Ramaphosa stel komitee aan oor Eskom

Cyril Ramaphosa. Foto: PresidencyZA/Twitter

Pres. Cyril Ramaphosa het gesê die ongekende mislukking van Eskom se opwekkingskapasiteit die laaste paar dae beklemtoon die erns van die uitdagings wat die maatskappy in die gesig staar en die dringendheid van maatreëls om dit te bowe te kom.

Ramaphosa het Donderdagmiddag in sy repliek op die debat oor die staatsrede gesê diegene wat getwyfel het in die omvang van dié uitdagings het die week ʼn blik op die werklikheid gekry met beurtkrag wat weer ingestel is.

Ramaphosa het intussen ʼn spesiale kabinetskomitee aangestel oor Eskom wat deur adj.pres. David Mabuza gelei sal word. Hy sal bygestaan word deur die ministers van openbare ondernemings, energie, finansies, vervoer, intelligensie en die polisie. Dit sal van die komitee verwag word om daagliks met Eskom se sake besig te wees en vir Ramaphosa terugvoer te gee.

Die president meen egter daar is nie ’n enkele oplossing vir die probleme by Eskom nie. “Nie herstrukturering, of herfinansiering, of beter instandhouding by aanlegte op hul eie sal die nodige uitwerking hê nie.”

Volgens Ramaphosa moet al dié maatreëls gesamentlik op ’n gekoördineerde wyse en met ʼn doel aangepak word om die kragvoorsiener om te draai. Die besluit wat tydens sy staatsrede aangekondig is om Eskom in drie verskillende entiteite te ontbondel het volgens Ramaphosa die meeste aandag getrek maar is glad nie die enigste of belangrikste maatreël wat aandag moet kry nie.

Tito Mboweni, minister van finansies, sal volgens Ramaphosa volgende week tydens die begrotingsrede maatreëls aankondig wat die regering sal instel om Eskom te help om sy finansies te stabiliseer.

Volgens Ramaphosa sal dit egter hand aan hand loop met ʼn geloofwaardige, verreikende ommekeerplan wat beide ’n onmiddellike en ’n blywende impak het. “Die leierskap van die entiteit het reeds stappe gedoen om koste te sny en doeltreffendheid te verbeter. Maar meer moet gedoen word en vinniger.”

Dit is noodsaaklik dat daar ʼn toegewyde en gedetailleerde fokus op instandhouding is om te verseker dat elektrisiteitsvoorsiening veilig is, het Ramaphosa gesê.

Die president het gesê die regering aanvaar hy het nie genoeg gedoen om van die sleutelrolspelers, soos arbeid, aan boord te kry nie, maar dat dit reggestel sal word.

Ramaphosa het gesê die herstrukturering van Eskom het ten doel om die veiligheid van elektrisiteitsvoorsiening te verseker. Hy het egter ontken dat Eskom geprivatiseer sal word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

James ·

En natuurlik miet die kommitee geld kry vir hulle werk en vergaderings met catering. So ons bly maar net betaal

Riaan ·

Presies James. En hulle is almal experts met jare se ondervinding van hoe n kragnetwerk funsioneer. Saam met Eskom se top gestuur Sal hulle gou al die probleme regstel.

John ·

Ons het darem ‘n getiekiedraaiery by Eskom wat mens dronk in die kop laat. Nog komitees en nog uitlanders se vingers in die pie… Nou moet Tito ‘n plan maak. Of gaan Xi of Indiè, waar CR ‘n super-hero status beklee, ons ‘help’. Iewers is ‘n vals noot. Met Numsa was geensins belangstel in die verskaffing van krag waarvoor die landsburgers betaal nie, maar eintlik net hul salarisse, sit die ANC in ‘n verknorsing. Die krisis sal nie tot in Mei kan voortduur nie, want dan is dit tickets vir die land.

willie ·

Alles niks seggend! Dit is soos om vir ñ drenkeling ñ anker van ñ boot in die diep see te gooi en sê swem boot toe!

Energie ·

African Rainbow Energy & Power. Hier kom ons sister van sister Motsepes

Boertjie ·

Zuma kon vir sy mense lieg. Ramaphosa kry reg om vir die hele wereld te lieg. Eskom suig R1 miljard se diesel op per week. Kyk maar deur watter rekeninge vloei daai geld. Motsepe lag breed, swaer van Ramaphosa.

Adrian ·

Stem energie laat lesers bietjie opkyk wie met die sisters in die kabinet getroud is

Chris Ws ·

“Fire” die hele onbevoegde Eskom raad onmiddelik en stel ‘n nuwe raad met deskundiges aan.Nie mense wat deur regstellende aksie gekies is nie!Sny sy arbeidsmag drasties .Stel gekwalifiseerde tegnisie aan en laat die “dooie hout” loop wat deur regstellende aksie werk gekry het .

Coenie Basson ·

Ek stem heelhartig saam, Chris Ws. Dis ‘n onbevoegde, onbetroubare bestuur.

Neville Wandrag. ·

Aan watter kommissie gaan hierdie kommissie rapporteer aan en watter kommisie gaan hierdie kommiss rapporteer. Jakkels jaag sy eie stert.

Ander Koos ·

President speel met woorde, diidelik wil hy nie probleem oplos want daar is ander agenda “coming into play “. Sien Energie se kommentaar hierbo. Plundering gaan voort !

Challa ·

Nog n komitee, raad , komissie , samesprekings, mooi praat en emosies “,shock, anger” gaan julle niks help nie. Julle is in die dinges. Kry bevoegde mense aan die stuur nou. Julle speel met SA toekoms. En fire die wat misluk het. Sonder n handshake.

Pietman ·

Sal graag wil weet wat die komitee se mandaat is. Pres mors tyd met die komitee – kry objektiewe en onafhanklike paneel – nie verskriklik opgewonde oor die samestelling van die komitee nie. Te veel ANC lede met verskyuilde agendas.

Gemaskerde Sopbeen ·

Nou vind ou cyriltjie eers iets uit wat ons al hier vn 1652 se kant af gesien en beleef het….As jy die insittendes net los om na hulleself om te sien, dan val alles uit mekaar…Daar MOET altyd iemand wees wat kan toesig hou en kyk dat goed gedoen word, anders word dit net eenvoudig NIE gedoen nie…….en iemand anders blameer… Dis nie nuut nie?

Anoniem ·

Wie is nou die padda in die warm water. Sy agbare Mnr. President het nie Lekato sien kom nie! Vatso katvis!

CW ·

Nog n nuttelose komitee vol leke en sien ek n klomp italiaanse ingenieurs kom nou eksdom se probleme uitsorteer. Ha ha ha, italianers kan karre bou maar krag, siestog nou moet europese kolonialiste hulle gemors kom uitsorteer, klap in sa se blankes se gesig weereens, hier is genoeg van hulle wat die probleme kan oplos. Sal ook van die massas bestuurders wat daar rondsit en wind opbreek en gaap moet ontslae raak

Afrikaner ·

Kom ek sê vir julle, hierdie land is chaos verby. Ons was die afgelope paar dae in Die Krugerwildtuin, het vir drie nagte in Olifantskamp oornag. Beurtkrag was daar aan die orde, meer as een maal per dag, genadiglik het hulle daar ‘n kragopwekker maar wat die rustigheid van die natuur nie goed doen nie, dit pas nie daar nie.

Die laaste aand wat ons daar was reën dit, al van die middag af, braai is uit, so maak ons op die gasstofie kos, te heerlik, braai ook die porterhouse in die braaipan, maar ongelukkig is als toe nie so eenvoudig nie, die krag gaan die heel aand elke nou en dan af, kom aan, gaan af, kom aan, gaan af, met kort tussenposes die heel tyd, so het ons in flitslig die ete klaar gemaak en wat ‘n onplesierige aand was dit nie.

Ook deur die nag hoor ons die dakwaaier af en aan gaan.

Ons het die wildtuin al meer as 400 keer besoek en hierdie is die eerste keer dat ons besef die land is onomkeerbaar in die verkeerde rigting, die skip vaar agteruit.

marco polo ·

Dit sal jou leer om maar vlg keer in n tent te gaan kamp by een van die klein kampe en n sonpaneel te gebruik saam met n ekstra battery vir die ligte?

Boet Fasie ·

Ons is leierloos en een van die dae landloos. kragloos en lewensloos

DewaldS ·

Wat kan mens vandag sê? Stem JA vir Vrede,Voorspoed en Veiligheud….

Vic ·

‘n Klomp politici in die raadsaal gaan nie die probleme oplos nie Cyril. Jy soek vaardige mense met die korrekte kennis en opleiding om die probleme op te los .SONDER POLITIEKE INMENGING

Ja Nee ·

CR kan die man op die maan ook aanstel in n komitee om eskom te probeer help- die probleem is te veel werkers, te veel onbewame werkers, te veel korrupsie en Baie van die betalende verbruikers begin skuif na alternatiewe kragbronne.

Anoniem ·

“Ja Nee”, ek moet jou gelukwens. Jou kommentaar is skaars 3 lyne lank, maar dit som die hele situasie perfek op.

Afrikaner ·

En ek het vergeet om te noem, Skukuza moes hulle in twee verdeel het, die twee helftes moes sommer ‘n hele ent uitmekaar wees, die een Skukuza-ruskamp en die ander een Skukuza Stad.

ManieM ·

Hoekom nog ‘n kommitee? Daar is ‘n Eskom bestuur, Eskom Raad, Ministers op verskeie fronte, Kabinetskommitees en en en etc. Almal word betaal deur Jan publiek. Was self betrokke met projekte by Eskom om ‘n veskil te probeer maak sonder enige noemenswaardige effek. Daar is net drie probleme in Eskom: Eerstens loop die vlak van arrogansie te dik om aangehoor te word om ‘n voorstel te mag maak. Die wysheid van grysheid het nie meer ‘n plek in die oranisasie om ondervinding en vaardigheid te gebruik nie – Ek weet en jy niks. Tweedens het Eskom sy konfigurasie van sy organisasie verloor. Geen bestuursbeginsels nie. Derdens het hulle die konfigurasie van sy produk verloor nie. Weet nie meer hoe lyk hulle aanlegte en hoe moet dit wees nie. Sterkte ESKOM ek sal elke dag ‘n ekstra spesiale gebed vir julle doen want julle kan julle nie meer self red nie!!

Maljan ·

Die beste maatreel sal wees om koste te besnoei, soos bv al daardie hoogbetaalde bestuursers en ceo wat meer as die paddaman verdien. Stel maatreels in plek omkragdiefstal maw, onwettige konneksies te stop en keer dat dit weer gebeur. As almal betaal, een eenheid, een prys of jy 12 koop in Orlando of 10 012 in Wayerkloof, een kw gaan ewe ver.

humor ·

CR het duidelik gese vergeet daarvan dat dit in die privaatsektor se beheer kom. Dit bly n semi staatistelling!!!!!!. Dit beteken die voortgang van SEB Affirmitiveaction ens. Dit is nie vir die wittes geresserveer nie.

P G Slabbert ·

Al hierdie sg. komissies , is nou die werkskepping , vir al die kaders . Is daar geensins enige huidige werknemers , van die entiteit wat die probleme kan aanspreek ? Met al hierdie astranomiese salarisse wat verdien word , wat maak al hierdie kaders dan ? Klink asof hul net daar is om die vingers in die hoenderpot te kry !

chrisjan ·

Danksy Rameja se onvermoe met Eskom se gemors gaan ons ‘n groot brandstof prys verhoging te gemoet!Dis tyd dat ons daadwerklik begin betoog teen brandstf pryse.Al die tenkwaens wat so in stringe deur ry na ons buurlande toe ELKE DAG om aan hulle goedkoop brandstof te voorsien moet voorgekeer word en omgedraai word.Waarom moet ons die spit afbyt maar die buurlande smile breed met goedkoper brandstof wat hulle BY ONS kry??

Boertjie ·

Cyril se swaer, Patrice Motsepe (African Rainbow Energy & Power) sal sekerlik die taak hê om diesel te verskaf aan eskom. Laaste week se diesel rekening beloop R1 miljard. Die feit dat Zuma verslaan is, beteken maar net die ander span in die mafia organisasie het nou die oop tjekboek. Om eskom te privatiseer onder ANC leiding is ‘n grap. Guptas was ook ‘privaat companies’

marco polo ·

Ek het seker Mabuza en die ander ministers se CV’s misgekyk, maar ek aanvaar dat almal uitgebreide ondervinding van elektrisiteitvoorsiening en bestuur van n groot maatskappy het. Of mis ek iets?

Cynthia TREDOUX ·

Laat kom terug die 1800 UITERS BEKWAME INGENIEURS in Zuma se WAN ADMINISTRASIE…AFGELê is in die 90’s…HOEKOM SO SUKKEL? Hoeveel komitees nog…wat net nog MEER GELD KOS? Mens hoef nie n Rocket Scientist te wees…om te weet dis agv ONBEKWAAMHEID dat daar DONKERTE IS VIR ONS LAND NIE!

marco polo ·

Cynthia, om realisties te wees, die negentigs is darem al 20jaar verby en meeste van daardie ingenieurs is seker al lankal afgetree. Buitendien, as ek een van hulle was, sou ek nie met n tang vat aan enige werk waarby die staat betrokke is nie.

Adrian ·

Breek escom op in 3 dele hoekom dis nog dieselfde escom net 3 meer korrupte leiers om te coin. Hierdie hele ding is die grootste toneelspel ooit ( onthou 2008 toe als tot stilstand gekom het, die oomblik toe eskom die 25% verhoging toegestaan is, net die volgende dag is als reg) dieselfde gaan nou gebeur wanneer die brood in 3 gebreek is, is dit nog dieselfde brood net nuwe rotte op die brood. Die 3 top menere gaan coin. I rest my case

Judge Dredd ·

Julle gaan maar bitter min van jul kostes kan besnoei as julle nie die werkerskorps besnoei en produktiewiteit verhoog nie.

Anoniem ·

Ek lees vanoggend dat Ramaphose belowe daar gaan geen afleggings wees by Eskom nie. Ek is van mening dat dit een van die hoofsake is wat moet verander en waarsonder Eskom se skip nie sal kan omdraai nie – raak ontslae van oortollige on onbekwame werkers!

Ek is so dankbaar hierdie gemors by Eskom gebeur VOOR die verkiesing en nie daarna nie. Want gebeur was dit definitief op pad om te gebeur! Die ANC is in panic mode en spartel soos ‘n vlieg in ‘n web – hoe meer hulle spartel, hoe vaster draai hulle in die web. Selfs Salomo sal nie vir hulle ‘n wen-wen plan uit hierdie gemors kan bedink nie…

Daar is soveel (betalende!) kragverbruikers wat planne beraam om van die grid af te klim, of om hul kragverbruik soveel as moontlik te sny – keelvol vir immer stygende tariewe en beurtkrag. Nou hoor ek dat hulle hul sonpanele en kragopwekkers sal moet registreer, sodat hulle op daai manier verder gemelk kan word. En as hulle dit nie doen nie? Gaan Eskom hulle krag afsny??

pot se deksel ·

So Cyril se hiermee dat sy mense by Eskom nie bekwaam is om die werk te doen nie.raak ontslae van hulle en stel bekwame mense aan dan is die probleem opgelos.Maar ons almal weet ANC ken net die lang duur proses wat niks vir die land doen om te help nie.Ek sal my skaam as ek president was.

Sophia ·

In die land van die Blindes is die een-oog Koning… Ons weet nog net nie watter een nie??!!

Jack ·

Kan Maroela my asb n e pos adres stuur waar ek met die President of Pravin Gordhan kan kommunikeer. Ek het klomp meganiese en elektriese ingenieurs wat sal assisteer om die krag stasies maar met vergoeding en geen inmengery van huidige personeel nie. Laat weet asb

Anoniem ·

BLA BLA BLA hy lieg soos n tandetrekker het ons hiedie nodig om ons land te run waarheen gaan al ons belastings ja nee hulle spend en spend moet elke aand petrol koop vir generator kyk na n ektra 2000 per maand gaan hulle dit vir my terug gee dink nie so nie.

Vrydenker Johann Whatchamacallit ·

Ontspan. Los die ANC-leierskap uit sodat hulle self hul utopiese Whatchamacallit National Democratic Society Animal Farm se probleme wat hulle self geskep het, kan oplos. Fokus eerder jul energie op jul eie kinders se toekoms, vrede en geregtigheid. Julle kan nie die hele wêreld se probleme oplos nie, wat nog van die whatchamacallit bevolkingsontploffing.

Ben ·

Eskom se besigheid model is op die lang termyn nie winsgewend, maak nie saak wat die Regering gaan doen nie. Kyk bietjie wat het in die Rekenaar wêreld gebeur met “Main Frame” rekenaars. Die kostes van die groot masjiene was astronomies duur. Die het gely tot die Persoonlike Rekenaar (PC). Die kostes , onderhoud , Wan bestuur en Korrupsie van die groot Krag stasies plus VAT sal in die langtermyn te groot wees om te onderhou. Tyd vir nuwe Tegnologie.

Sarel ·

Gee ons asb n oorsig van die Kommitee lede se eie departemente, daar is dit net so n gemors, bv die polisie. Wat positief kan hulle tafel toe bring?

waarheid1 ·

Net nog en nog en nog ‘n kommitee? Asseblief – dit raak nou afgesaag. Bogeroll gebeur.
Gebruik ons eie Ing wat grade gekry het sonder om dit te koop om die probleem op te los. Eerlike mense met integriteit en los jou kader-kommiteetjies en kom net asb by.
Laat loop al die korruptes wat sekerlik 90 % van Eskom is .DAN sal dinge regkom.

riaan ·

En Bosasa en die Guptas gaan seker ‘n oorsig rol oor die komitee speel???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.