Ramaphosa: Stilte is ook ʼn antwoord

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: @SA Gov News/Twitter)

Die nuuskonferensie waartydens die ANC sy steun sou uitspreek vir die manier waarop pres. Cyril Ramaphosa die geldelike bydraes vir sy veldtog om in 2017 ANC-leier te word bestuur het, is op die nippertjie gekanselleer.

Daar is ʼn gesegde wat lui “stilte is ook ʼn antwoord”. Oor Karel Schoeman se meesterlike skryfwerk het ʼn resensent by geleentheid opgemerk die sleutel daartoe is die tekstuur van die stilte.

En Sherlock Holmes het sy eerste saak opgelos met die sleutelbesef dat die hond nié geblaf het nie. Stilte en dit wat nié gebeur nie is dikwels net so belangrik – of belangriker – as dit wat wél gebeur.

Wanneer die regerende party dus al die moeite doen om ʼn mediakonferensie te belê, ʼn lokaal te kry, die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, kry om pa te staan vir die mediakonferensie en dit dan op die nippertjie sonder rede kanselleer met die gewoonlik spraaksamige Mthembu wie se enigste kommentaar “geen kommentaar” is nie, moet jy wakker slaap as jy die nuus volg.

Die ANC het wel vorendag gekom met ʼn skriftelike verklaring wat lui dat Ramaphosa geen wet oortree het met sy geldinsameling nie, en dat hy in sy beëdigde verklaring aan die hof in antwoord op die bevindings van parlementêre versuim, parlementêre misleiding en geldwassery wat die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, teen hom gemaak het en tans voor die hooggeregshof op hersiening is, die volle waarheid meegedeel het.

Wat die kansellasie van die mediakonferensie egter toon is dat die ANC nie nou hieroor vrae van ʼn priemende media-kontingent wil beantwoord nie.

Dit wys ook dat daar kommer, verdeeldheid en ʼn mate van chaos agter die skerms heers – elemente wat volg op die publikasie van enkele e-posse wat dui op twee dinge: dat daar ʼn lekkasie van onsekere omvang is in die Ramaphosa-kamp, en dat alles ons nog nie vertel is nie.

Daar is ʼn stryd binne die ANC aan die gang wat woed om die siel van die regerende party, die staat en die Suid-Afrikaanse demokrasie.

Daardie stryd sal oor die volgende paar dae verder ontvou en sal bepalend wees vir Suid-Afrika se huidige en toekomstige welstand. Daar gaan wenners en verloorders van hoë profiel wees, met die afloop tans onseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gesegde ·

Die gesegde lui; “stilbly is ook ‘n antwoord”, nie stilte nie.

ne ·

Ons wonderlike SA. Net mense wat so ‘n gemors van SA gemaak het. By name: anc & kaders.

sweis ·

Ramaposa is net soos zuma nie n presedent of leier se alie nie sa sal regkom met n leier soos Presedent Trump andersins gaan ons nog swaarder kry.

Gogga ·

Ons land sak nou sò vêr af in chaos dat ons nie daaruit gaan kom nie! Ons hetnie president nie en die boewe neem alles oor!!

Jan ·

Hulle gedans in die stof rondom die vuur en die pogings om die bollie mis te trap die selle tyd is komies as dit nie so hartverskeurend vieslik was nie Die een skelm op die ander

Jerry ·

Wenner of verloorder, SA is in die moeilikheid met anargie wat in die skadu wag en grynsslag “he,he,he”!

Stebastiaan ·

As dit om eiegewin gaan is leierskap by die agterdeur uit.

Sê maar net! ·

Suid Afrika is leier loos!
N land sonder n President!
????

Peet ·

So tussen die bakleiery, hofsake, en moddegooiery koop ék wat “in charge” is vir my ‘n R500k ‘n bul. ‘n Reuse middelvinger vir die res van ons maar veral vir die armes.

Rykdom = Ryk + Dom ·

Die armes verdien dat hy sy alie aan hulle afsmeer, hulle bly stem vir die ANC.
Dis net regdenkende mense wat sal sien hoe skaamteloos en arrogant hy werklik is.
Die meerderheid dink hy is swart en ANC, so hy het hulle stem.
Kritiese denke ontbreek. Jy sien dit duidelik wanneer daar vandag nog entoesiastiese Zuma ondersteuners by sy hofsake uithang en hom luidkeels prys.

Jerry ·

Regerende party=Georganiseerde misdaad (dirty tricks)
Staat=Failed
SA demokrasie=Klug
Wetstoepassing=?
SA Regbank=?
Die ANC het met bogenoemde hulself geposisioneer en die klimaat geskep vir verandering om te de-koloniseer! Die masker is besig om af te kom en die ANC probeer deur stilswye, verdere blootstelling te verhoed!

Eddie ·

Die waarheid en versoeningskommissie het ‘n siekte in ons land laat ontstaan. Dis bleikbaar nou in orde om verkeerd te handel en oortree, solank jy net die waarheid vertel sodra jy uitgevang word. Geen gevolg. Ai

Peet ·

Rykdom kan maar net akkoord gaan met jou kommentaar. Probleem is dat ANC die uitsonderlike vermoë het om verby die probleem te kyk en iemand anders die skuld te gee – ons, die tans benadeelde. Kyk nou hoe gaan bid hulle saam met die Durbanse burgermeester. Onthou net korrupsie is ‘koloniale’ begrip.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.