Ramaphosa steun Gordhan

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Adj.pres. Cyril Ramaphosa het sy steun verleen aan Pravin Gordhan ná die minister se onthulling van verdagte transaksies van miljarde rande deur die Gupta-familie en hul ondernemings.

“Die gebeure van die afgelope paar dae rakende die dagvaarding wat aan Gordhan beteken is, is van groot kommer vir talle Suid-Afrikaners,” het Ramaphosa in ʼn verklaring gesê. “As lid van die nasionale bestuur bied ek my ondersteuning aan minister Gordhan terwyl hy aanklagte in die gesig staar wat deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) teen hom ingebring is. Ek ken Gordhan en het saam met hom gewerk in die regering en in die dae van die vervolging van die stryd om ʼn nierassistiese, nieseksistiese demokratiese samelewing.”

Ramaphosa het gesê hy het geen twyfel in Gordhan se toewyding om ʼn beter Suid-Afrika vir almal te bou nie. “Soos alle Suid-Afrikaners bly minister Gordhan onderhewig aan die wette van die land, en behou hy sy reg om te swyg, vry te wees van misbruik van proses, en om wettig verdedig te word. Ek is ten volle bewus van die rol wat die NVG het om te speel in die bou van ʼn demokratiese samelewing. In hierdie verband respekteer ons die grondwetlike mandaat wat die NVG het om sonder vrees, begunstiging of vooroordeel hul werk te doen.”

Ramaphosa het gesê die mandaat moet gebalanseer word teen die grondwetlike regte van alle individue, waaronder die reg om onskuldig geag te word tot skuldig bevind is deur ʼn hof. “Die situasie vereis van alle Suid-Afrikaners om eenheid te demonstreer ter verdediging van grondwetlike waardes, die integriteit van die regstelsel en die doel om Suid-Afrika op ʼn pad te plaas van volhoubare en inklusiewe ekonomiese groei wat sal help om armoede, werkloosheid en ongelykheid te oorkom.”

Ramaphosa het Gordhan sterkte toegewens met sy voorbereidings vir die mediumtermyn-begrotingsraamwerk volgende week. “Ek hoop dat hierdie uitdaging hom nie daarvan sal weerhou om ’n belangrike nasionale taak te verrig nie. Die regering is dit eens in sy benadering oor hierdie saak en ʼn beroep word op alle Suid-Afrikaners gedoen om hierdie kwessies rasioneel te benader en die belange van die land eerste te stel,” het Ramaphosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lance ·

Netso ken hy zuma ek weet hoe skelm hy is …en nou terwyl dinge warm raak se hy gou hy ken Ghordan goed en dat hy n eerlike man is ….maar se niks van zuma …seker nie maklik nie

John ·

Wat het Ramaphosa eintlik gese? Absoluut niks. Hy probeer net sy paadjie na die troon sonder duwweltjies hou. Die draad is al papgery deur al die draadsitters en van al die oorvallery na die duskant waar Oom Mammon en sy uitgebreide ryk familie op groot plase boer en myn.

jaco ·

Ramaphosa is ‘n senior lid van die ANC en die NVG word deur die ANC-regering beheer. Ramaphosa steun vir Gordhan, wat deur die NVG aangekla word. Iewers werk iets nie lekker nie of iewers mis ek iets: praat die ANC dan nou uit 2 monde?

Piet ·

Jip Jaco, John het dit eintlik goed opgesom as hy se dat Cyril het die draad al pap gery. In engels sou hulle se dat “absolute power corrupts absolutely”. Cyril is n bewys dat dit die waarheid is. Hy het goed weggespring toe hy en Roelf Meyer nog “onderhandel” het oor die nuwe SA. Enige aap kan sien dat hy nou net in sy eie belang begin verstik. Soos ek in die vorige berig se, dink ek steeds dat daar slegs n ANC persoon n einde kan maak aan die huidige gemors, maar dat dit sal gebeur sal ek nie geld wed nie. Dit sit in elk geval nie in die DA se broek om golwe in n wasbak tot ruste te bring nie.

job jobson ·

Gordhan is SA se vooruitgang en ons SA burgers se enigste hoop op oorlewing. Met Zumpie is jy i verleentheid, Zumpie moet maar vir Kwezie na die hiernamaals volg.

Anoniem ·

Almal van hulle ewe skuldig..Almal geraamtes in hul kas….

popeye ·

So polities korrekte uitlating het ek, ummm, lanklaas, baie lanklaas gesien en steeds sug mense dat hy moet Prez word…..wow!!! Waarheen of waarlaag het Zuma ons gevat?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.