Ramaphosa stel een geldeenheid vir Afrikalande voor

Cyril Ramaphosa

Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag op ʼn beraad in Rwanda sterk klem gelê op die idee om ʼn enkele homogene geldeenheid vir Afrikalande te skep met die doel om infrastruktuurbeleggers te lok en handel tussen die lande te vergemaklik.

Ramaphosa het by die African Continental Free Trade Area (AfCTA) se besigheidsberaad gesê dit is tyd dat Suid-Afrika ophou om op buitelandse valuta staat te maak vir ontwikkeling en handel, en bygevoeg dat dié manier van doen uit ʼn “koloniale mentaliteit” gebore is.

Die tiende AfCTA-beraad was weer gemik op ekonomiese integrasie in Afrika, die bevordering van landbou-ontwikkeling, voedselsekuriteit, industrialisering en strukturele ekonomiese transformasie, kapitaal, goedere en dienste. Die beraad is deur minstens 53 staatshoofde bygewoon.

Ramaphosa het tydens sy spreekbeurt gesê hy is veral “geïnteresseerd in die idee dat Suid-Afrika ʼn handelbare geldeenheid het wat die land in staat stel om doeltreffend oor gebiedsgrense te verhandel”.

“Ons moet ontslae raak van hierdie koloniale mentaliteit wat ons laat dink ons moet staatmaak op die geldeenhede van ander lande. Miskien het die dag, die uur en die oomblik aangebreek om ʼn enkele Afrika-geldeenheid te skep. Ons fokus moet nie op ons individuele lande wees nie, maar die [Afrika-] kontinent as ʼn geheel, om sodoende groot geleenthede te ontsluit,” het hy gesê.

Ramaphosa het ook gesê die beraad dui ʼn nuwe begin vir Afrika aan en ook ʼn geleentheid om inwoners van Afrika se entrepreneuriese aard te laat blom.

Hy het ook geraak aan die kwessie van visumversperrings vir reisigers tussen Suid-Afrika en Rwanda. “Ek het vroeër vandag met pres. Kagame vergader. Ons het ooreengekom dat ons die verhouding tussen ons twee lande op ʼn baie beter manier sal posisioneer. Onder die kwessies wat bespreek is, is die uitreiking van visas aan inwoners van Rwanda wat Suid-Afrika wil besoek.”

Ramaphosa het gesê die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het reeds werk van dié kwessie gemaak en beskou dit as opgelos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Ag asb ·

“Koloniale mentaliteit” – niks het verander vandat Ramaphosa oorgeneem het nie – selfde ou boring retoriek.

George ·

Kadafi wou dit ook gedoen het kyk waar is hy nou en sy land jy gaan nie teen die doller en pond manne nie

M'Lady ·

Die volgende wat gaan gebeur is dat al die grense tussen lande in Afrika verwyder gaan word. Dan is ons een groot gelukkige familie. Dit was alreeds n voorstel van Dlamini-Zuma. “Watch this space.”

Casper Labuschagne ·

@M’Lady, jy is nie so ver van die kol af dat grense ook nog sal val nie. Gaan soek gerus op die Internet na “Ramaphosa: SA borders ‘need to be open for Africans to move freely and to promote business'” wat juis vandag elders op die Internet verskyn het. (My ondervinding is dat as ek daardie skakel hier plaas verskyn my kommentaar nie op Maroela Media nie.)

me ·

Was die eksperiment nie reeds in die vorm van die Europese Unie gedoen nie?

Rynhardt ·

Die voorgestelde een geldeenheid vir Afrika wys duidelik hoe die nuwe wereldorde agenda uitgeleef word.?????????????????

Wakker word ·

Stem saam! Die globaliste en elites soek een regering, een geldeenheid. Meer beheer vir hulle, meer mag vir hulle. Een van die dae het ons nie meer grense nie. Skokkend wat met die immigrasie na Europa gebeur. Ek beveel jou aan om ” thulean perspective ” se videos te kyk.

Gertryda ·

Nee man Mbeki het in st termyn dit al voorgestel.
Solank die haat tussen die rasse voortduur sal daar nooit ooit vrede wees nie….
Ek is vrekbang………

Jacques ·

Slim vang gewoontlik sy baas . Mense wat dink hulle is smart is nie altyd so smart nie .

Dave ·

Hier kom dit. Die Euro is al goed aan die gang. Die Amero is op pad vir noord-Amerika. Nou is die Africo ook op pad. Maar wat hulle nie sê nie, is om dit net baie makliker te maak vir die een mens van Openbaring 13 om die hele aarde te beheeer. En daardie tyd is nader as wat die meeste mense wil besef.

Ramaposa was nie so slim om dit uit te dink nie. Dit is deur die globalistiese elite vir hom voorgeskryf.

Joshua ·

MacDonalds is ook n ‘koloniale mentaliteit’ -n BEE ene-wat jou n biljoener gemaak het.

Herman ·

Hy het sy geld gemaak uit mynbou aandele wat hy verniet gekry het. Hy het daardie geld gebruik om McDonalds te koop.

Cherokee ·

Die populariteit wat Ramaphosa toegeval het by heelwat Maroelaniaanse kommentators het toe nie lank gehou nie. Realiteit maak weer verskyning.

Oom Kalahari ·

@Rynhardt, jou stelling is perfek en op feite gebasseer. Sal nie verbaas wees as dit Yen is nie. As ons die diereryk moet saam gooi en verwag hul moet net almal gras eet, wel mens kan jou net indink oor hierdie J wereldorde.

Pop ·

Ek kan die man nou maar eenmaal nie uitstaan nie. Almal het gedink Zuma is erg. Ons gaan nog bid dat Zuma liewer gebly het. Hierdie een en EFF is erg hand om die blaas.

Vermeendes ·

Nou moet ons mense mooi verstaan wat nou hier gebeur met die voorstel.
Stel jouself voor sie hele Afrika het al vir die laaste 50jaar net die Rand gebruik, sou Zim hiperinflasie gehad het met die saksies toe hulle die boere so verjaag het, nee!
Hierdie is n manier om jou pakslae vry te spring en op die rug van beter ekonomie in Afrika te ry.
CR is besig om die vangmat lekker sag te maak sodat saksies nie die nodige uitwerking het vir dat wat hulle beplan nie.
Hy het mos gese, grond onteiening sonder vergoeding sal nie die ekonomie skaad nie.
Skelm is hulle skelm.

Dissie ·

Vermeendes slaan die spyker reg op die kop!!! As daar een kontinentale geldeenheid is, kan die ANC doen net wat hulle wil, sonder enige nagevolge…

Freud ·

Gaan steek kers op by die lande wat nie vir die Euro geval het nie. Hulle is baie beter af as hulle buurlande in Europa.

Jannie ·

Jy dink jy het alles gehoor wag maar daar gaan nog baie gebeur. Die ou nasionale party het die ANC onderskat toe hulle met hulle onderhandel het en ons weet almal wat die gevolg is as jy jou opponent onderskat.

Netekke ·

Maw een geld eenheid vir alle Afrika lande, wat van die waarde van die geldeenheid? Die rand is al klaar so min werd. Is ek stupid om dit te vra?

Jannie ·

Jy dink jy het alles gehoor wag maar daar gaan nog baie gebeur. Die ou nasionale party het die ANC onderskat toe hulle met hulle onderhandel het en ons weet almal wat die gevolg is as jy jou opponent onderskat.

Casper Labuschagne ·

Die Zim dollar? Of ten minste wat daardie geldeenheid ook al genoem gaan word, dit sal die waarde van die Zim dollar hê. Gaan individuele lidlande skielik fiskale verantwoordelikheid aan die dag lê, of gaan dit ‘n lisensie wees om soos Portugal, Ierland, Griekeland en Spanje in die beginjare van die EU geld te leen asof daar nie ‘n einde aan is nie?

En so gaan ons ‘n reuse sprong vorentoe op die pad van ‘n eenwêreldregering, Soros glimlag sekerlik van oor tot oor.

Oom Klasie ·

Siener het geskryf dat ons grense in die verre toekoms gaan vergroot.
Lyk my dis oppad?

Boerseun ·

Afrikane het nie eens 500 jaar gelede dieselfde krale of ander “geld”eenheid (skulpe, ens.) gebruik om mee handel te dryf nie, hokeom nou skielik dieselfde geldeenheid vir die hele kontinent? Sien hulle nie dat die Euro-eksperiment in Europa besig is om uit te rafel nie?

Gemors ·

As die grense oopgestel word, dink hoe gaan die afmaaiing van ons diere verhoog. Die werkloosheidsyfer gaan ook toeneem, want diegene wat van ander Afrika-lande hierheen kom, gaan die werkgeleenthede vir ons eie mense minder maak.

Zumie ·

Onthou wat met Gadaffi gebeur het toe hy geluide gemaak het oor ‘n een Afrika geldeenheid gebaseer op goud….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.