Adv. Nompilo Kholeka Gcaleka is Woensdag amptelik deur pres. Cyril Ramaphosa as die nuwe Openbare Beskermer (OB) aangestel. Sy sal die amp vanaf 1 November vir ʼn nie-hernubare termyn van sewe jaar beklee.
Maroela Media het vroeër berig die Nasionale Vergadering het op 19 Oktober die permanente aanstelling van Gcaleka as nuwe OB goedgekeur. Ramaphosa moes Gcaleka se aanwysing hierna bekragtig.
“Pres. Ramaphosa het, ingevolge artikel 193(4) van die Grondwet en op aanbeveling van die Nasionale Vergadering, Gcaleka as die OB van die Republiek van Suid-Afrika aangestel,” lui ʼn verklaring van die presidensie.
“Die president wens adv. Gcaleka sterkte in haar posisie toe en vertrou dat sy die mense van Suid-Afrika met eer en toewyding sal dien.”
Die nuwe OB is egter deur verskeie partye as onbevoeg bestempel. Sommiges meen dat Gcaleka se vorige openbare posisies en optrede rooi ligte laat flikker wat nie geïgnoreer moet word nie.
Adv. Glynnis Breytenbach, DA-LP en die party se woordvoerder oor justisie en grondwetlike ontwikkeling, sê die OB as ʼn hoofstuk 9-instelling het die taak om die Grondwet teen wangedrag binne die staat te verdedig.
“Dit is in die vooruitsig gestel om ons republiek te beskerm teen die einste soort mafia-gedrag wat al vir langer as ʼn dekade ons werklikheid geword het.”
Breytenbach verwys na die omstrede termyn van adv. Busisiwe Mkhwebane wat volgens die DA aansienlike pogings aangewend het om die gesag van hierdie belangrike agentskap aan ʼn onheilspellende politieke agenda te ondermyn en te diskrediteer.
“Dit was met adv. Mkhwebane duidelik hoe die NVG en ondersoekdirektorate doelbewus deur misdadige en selfdienende politici wat geregtigheid teenoor Suid-Afrikaners ondermyn het, geteiken word.
“Die OB is bedoel om ʼn ferm, onafhanklike stem te wees te midde van sulke pogings, tog het adv. Gcaleka haar politieke vooroordele getoon, asook haar onervarendheid in litigasie en vervolging.
“Adv. Mkhwebane was bedoel om ʼn ontnugterende herinnering te wees van wat kan gebeur wanneer ʼn OB ongeskik is om te dien. Die geskiedenis sal homself herhaal.”
“Die OB is bedoel om ʼn ferm, onafhanklike stem te wees te midde van sulke pogings, tog het adv. Gcaleka haar politieke vooroordele getoon, asook haar onervarendheid in litigasie en vervolging.
As mens moet oordeel hier op wat adv Glynnis Breytenbach hierbo te sê gehad het oor die aangestelde Openbare Beskermer is dit duidelik dat hier 7jaar van totale onbevoegdheid hier ook ons wag, net soos die outjie wat voorheen in die pos gedien het. Maar nou ja……..laat die sirkus begin.
jy bedoel laat die sirkus voort gaan…
Ek stem, hier kom maar net nog een. Is soos vervolgverhaal. Foute word oor en oor gemaak.
Ramaphosa het nie n OB aangestel vir die volk en nasie nie maar om die president te beskerm…so duidelike soos daglig
Ons is trots op jou president Ramaphosa. Jy het ons met eer verteenwoordig in Frankryk.
Grappie……
vir hoelank dan is dit weer miljoene se hofsake plus sy wat miljoene ontvang linsalaris pensioen ens Ai en ons moet net betaal en betaal
Ja wragtag nè, so tipies van hom: Kader sal ek aanstel, al is dit ten koste van die land. Shame, hy bly maar ʼn pateet.
Nog sewe jaar van vrot! Maar antwoord my ‘n vraag asseblief? Is die ANC nie stadig maar seker om die land kommunis te draai met wetgewing soos die Bela wet en ander wete? Met die Bela wet wil hulle beheer neem van alles wat met skole en onderwys gebeur, en niemand, nie eers ouers, sal ‘n se he nie. Hulle het oor 30 jaar al amper alles op gemors soe kan nou net soe vel onderwys en gesondheid ook op neuk!
Arme kind, skaars van die skool banke af binne in die gemors in wonder watse ervaring sy het….
Ag asb !!!!!!
Ek besef daar is geen kader wat sal kwalifiseer as hy nie die ANC dien nie.Daar is ook geen kader wat op meriete en kwalifikasies sonder enige politieke verbintenis die werk sal kry nie.
Net nog ‘n nuwe totempaal van die ANC. Ons verwag iets van die ANC wat hulle nog nooit belangrik geag het nie. Zuma speel steeds met die gereg. ‘n Goeie voorbeeld.