Ramaphosa stel ekonomiese raadgewer aan

Trudi Makhaya (Foto: ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het die ekonoom Trudi Makhaya Maandag as sy ekonomiese raadgewer aangewys.

Dié besluit volg nadat Ramaphosa Trevor Manuel, voormalige minister van finansies, Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, Phumzile Langeni, die uitvoerende voorsitter van Afropulse Group, en Jacko Maree, voorsitter van die Liberty-groep, as sy spesiale gesante vir beleggings aangewys het.

African News Agency berig Makhaya is buiten ʼn ekonoom ook ʼn skrywer en entrepreneur. Sy het gedien as raadgewer en belegger vir talle maatskappye en was in nie-uitvoerende direkteursposisies by onder meer Vumelana Advisory Fund en MTN Suid-Afrika.

Sy was ook die hoofekonoom en ʼn lid van die uitvoerende komitee by die Mededingingskommissie van Suid-Afrika vanaf 2010 tot 2014. Sy was voorheen ook in bestuursposisies by Deloitte Suid-Afrika, Genesis Analytics en AngloGold Ashanti.

Makhaya het ʼn MBA en ʼn MSc-graad in ontwikkelingsekonomie aan die Universiteit van Oxford. Sy het ook ʼn MCom in ekonomie, ʼn honneursgraad in ekonomie en ʼn BCom in regte en ekonomie aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf.

Volgens Ramaphosa sal Makhaya bogenoemde gesante se werk koördineer aangesien die regering hoop vir direkte beleggings in Suid-Afrika van $100 miljard oor die volgende vyf jaar. Die groep sal na Asië, die Midde-Ooste, Europa en Amerika reis om met potensiële beleggers te vergader. Hulle sal ook beleggers in ander dele van Afrika, Nairobi en Lagos besoek.

Ramaphosa het Maandagaand na Londen vertrek om die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die Gemenebes-byeenkoms van staatsleiers te verteenwoordig.

“Ons sal hierdie geleentheid benut om met verskeie groot internasionale maatskappye byeen te kom om hulle op die hoogte te hou van onlangse ontwikkelings in die land en in te lig oor ons beoordeling van die ekonomiese uitdagings, risiko’s en geleenthede in Suid-Afrika. Ons sal ʼn duidelike en konsekwente boodskap oordra – dat Suid-Afrika ʼn beleggingsbestemming met beduidende onverwesenlikte potensiaal is,” het Ramaphosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

willie ·

Nou wil ek graag weet hoe bemark jy ñ land vir beleggings terwyl jy wetgewing wil verander ten gunste van onteiening sonder vergoeding! Dit maak mos nie sin nie, of dink CR die buiteland is palukas?

Marlie ·

Beleggings in die buiteland het weinig te doen met grondonteiening in die land. Die geld word in die buiteland belê en die groei of val daarvan words geensins gekoppel aan land wat binne die republiek onteien word nie. Die instansies wat die geld ontvang om te belê word nie eens geraak deur dit nie

Eish ·

Uitstekende span voorwaar.
Willie se kommentaar het egter betrekking en dit kan n stok in die wielspeke word.

Al ·

Sy is ñ baie goeie keuse met haar ongelooflike baie kwalifikasies. Ek dink CR sal homself moet bewys hoe ernstig hy is met grondonteiening. Dalk was dit net om die Zumafaksie te paai sodat hy aan bewind kom. Die ANC was nog altyd dubbelsinnig en vaag.

Mrs H ·

Klink goed, klink ook na n rolling stone en sy lyk nie baie oud nie. Ag asb laat dit tog uitwerk vir die beter?

Willie ·

Wanner stel hulle n behoorlikke taakspan aan om geweld, moor, roof ents stop te sit in SA!!!! Miskien ons CR die vraag vra???

marous ·

Suid Afrika het te sleg geraak om op eie stoom vooruitstrewend te wees. Nou staan die regering wie verantwoordelik is vir die riool status waarin die land hom bevind bakhand vir silwer stukke waarvoor ander hard moes werk . Hoop nie daar is een gekkige land wat ‘n sent hier bele nie!

Judge Dredd ·

Belegger se vraag aan Cyril:

Hoe sal grondonteiening sonder vergoeding, beleggings aanmoedig?

jaco ·

BComm, BComm Honneurs en MComm by universiteit v. d. Witwatersrand gekry. Ek sê eerder niks, behalwe dat ek weet hoeveel “agtergeblewenes” by Wits al vir dekades lank deurgesit word…

...ai ·

Jaco, so jy neem sommer net aan dat sy ‘n “agtergeblewene” is?? En al was sy deurgesit moes sy wel iets regdoen het om voorheen in bestuursposisie by klomp van Suid Afrika se grootste maatskappy te gewees het. Glo nie Deloitte, MTN of Genesis Analytics sal sommer net enige iemand aanstel sonder die regte kennis nie. Wil jy dalk die posisie gehad het? of besit jy enigsin van die bogenoemde grade? Sy besit immers n MBA graad ook. Well done!

jaco ·

Deloitte, MTN en Genesis se hoeveelheid personeel EN hulle omset per jaar is groot genoeg dat hulle regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging MOET toepas. Ek het vir sulke groot besighede gewerk. ek weet wat gebeur as daar gepraat word van bevordering. vir sommiges word reguit gesê “sorry too male and too pale; wees eenvoudig bly jy het werk en moenie waag om te vra waarom jy nie bevordering kry nie”.

Dolla ·

Ek stem saam met Jaco. As sy soveel grade het en geleerd is goed vir haar, maar vandag se dae is niks onmoontlik in SA nie. Hoeveel keer hoor mens can grade wat gekoop word. So dit sal nie n skok wees nie.

Louis le Roux ·

‘n Indrukwekkende klomp grade, MAAR dit beteken nie sy sal die werk kan doen nie. Gelukkig moet sy saam met swaargewigte soos Manual, Jonas en Maree werk. Ek dink haar werkservaring is bietjie min.

Oom Kalahari ·

Dit is net verbasend hoe beleggings gedoen moet wor met die huidige misdaad, korrupsie, grond onteiening sonder vergoeding ens. Laat ons volg wat na die tafel gebring word en ontwikkel.

Reguit ·

Jaco hierbo is korrek. Dit is alles bog, oëverblindery en toneelspelery. Vir 24 jaar is dit al ‘n hool – van sleg na slegter, steeds op ‘n reguit pad ondertoe. En nou ‘glo’ sekeres dat ‘nuwe aanstellings’ die hool gaan ‘verbeter’. Hulle sal (soos voorheen) bitter ontnugter word. Ek lag. Beste opsie is om die hool te verlaat en te emigreer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.