Ramaphosa steun nie Gordhan se afdanking

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Flickr/GovernmentZA

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Vrydag sy ontevredenheid uitgespreek oor die afdanking van Pravin Gordhan as minister van finansies.

Ramaphosa het gesê pres. Jacob Zuma het ʼn voorafopgestelde lys van die nuwe kabinet aan die ANC-leierskap verskaf sonder om dit eers met hulle te bespreek. Volgens Ramaphosa is baie lede in die ANC ontevrede oor Gordhan se afdanking.

“Dit was bloot ʼn proses waartydens ons van sy besluit ingelig is, dit was nie ʼn konsultasie nie, want hy [Zuma] het klaar ʼn voorafopgestelde lys gehad,” het Ramaphosa aan verslaggewers in Bloemfontein gesê.

Zuma het Vrydag in die vroeë oggendure ʼn kabinetskommeling aangekondig ná ʼn onverwagse vergadering Donderdag laataand met die ANC se top-ses leiers in Pretoria. Verskeie ministers en adjunkministers is na ander portefeuljes geskuif, terwyl sommige hul poste kwyt is. Gordhan en sy adjunk, Mcebisi Jonas, is afgedank.

“Ek het my besware en teenstand oor die afdanking van die minister van finansies geopper, grootliks omdat sy verwydering gebaseer is op ʼn intelligensieverslag wat ek dink ongegronde bewerings oor die minister en sy adjunk bevat.”

Pravin Gordhan. Argieffoto

Rampahosa het gesê die verslag, wat deur die SAKP as “slordig” beskryf is, het beweer dat Gordhan en Jonas se oorsese reis ten doel gehad het om die finansiële markte teen die Suid-Afrikaanse regering te draai.

“Ek vind dit heeltemal onaanvaarbaar dat iemand wat die land met soveel uitnemendheid gedien het, so iets sou doen. Dit het my herinner aan my eie situasie in 2011, toe ʼn intelligensieverslag beweer het ek was betrokke by ʼn komplot om pres. [Thabo] Mbeki se regering omver te werp. Toe hierdie verslag aan die lig kom, het dit my baie ontstel,” het hy gesê.

Ramaphosa het verder gesê hy het Zuma ingelig dat hy in die openbaar sal bekend maak dat hy gekant was teen Gordhan se afdanking, aangesien die redes daarvoor gebaseer was op “onware bewerings”.

“Ek het vir hom gesê ek stem nie met hom saam nie en dat ek dit aan die publiek duidelik sal maak. Dit is waar ons nou is… Hy het sy besluit geneem om ministers aan te stel en te verwyder en ek kan net sê dit is sy prerogatief.”

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het vroeër aan ʼn radiostasie gesê die kabinetskommeling het hom “ongemaklik” gemaak en dat hy nie weet waar of deur wie die nuwe kabinet saamgestel is nie.

Op ʼn vraag aan Ramaphosa of hy sal bedank in opstand teen die kabinetskommeling, het hy gesê hy sal dit nie doen nie, maar hy sal voortgaan om die mense van Suid-Afrika te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Cherokee ·

En sò kruip júlle wat julself probeer voorgee as konserwatief voor die voete van ‘n ghordhan wat lid is sedert die tyd wat Umkhonto we Siswe winkel- en stasiebomme geplant het en onskuldige vrouens en kinders vermoor het met pravin ghordhan se stempel daarop. Julle is anc-gesind en probeer wanhopig om konserwatief te lyk. Eintlik soek julle net na ‘n ander leier by jul anc-party.

Johann ·

Cherokee. Bly om te sien jys jou beskuldigende arrogante self? Min tot niks goeds te sê nie? Aantuigings.en afleidings? “Ons”kommentaar is romdom die absurdheid van.Zuma om te.doen wat hy.doen. Ter wille van.sy desperate.magsbehoud en staatskas toegang; ten koste van n semi stabiele ekonomie. En n blatante bemagtiging van.sy Zumaikies. Maar as.JY dink jou waarneming wat Gordon ontneem van enige bydra tot stabiliteit en beskerming van die staatskas…wie is ons om met jou te verskil?

Johann ·

Sorrreeeee Cerellllll! 2 litle 2 late. Jy en die ANC het.totaal beheer verloor oor Jacob! En in elkgeval wat worry jy? Jyt klaar geskep van die BILJOENE wat na jou kant toe gegooi is om jou te EMPOWER as previously disadvantaged; currently taking advantage! ANC SLAPGAT ROOKSKERM!

André ·

Welgedaan in jou Portefelio Pos as Adjunk Minister Mnr Ramaposa!
DIEN SUID AFRIKA MET TROTS NET SOOS AFRIKAANS OOK WAARDIG IS SOOS ALLE ANDER LANDS TALE !
* Stand fast in Projecting Leadership in Concern of all Who Life and stays in South Africa! *
? Shalom!

Johann ·

So Cyril kan actually.praat? Net.jammer ek glo nie n woord nie. My waarneming is dat die ANC vir Jacob laat doen wat HY wil…want dis wat HULLE wil doen. ANARGIE….want.dis al hoe hulle aan bewind en in beheer van wat.oor.is van die Staatskaste leegdra proses gaan bly. SKOKKEND LAGWEKKEND

Netta ·

Ramaphosa is daar net vir die geld. Hy kon, as hy werklik wou, lankal sy mag gebruik het om Zumpie te stuit. Hy kies om dit nie te doen nie.

Andre van der bank. ·

Hy is beslis nie daar vir die geld nie. Voor sy aanstelling as deputy, was hy alreeds een van die rykste in S.A. Sy bates toe al was geskat op $675 miljoen.

Johann ·

Netta. Die geld wat hy wel daar voor is ; is die wat hy reeds het en wil beskerm. Hoop ek…tensy hy maar net so gierig is as deel van die huidige kultuur.

Alida ·

Hy lieg hoe kon hy nie geweet het nie. Ons ander het verder as st 3 geleer.

Ada ·

Ramaphosa is n papbroek.Hy kon net sy man teen de klerk en sy meeloper staan omdat de klerk nie insig gehad het nie. Verder beteken hy niks.Jy kan nie een van hulle vertrou nie. Of skelm of n pateet. Hulle het zuma ingestem. Sit met hom.

Gerhardt ·

Groot pateet. Beteken op die aarde niks nie. Papbroek en geen rugraat nie. Pas mooi by die res van die kaders.

Johan ·

Ramaphosa is n groot verleentheid en n groot teleurstelling, Hy moes verseker n sterker standpunt ingeneem het. Sy optrede bewys dat hy verseker nie die potensiaal en wil het om n toekomstige president te wees nie. Om die waarheid te se hy is n groot slapgat,

Johanna Botha ·

Hy steun dit nie maar wat doen hy …….NIKS so hy steun dit maar eintlik …what a lame duck !

Leendert ·

Hy is verseker ‘n pocket, maar nie naby ‘n rocket nie. Hy is ‘n “go with the flow” ou. Hy is soos ‘n renoster sonder ‘n horing. Hy het die papa op die grond laat val. Bottervingers. En hy het nog nooit presidensieel voorgekom nie, buiten vir sekere dagdromers. Op hierdie stadium is daar nie ‘n man of vrou van imbors en integriteit wat hoof van die land kan wees nie. Nie een van die klom het leierseienskappe met ‘n sterk persoonlikheid nie.

Rynhardt ·

Cyril Ramaphosa moenie nou Pravin Gordhan se afdanking kritiseer nie, want hy en talle het Zuma destyds gesteun vir twee termyne, sodat die Vryheidsmanifes tot uitvoering vir SA gebring kon word.Daarom is SA n piesang-republiek! Vir Ramaphosa gaan dit net oor sy eie aspirasies en meer rykdom! Anc nou op sy gevaarlikste met strydende faksies binne hom!

JJ ·

Ek weet nie hoekom Maroela enigsins hieroor berig nie. Zuma en sy Gupta-clang doen net wat hulle wil. Berig eerder oor die sneeu tekort in die Sahara

Frik ·

Die groot ses is n totale mislukking saam met Zuma. Hulle het alles aanvaar wat Zuma aan hulle voorgele het. Geen ruggraat en maar net deel van kliek van ANC, hulle gaan te veel korupte geld verloor sou hulle hom teenstaan.

Leon W ·

en roelfie en wessels en al die ander slapgat kodessa verraaiers. Hoogverraad!!!

snoefie ·

ramaphoza het van meet afgesê hy stem nie saam met Gordhan se afdanking nie. hy het ook gesê dat hy en ander van die ses nie by magte is om dit te keer nie. laat ons regverdig teenoor hom wees en hoop hy word nie iinnez Sexwale onder sy gat geskop en buite in die koue gelos nie die VOORAFOPGESTELDE-LYS, nes die INTELLEGENSIE-VERSLAG kon albei uit die Gupta kamp

John ·

Beslis nie ‘n rammetjie-uitnek nie. Wa-wa so bietjie maar Zuma loop oor hom en verduur hom omdat hy nog ‘n bietjie waardigheid aan die presidensie verleen. Hy moes geloop het want dan sou Zuma sy keuse vir die volgende president moes uitoefen, wat die wereld regop sou laat sit.

Ada ·

Hulle is almal pateties korrup en sonder rugraat.Ek sal kyk hoe hulle mekaar vernietig.O ja moenie van die min breinselle vergeet nie. Almal buite julle diepte.

Scalla ·

Soos alle toesprake, alles word vir hom gedoen en hy lees du, lys was opgestel deur Guptas

SARIE VAN HEERDEN ·

Ramaphosa steun nie afdanking van Pravin Gordhan? Twak! Lippetaal, want met Cathrada se begrafnis het duisende mense Gordhan staande toegejuig maar Ramaphosa het bly sit en ook nie eens hande geklap nie. Die kamera’s het die beeld vasgele. Wat hy se en wat hy doen is twee verskillende dinge. PASOP.

GES ·

Hy steun dit nie maar doen ook niks nie. Hy hoop natuurlik dat die probleem self sal weggaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.