Ramaphosa teken ‘doodsertifikaat’ vir gesondheidsorg

Jack Bloom, die DA se woordvoerder vir gesondheid in Gauteng en Siviwe Gwarube, die DA se hoofsweep (Foto verskaf deur die DA)

Die Demokratiese Alliansie sal alle moontlike regsopsies oorweeg om die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), wat Woensdag deur pres. Cyril Ramaphosa onderteken is, teen te staan.

Siviwe Gwarube, die DA se hoofsweep, sê die party glo in die grondwetlike voorsiening van gehalte gesondheidsorg vir alle Suid-Afrikaners, maar die ANC se prestasierekord van mislukkings om aan dié fundamentele reg te voldoen, is duidelik in die gruverhale uit hospitale en klinieke landswyd.

“Universele gesondheidsorg is nie net ʼn konsep nie, dit is ʼn noodsaaklikheid om seker te maak dat geen burger agterweë bly of onderwerp word aan tweederangse gesondheidsorg nie. Die voorgestelde NGV-skema wat voorgehou word as die wondermiddel vir al ons gesondheidsorgprobleme, is niks meer as ʼn politieke instrument deur die ANC om kiesers te manipuleer nie.”

Gwarube het dié uitlatings buite die Uniegebou gemaak waar die president vroeër die NGV as wet bekragtig het.

Sy sê teenstrydig met die algemene opvatting sal die NGV nie die gesondheidsorgstelsel gelyk maak nie. “In sy huidige formaat is daar ʼn gebrek aan die nodige belegging om toeganklike en gehalte gesondheidsorg te verskaf, soos wat deur ons Grondwet vereis word. Die idee dat individue soomloos toegang sal kry tot privaat hospitale onder die NGV is misleidend en ʼn doelbewuste leuen deur die ANC.”

Gwarube sê die land het eerder ʼn omvattende hersiening van die hele gesondheidsorgstelsel nodig, waar ʼn beduidende deel van die land se BBP toegeken word aan gesondheidsorg. “Die ANC het versuim om die afgelope drie dekades dit reg te kry. Die NGV is bloot ʼn desperate poging om die publiek te mislei dat slegs die ANC ʼn gebroke stelsel, wat hy self veroorsaak het, kan herstel.”

Van die probleme met die wetsontwerp is die gebrek aan NGV-loodsprojekte, weens die regering se onvermoë om gekontrakteerde algemene praktisyns te vergoed. “Dit laat ernstige vrae ontstaan oor die lewensvatbaarheid van die stelsel op ʼn nasionale skaal.”

Die loodsprogram sedert 2012/13 het belastingbetalers reeds meer as R5,1 miljard gekos sonder dat enigiets bereik is.

“Die meerderheid van gesondheidsorgfasiliteite voldoen boonop ook nie aan die kriteria vir ʼn ‘ideale kliniek’ nie. Dit plaas die kollig op sistemiese probleme wat in ons gesondheidsorginfrastruktuur voortduur. Indien die NGV dus ingestel word, sal slegs ʼn breukdeel van hospitale en klinieke wettig gesondheidsorg mag verskaf.”

Die sentralisering van groot bedrae geld onder die beheer van ʼn enkele minister en raad laat ook ernstige kommer ontstaan oor die moontlikheid vir korrupsie en wanbestuur, voeg Gwarube by.

Die buitensporige koste om die NGV in te stel (na raming sowat R300 miljard per jaar) tesame met ʼn krimpende belastingbasis en ʼn beduidende hoeveelheid van die bevolking wat onder die broodlyn lewe, maak dit duidelik dat die las van die finansiering van die skema ook op belastingbetalers se skouers sal rus. “Suid-Afrikaners kan eenvoudig nie bekostig om meer belasting te betaal nie.”

Gwarube sê die feit dat duisende openbare insette van die hand gewys is en insette deur die bedryf, kenners en gesondheidsorgwerkers met minagting bejeën is, benadruk ook die ANC se vasberadenheid om die NGV deur te stoot ongeag die tekortkominge of publieke mening.

“Die gebrek aan parlementêre oorsig oor die voorgestelde raad ondermyn ook aanspreeklikheid en deursigtigheid. Die departement en minister het om elke hoek en draai enige voorstelle vir wysigings van die hand gewys. Dit moet dadelik as waarskuwingstekens dien vir die land.”

Gwarube sê daar is ook ʼn rits grondwetlike besware oor die NGV-wet, veral wat betref die verskaffing van gesondheidsorgdienste aan die publiek. “Die DA sal dié tekortkominge bestudeer en ons regstappe binnekort bekendmaak.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Henry ·

al die staats hospitale is in n vreeslike toestand.
hoekom het hulle nie dit aangespreek nie

Tong in die kies ·

Hier kom groot marakas soos ons nog nooit gesien het nie. As die staats klinieke en hospitale reeds lyk soos dit tans is, hoe gaan die privaat sektor s’n nie binnekort lyk nie.
Mense julle sal moet bid soos nog nooit van te vore nie. Binnekort is dit die een wêreld geld stelsel wat ingestel gaan word.

GWS ·

Mag die hemele ons behoed. Ek bid dat die DA sal slaag. Daar is so baie op die spel. Almal gaan skade lei!

Eugene ·

Jippeeeeee.
Nou kan ek die spesialiste GRATIS gaan spreek….en nie meer my R5,500.00 konsultasie betaal by die kardioloog nie. Daar sal ook seker summier weggedoen word met die sogenaamde buite SAMA tariewe van die dokters/spesialiste?
Almal is nou dieselfde.
En die privaat hospitale gaan nou sekerlik radikaal agteruit gaan….soos die publieke hospitale die afgelope paar jare?! Ek sal nie eers ‘n kruiwa na ‘n publieke hospitaal neem vir ‘n diens nie….

“All animals are equal, but some animals are more equal than others.”
~ George Orwell, Animal Farm

Jedi Knight ·

Duisende mense bid al jare lank vir verbetering in SA sonder enige sukses. My gevolgtrekking is dus dat bid nutteloos is…..in elk geval soverre dit die land aanbetref.

Phillip ·

Ek hoor net vir DA waar is VF+ se stem ek gaan dit oor weeg om DA testem want hulle doen wat ons wil hoor

Aggie ·

Jedi Knight, met jou uitspraak aanvaar ek dat jy nie ‘n Christen is wat in gebed jou hart vir ons verlosser, Jesus Christus, gegee het nie. As dit wel so is dat jy dit nie gedoen het nie, sal jou gebed ongelukkig nutteloos wees.

domheks ·

@Jedi Knight – die Here sal hom nie laat voorskryf nie. Sy TYD, Sy WIL!

Mari ·

@Jedi Knight,
Lyk vir my ook so. Tydmors.
@Tong in die Kies,
Privaat hospitale gaan nou lyk soos dit by Binnelandsesake kantore lyk.

Martie ·

Ramaphosa vertel ‘n leuen as hy sê die staat subsidieer die med fondse. Hy weet mos dis net mense wat vir die staat werk en gewerk het wie se pensioenfonds dit subsidieer. Dit kom nie van die staat nie,dit kom uit jou eie pensioenfonds. En Gems die staat se med fonds is een van die slegste, betaal net vir generiese medikasie en jy wag tot 6 maande voor hulle jou terugbetaal. Mense wat staatshospitale gebruik het nog altyd gehaltesorg gekry tot die ANC die hospitale en klinieke tot tweede en derde range instansies verlaag het deur hulle lui gesondheid personeel en geen personeel. Die werkers in staatshospitale is treurig en lui en het geen empatie met pasiënte nie, hulle is daar vir die betaling, dit sluit drs, verpleegsters en alle personeel in, tot die skoonmakers.

Chris ·

LOL ….. moenie worrie nie, Afriforum got this !
hul ‘selfstandigheid’ plan en ‘Orania’ is die oplossing …….. onder n idiotiese, korrupte skelm swart meerderheid regering.
Ds eintlik niks anders as FW de Klerk se absurde gedagte van die beskerming van minderhede met n grondwet.
Aafrikaners het n reg op territoriale selfbeskikking, maar daardie woord sal jy nie oor hul lippe sien kom nie. Hoekom?
Dis tyd dat daar n nuwe organisasie totstand kom wat territoriale selfbeskikking met die oog op eksterne selfbeskikking drys as eenigeste prioriteit. Enige iets ander is BS.

Koen ·

@GWS en @Jedi…Miljoene bid vir beter gesondheid sorg. Wat nou? Bid laat die mens wat bid beter voel en sy/haar gewete troos dat hulle darem iets gedoen het. Pleks dat hulle moue oprol en iets prakies doen.

Dana ·

Jedi, bid is NOOIT nutteloos nie. God hoor al ons gebede. Sy tyd is egter nie ons tyd nie. Al verstaan ons nie, het Hy ‘n plan met alles wat gebeur en verwag van ons om net te vertrou op Hom. Ons swaarkry is juis veronderstel om ons nader aan Hom te trek en nie op ons eie vermoeë te vertrou nie.

Aai ·

So wat sal gebeur as ons 14% wat medies het ons medies kanselleer want die staat maak staat op die privaat sektor?

annie ·

Ons bid vir die Vader se wil en hulp, maar ons glo nie wat ons in die Bybel lees nie en doen dit nie, maar volg ons eie kop. En dan móét Hy spring om ons te kom red uit ons selfgeskepte verknorsing.

Aggie ·

Jammer om weer te pla met die bid storie. Ek wil dit net verduidelik wat Vader God se verlossingsplan behels. Hy het Jesus aarde toe gestuur om ons verlossing te kom bewerkstellig. Na Sy werk op aarde volbring is, is hy gekruisig en toe het Jesaja 53 se voorspelling waar geword. Toe het elkeen wat sy/haar lewe in gebed oorgee aan Jesus, erfgename van die hemel geword. Vir die eerste keer is God en mens versoen en het ons nou vrye toegang tot Hom. Hieruit vloei voort dat enigiemand wat nie daardie verlossing aanvaar het nie, verlore is en geen toegang tot God het nie. Dis hoekom ek voorheen hierbo dit duidelik gemaak het dat gebed tot God nutteloos is in so ‘n toestand nie. Alleen geredde mense het daardie toegang tot Vader God.

Adriaan ·

So Dana, dus wat jy se is dat as ons bid vir geregtigheid sal God dit hoor, maar op sy eie tyd dalk gehoor daaraan gee? Volgens my is God almagtig en weet hy wat om te doen, so waarom Hom smeek deur te bid, Hy weet mos reeds wat die regte ding is. So ek stem saam met Jedi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.