Ramaphosa tevrede met Cele se werk

Cyril Ramaphosa tydens die vraag en antwoordsessie in die parlement. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het tydens ʼn parlementêre vraag-en-antwoordsessie Donderdag dit weer eens duidelik gemaak dat hy geen planne het om van die omstrede minister van polisie ontslae te raak nie.

Met verwysing na die beroerde misdaadstatistieke vir die derde kwartaal van die 2022-’23-boekjaar, het die EFF aan Ramaphosa gevra of hy steeds oortuig is dat minister Bheki Cele, sowel as polisiekommissaris genl. Fannie Masemola, bevoeg is om die regering se stryd teen misdaad te lei.

“Ek is oortuig daarvan dat die minister van polisie, sowel as die nasionale polisiekommissaris bevoeg is om die land se samewerkende benadering tot die bou van ʼn veilige Suid-Afrika te lei,” het Ramaphosa geantwoord.

Hy het daarop gewys dat misdaad nie slegs die “polisie se probleem” is nie, maar ook ʼn maatskaplike probleem, gewortel in ʼn “nalatenskap van uitsluiting en ongelyke ontwikkeling”. “Daarom is maatreëls nodig om aandag te gee aan die maatskaplike en ekonomiese omstandighede wat misdaad aanvuur.”

Hy het verder daarop gewys dat Cele reeds ʼn beduidende bydrae tot die bekamping van misdaad gelewer het, deur onder meer die geïntegreerde misdaad- en geweldvoorkomingstrategie te ontwikkel. Dié plan is reeds ʼn jaar gelede die kabinet aanvaar, maar nog nie in werking gestel nie.

Intussen wys die mees onlangse misdaadstatistieke dat kontakmisdade soos moord steeds toeneem. In sommige gevalle, soos met poging tot moord, het gevalle met tot 24% toegeneem.

Die DA-leier, John Steenhuisen, wou by Ramaphosa weet of hy die afwenteling van polisiemagte oorweeg in die lig van die stygende misdaadsyfer. Die DA is van mening dat misdaad die beste bekamp kan word wanneer die gemeenskap ten volle by die proses ingesluit word.

Die DA-leier John Steenhuizen vra ‘n vraag aan Cyril Ramaphosa in die parlement. (Foto: GCIS)

Die Wes-Kaap, en spesifiek die Stad Kaapstad, vra al geruime tyd vir die afwenteling van polisiemagte na provinsiale en munisipale vlak. Kenners meen dit sal plaaslike veiligheidstrukture beter toerus om misdaad te help bekamp.

Ramaphosa het dit egter weer Donderdag benadruk dat die regering nie hiervoor te vinde is nie.

“Hoewel ek saamstem dat die gemeenskap ʼn belangrike rol in die bekamping van misdaad speel, is ek nie oortuig dat dit alleenlik behaal kan word deur polisiemagte af te wentel nie.”

Hy sê gemeenskappolisiëringsforums (GPF’s) vervul reeds die rol om lede van die gemeenskap betrokke te kry by die bekamping van misdaad. “Tot dusver is gemeenskappolisiëringsforums reeds aktief betrokke by 1 156 polisiestasies landwyd en word die Polisiewet tans gewysig om die funksionering van hierdie forums te versterk, deur die voorsiening van behoorlike hulpbronne.”

Die DA voer aan dat die Grondwet voorsiening maak vir die afwenteling van polisiemagte, maar Ramaphosa stem nie hiermee saam nie:

“Luidens die Grondwet bestaan die veiligheidsdienste van die republiek uit ʼn enkele weermag, ʼn enkele polisiediens en enige intelligensiedienste wat in terme van die Grondwet daargestel is,” het Ramaphosa gesê.

“Hiervolgens moet die nasionale polisiediens gestruktureer word om op nasionale, provinsiale en, waar nodig, plaaslike vlakke van regering te funksioneer. Dit is die nasionale polisiekommissaris se taak om hierdie polisiemag te bestuur en te beheer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Delia ·

My hemel, Cele het meer as n jaar terug n misdaadvoorkominsplan ontwikkel en die Parlement het dit n jaar terug goedgekeur. Niks van dit is in werking gestel. ONS kan dus nog nie enige uitwerking daarvan sien nie.
Hoekom stel jy hom nie aan om jou plaas op te pas nie

Elizabeth ·

Dis duidelik Ramaphosa skrein weg van die waarheid of hy dink nie helder.

Wit Leeu ·

Speknek moet teverede wees met Dofkop Cele, ander sien hy sy gat in KZN waar Dofkop Cele sterk staan. Gaan alles oor die verkiesing. Dink Speknek ons is stupid of wat ?

Joseph ·

Ons stel nie belang in waarmee jy tevrede is nie, jy moet belangstel in waarin ons tevrede is en Cele kom nie die mas op nie. Sien julle by die stemlokale.

Pieter ·

As sy werk te vrede is, wonder ek wat is my werk? (Ek kost 100 keer Cele se salaris dan)

Shakespeare ·

Reguit uit die hel gestuur asook hulle ondersteuners. GOD SLAAP NIE BOETMAN!!!!!

Chris dupreez ·

Jy lieg nou openlik mnr Ramha phala phala, en jy weet dit. Jy moet hom in sy pos hou omdat daar vir jou so gesê word.

Cornrit ·

Ag fooitog. Cele het jou beet, en jy weet dit. Daarom kruip jy gat by hom.

Johann ·

Behalwe n leunaar…gewetenlose leunaar. En dan die geskiedkundige verskoning! SHAME ON YOU!!!!!!!!!

Roedolf Johannes ·

Ramaphosa is bang vir hom,dat hy all sy misdaad planne gaan oopvlek as hy hom afdank.

Casper ·

Ramaphara het reeds bewys dat hy en sy kabinet onbevoeg is om SA te dien maar eerder hulle eie sakke vol te maak Cele is die woord minister nie werd nie

Lillian ·

Jy sal tevrede wees met Cele se werk, julle is mos maar almal in cahoots met mekaar

Harley Davidson ·

Die weskaap moet afstig en onafhanklikheid kry van die piesang Republiek.

Piet ·

Ek hoop dit verduidelik alles. Tensy die president dit moontlik verkeerdelik uitgewys het in die publiek. Hy is hoogs in sy noppies omdat die makker sy deel doen tov self verryking, ek meen, hy doen dit nogal goed, wie kan daarteen stry.

Roebs ·

Regtig Mnr die president tevrede weet jy wat in jou land aangaan?

Wondermaarnet ·

Hy is tevrede met min, maar so beskerm hulle mekaar.

George ·

nou cyril, raak ontslae van jou 13 bodyguards en drywers, dan praat ons weer

Anon ·

So wat weet Cele dat Rhamaphosa net eenvoudig sy naam met ‘n plank bly slaan as almal kan sien Cele is ‘n nuttelose gemors? Tsk tsk tsk Rhamaphosa, aan jou besluite sal jy geken en ontbloot word.

Santjie van Soendal ·

Ramaphosa loop met oogklappe rond, en Baie bang dat die ANC sy mag gaan moet afstaan. Maar steeds doen hy heeltemal te min om my te oortuig van sy bekwaamheid en opregte bedoelings. Die misdaad het nog nooit afgeneem nie en die tempo waarteen aktiewe belastingbetalers die land verlaat, Cele, slaggate economie, mislukte tolpadeinde en ESKOM, beurtkrag, geondheid, ramptoestande, BBEEE is maar enkele redes wat maak dat ek net eenvoudig nie meer angstig k
wil rondkyk nie. Die HERE IS IN BEHEER EN HY BELOWE ; WEES NIE BEVREES of ANGSTIG RONDKYK NIE, EK IS IN BEHEER EN EK is MET JULLE!
DIE EER VAN KONINGS LÊ IN WAT HULLE BEKEND MAAK. DIE EER VAN GOD LÊ IN WAT HY VERBORGE HOU…..”

Linda ·

Jip en ek kan n vliegtuig vlieg as ek so se al het ek nie n lisensie nie.

Nico ·

Cele en Ramahposa kom met allerhande verskonings, het mos lyfwagte wat die belasting betaler betaal, die twee sal nooit sonderhul maatjies rond beweeg nie, die twee weet dat hulle kwesbaar is weereens moet apartheid die blaam dra. Die twee sal nooit erken dat hulle foute maak nie, dit is waar die minderwaardigheid gevoel inkom. Die twee dink hulle is soos Goliat wat onoorwinbaar is, wag, daat sal ‘n Dawid opstaan en hom verwoes.

Nina Uit ·

Mens kan nie kru vloek hier nie né? Vra namens ‘n vriend.

LANA is ELANè ·

Hipokriet, hy kan nie eens sien dat SA in ñ bloedbad ontaard het waarby baie SAPD lede self betrokke is. Onbekwaamheid word altyd in die land waar eenoog regeer beloon.

john ·

Ja al twee onder presteer so natuurlik is die een failure mislukking met die ander mislukking die vereistes is mos nie baaie hoog gestel nie.

ronel ·

Wel as Rampies tevrede is met Cele dan is daar darem twee mense in SA wat tevrede is met Cele se slapgatgeit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.