrou.

Naas Vermaak ·

Dit lyk vir my so …….Kriminele…in die goeie ou dae het misdaad gepleeg met die wete dat hulle nie gevang gaan word nie. Deesdae se misdade word deur kriminele gepleeg wat nie omgee dat hulle gevang word nie….hulle is beter af binne die korrupte stelsel as wat tuis die geval is…..kom hulle weg…good luck….word hulle gevang….darem kos en klere en ‘n dak oor hulle kop en ‘n swetterjoel ander voordele soos gratis “universiteitsopleiding” oor hoe om ‘n meer suksesvolle krimineel te word, baie tips oor korrupsie ens ens ens….

Rasper ·

Die probleem is nie wat Cyril sê nie. Hulle wil die grondwet verander, punt… Cyril sit nou met ‘n gelaaide geweer. Hy probeer nou vir buitelandse beleggers vertel dat hy verantwoordelik sal wees met daardie “gelaaide geweer”. Maar as hy loop, of uitgesit word, of net “stil” gemaak word, kry iemand anders daardie “gelaaide geweer”. Iemand soos Zuma, Malema, of wat van Andile… Wat dan? Wat help sy praatjies nou? Niks. So elke koerant berig wat hoopvol verkondig dat Cyril dit ordentlik sal doen, mis die punt heeltemal.

Anoniem ·

Waarom word daar nie gepraat oor die sonde van kolonialisme teenoor die Afrikaners nie. Niemand noem ooit hoe hard die boere moes veg vir hulle grond teen die Britse kolonialisme nie.
Niemand noem ook hoe hard die Afrikaners moes werk om die derduisende plase wat hulle verloor het tydens die Verskroeide Aarde beleid weer op te bou nie. Dis maar net n stukkie inligting wat ek glo ingesluit moet word by hierdie gesprek.

christa ·

CR is n wolf in skaapkere. Nes Zuma, net so glad met sy bek en lieg soos ‘n tandetrekker.
Wat nou van Centurion se grondonteining? as dit wel hulle oer mense se grond was, hoe kan hulle nou die grond wil opeis?

Gemaskerde Sopbeen ·

Hy is maar net besig om die ANC se Vryheidsmanifes tot die letter toe te pas en te implementer:
The Land Shall be Shared Among Those Who Work It!
Restrictions of land ownership on a racial basis shall be ended, and all the land re-divided amongst those who work it to banish famine and land hunger;
…..TO BANISH FAMINE…AND “LAND HUNGER”??? Mooi lees…..WAT beteken “land hunger”??

Theresa ·

Ja, en ek is Tinkerbell………………………………………

Leeu ·

Hy lieg al so baie hy glo homself. Julle wil werkende boerderye afneem, nou Cyril, kan ek dan nie n myn so oorvat nie, dis mos nét grond, wat van jy gee al jou grond weg. Nee wat, so ver ek gaan sal ek die wereld verkondig hoe pateties SA is.

Johan ·

Cyril se 25 jaar plan om ‘wittes soos paddas te kook’ het duidelik te stadig beweeg na sy sin. Grondonteiening was letterlik die heel eerste onderwerp waaraan hy geraak het in sy heel eerste toespraak as president. Hy wil duidelik die temperatuur opdraai!

Josua Keys ·

Thenegotiations between the NP and ANC before 1994 and Cyril was the master negotiator, everything they agreed to around the table if and when the ANC took over, they the ANC are busy changing the constitution to suite only one race group and the elite running the ANC, how can you still trust Cyril and the ANC???????? you simply cant!!!!!!!! Everything they touched since then is a disaster and the world can come and have a look at it for themselves, its got nothing to do with racism or apartheid or colonialism its greed, theft, and corruption that’s the driving force behind them, everything the ANC’s name is linked to must first be investigated by an international court before you sign any documentation. The ANC proved to investors all over the world that you cannot trust them any more and you have a 150% chance to loose your investment in South Africa in the next view years to come, sorry to say.

Hansie Slim ·

Kan hom nie vertrou. Dubbel standaard. Hulle wil dit nie sê nie maar hulle wil en gaan onteien soos hulle wil. Jan Alleman gaan voos baklei in die hof wat die wet probeer onderhou maar dit nie regkry. Daardie sake word nie onder 18 jaar beslis nie. Wie gaan dit uithou?

Jerry ·

Beleggers, wie gaan julle beleggings bestuur? As dit ANC kaders is, wel dan is die kanse dat julle, julle beleggings gaan verloor, 100%. Die ANC het dit ten doel om die ekonomie op te tel totdat daar weer genoeg is om te plunder en die ANC elite en revolusionere strukture verder te verryk en te versterk ten koste van die res. Moet niks bele nie. Verhoed die ANC om hulle pote op enige beleggings te kan le. Dit is nou die tyd om die geldkraan toe te hou en die ANC te vernietig en nie om die ANC in sy kwaad, verder te versterk nie!

humor ·

Praat gedurig van die geringe en aanvaarbare verandering van die die grondwet. Ons wag angstig en vra dringend na die konsep van die verandering sodat ons daaroor kan besin en gereed kan wees vir debatering.

1+1 ·

Agab en die wingerd van Nabot is sprekende van die situasie wat in ZIM afgespeel het. CR en die ANC moet hierdie geskiedenis uit 1 Konings 21:1-29 gaan lees. Dit kan hulle moontlik help om hulle strategie met onteiening aan te pas.

Donderstorm ·

Mense kyk bietjie you tube wat wereld wyd aangaan en vervanging in europa van mense met mense van afrika en die middel ooste kyk ook bietjie ronaldo gouws se you tube post van wat in Suid Afrika gebeur hy probeer teminste ini middel bly maar hy se dit soos dit is kyk ook hoe gaan dit in hermanus mense het geboue se dakke ens afgeneem en die venster rame en deure ens en plak.. glo wil die DA nou daai privaat grond vir hulle gee so op youtube gesien is dit hoe dit in die res van Suid Afrika gan gaan? En daar word niks aan gedoen nie as hul dit daar nie eens op so klein skaal kan beheer nie hoe dan op lands vlak dan?

Petrus Heigers ·

CR moenie dink die buiteland is onnosel soos jy nie. Hulle is op sosiale media en andersins goed ingelig … het verteenwoordigers in die land.
As ‘n student van “Soviet Russia” is gronddiefstal maar een van die tipiese tegnieke wat jy in Rusland geleer het.
Moenie dink dat dit net die boere alleen sal wees wat hulle eiendom gaan beskerm nie. Die boere is na aan ons harte en ons sal hulle teen die kommunistiese ideologie help veg!!!

Boertjie ·

Mmm ek dink nou as n suid afrikaner permanent in die buite land bly en grond in SA het dan is hy mos n buitelandse belegger in SA of hoe?

Lizelda ·

Komons gee die man bietjie krediet. Hy kan behoorlik heuning om mense se monde smeer, maar gelukkig is die Buiteland slimmer.

Jerry ·

So moet n Boertjie mos nou n plan uitdink! Give that Boertjie n glas onbesoedelde water!

marco polo ·

Natuurlik sal die myne grond beskikbaar wil stel, dan hoef hulle nie miljoene te spandeer om dit te rehabiliteer nie.

Martins ·

Mynmaatskappye moet mooi dink voor hulle grond afstaan vir plakkers dit vat nie lank nie dan is daar 2000 plakkershuisies en 7000 baie ongelukkige inwoners omdat hulle nie werk by die myn kry nie. Natuurlik nie lank daarna nie dan brand SA weer.

Johan ·

Ek stel voor dat die RSA sy naam verander na RKSA.
Die Republiek van Kleptomaniese Suid-Afrika.

Sylvia ·

Ek soek nie CR se job vir al die geld in die wêreld nie. Hy het meer probleme as hare op sy kop. Foute hét hy, maar dom-onnosel is hy ook nie. Hy weet mos die buiteland hou hom dop. Hy moet fyn speel of hy word nie weer SP nie. En wie will julle dan hê…Malema of BLF se leiers? Vader behoede ons. CP is ‘n engel vergelyking met hulle. Bid eerder vir hom vir wysheid en insig.

Bietjie bietjie ·

Uitstekende vraag !
Wanneer die grondwet pas dan haal die ou dit aan .
Wanneer grondwet nie pas dan verander of wil die ou dit verander ???
On the one hand we need to change to take the land
On the other hand we have the law of the land …
Just bring your money
Don’t worry
As long as you are not the owner of land and and and
Crazy

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.