Ramaphosa stel vier prioriteite

Pres. Cyril Ramaphosa gedurende die vraag-en-antwoordsesssie. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand vier prioriteite vir sy regering gestel toe hy ʼn afvaardiging van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) en die Parlementêre Persgaleryvereniging (PGA) virtueel in ʼn vraag-en-antwoordsesssie te woord gestaan het.

Ramaphosa het gesê daardie vier prioriteite is die oorkoming van die gesondheidsgevaar van die koronavirus, die herstel van die ekonomie, die bekamping van korrupsie en die bevegting van rassisme in al sy vorme.

Sibusiso Ngalwa, Sanef-voorsitter, het in sy bydrae die klem laat val op geweld teen en intimidasie van Suid-Afrikaanse joernaliste, hetsy deur verteenwoordigers van die Zimbabwiese regeringsparty, Zanu PF, of tydens die EFF-protesoptrede by die kettingwinkel Clicks.

Tydens vraetyd het Ramaphosa hom daartoe verbind om die grootste moontlike mate van steun aan die vervolgingsgesag te gee sodat politieke figure en ander rolspelers wat deur bedrog en korrupsieklagte in die gesig gestaar word, aan die pen kan ry.

Hy meen die regering het die beste moontlike mediese advies gekry tydens die grendelstaat, en dat die grendelstaat nie oordadig streng was nie, hoewel die ekonomiese insinking as gevolg daarvan kommerwekkend is.

Ramaphosa het bedrog en korrupsie met die verskaffing van beskermende mediese toerusting as gelykstaande aan moord bestempel, en gesê hy weet sommige Suid-Afrikaners meen hy doen nie genoeg om korrupsie te bestry of die ekonomie te laat groei nie, maar sodra die kritici bewus raak van wat die regering wel doen, raak die kritiek gewoonlik minder.

Die president het homself opnuut verbind tot die bekamping van geweld teen vroue en kinders, en het onderneem dat ʼn skuilplek vir vroue en kinders in elke munisipaliteit in die land opgerig sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Pieter ·

Al wie jou advies gegee het was kop doek vir die res het jy nie geluister nie. As jy skrik ou cyril skrik net wakker asb.

Werner ·

Weer n klomp wilde drome gedroom.Nuus vir jou ou Cyril nie een van daai drome gaan waar word nie

Nicholaas ·

ALLE vorms van rassisme?, en geweld teen vrouens en kinders, gaan dit vrouens en dogters insluit wat geweldadig in plaas aanvalle aangerand en verkrag worm sal graag wil sien.

annie ·

Liberale vergesigte aangevuur deur ‘n hoofstuk in ‘n boek… visoene gaan ons nèrens vorentoe bring nie… Grootse dade moet volg na grootse woorde… mind you groot geld is ook nodig en dit is missing. Nou is die aards-kommunis uit Griekeland ok dood en weer is ons terug by no 1: ‘n Grootse staatsbegrafnis en here we go again nowhere fast.

Nie Verbaas ·

Cyril, oor ANC korrupsie is aksies teenstrydig met wat jy verkondig. Watter regdenkende intellektuele persoon dink jy glo jou polities korrekte woordjies?

koos10 ·

Ironies is van sy vier punte, derde op die ry korupsie. Dit moet heel eerste wees. As korupsie weg is sal die ekonomie herstel en rassisme sal afneem, want dan het mense werk om te doen en nie tyd om oor sjampoe te baklei nie. As mnese dan werk het sal hulle maskers kan bekostig en dit sal ook to voordeel wees om COVID te laat afneem.

Schalk ·

Koos dan moet hy sy eie ANC eerste oor die vingers raps. Wat ehet in elk geval van sy verskrikle korrupsie vervolging geword na die vreeslike openbare afkondiging. Moes seker eers hoor wat hy mag se by AM

Scalla ·

Stem nie saam nie, jou mediese ordonanse moes maar net na Mev Prof Gray geluister het.

Schalk ·

In my boek is BEEE ‘n vorm van rassisme en ontkenning van identiteit van die blanke ras.

gatgogga ·

Ramaphosa gaan rassisme teenstaan ?
Is wolf nou skaapwagter ook?

Jaco ·

Die 5de prioriteit het hy nie genoem nie: die wit rol in en beheer oor die ekonomie moet gestop word. Hy het dit ‘n paar maal net na inperking begin het genoem. Sy huidige stilte daaroor laat my wonder: is dié anti-wit aksie nie meer ‘n prioriteit vir hom nie, of is daar nou net ‘n stilte voor die storm; ‘n storm waarin wit mense genadeloos onderdruk gaan word???

Sandra ·

“bevegting van rassisme in al sy vorme”, so dit verduidelik sy stilte rondom die EFF en sjampoe debakel. Ek moet ook kapsie aanteken en goed gaan rondgooi in Clicks, want die advertensie teiken my as wit Suid Afrikaner ook. Die advertensie se immers die wit meisies se hare is flat and thin.

Persheks Adri ·

Jy staan teen rassisme sê jy? Ook korrupsie? Wanneer sit jou mense in oranje pakkies huh? Alles net leuens en jy glo jouself asb red ‘n nasie

Jacobus ·

Mr Ramaphosa if you could not foresee that your your strong arm measures would cause the economic meltdown, then you need to address the quality of you advisors and start with a cleanup process and get rid of those that had caused (and still are) causing the problems.
You have been badly advised by your so-called experts.

JohanR ·

Ramaphosa hoekom praat jy nog? Kan jy dit nie deur jou kop kry dat jy het geen geloofvardigheid. Jy het alle geloofvardigheid verloor die aand toe NDZ aankondig dat after all sal sigarete NIE verkoop word nie. As jy die volgende aand op die kassie verskyn het en verkondig het dat after all sal sigarete verkoop word, kon jy miskien van SA ‘n believer in jou gemaak het. Maar die verby my maat. Bly nou stil want niemand luister na jou meer nie…..

Alleen Wolf ·

Ja, en slaan steeds geen ag daarop nie, want hy is nie in beheer nie, kopdoek en mkhize is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.