Pres. Cyril Ramaphosa is Donderdagmiddag deur lede van die presidensiële beskermingseenheid uit ’n stampvol lesingsaal in Limpopo begelei nadat Covid-19-regulasies nie nagekom is nie en die geleentheid ’n veiligheidsrisiko vir die president ingehou het.
Die ANC-Vroueliga (ANCVL) se Lillian Ngoyi-gedenklesing by die Lebowakgomo-burgersentrum is intussen gekanselleer. Ramaphosa sou na verwagting die gehoor daar toespreek.
Sisi Ntombela, adjunkpresident van die ANCVL en programdirekteur van die lesing, sê talle mense het toegang tot die lokaal verkry sonder dat hulle vir Covid-19-simptome nagegaan is. Sosiale afstand kon nie in die stampvol lesingsaal gehandhaaf word nie en die geleentheid het ’n ernstige veiligheidsrisiko ingehou, berig News24.
“Gegewe die onlangse gebeure wat ons land getref het [die brand by die parlement en die aanval op die Konstitusionele Hof], kan ons nie risiko’s waag met die lewe van die president nie,” het Ntombela gesê.
eNCA berig die ANCVL het intussen om verskoning gevra, maar hou vol die organisasie het nie onverantwoordelik opgetree nie omdat hulle dadelik die geleentheid gestaak het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
31 Kommentare
Wat ‘n grap !!!
Lekker gelag vandag in Mokopane, Limpopo!!! Kompleet gelyk of die brandweerwa al agter Rams se konvooi aanry………
So werk dit maar oral waar die Anc betrokke is, standaard praktyk.
Ugh, soveel twak.
An siestog!