Ramaphosa toets positief vir Covid

Pres. Cyril Ramaphosa verlede week tydens ‘n besoek aan verskeie Wes-Afrika-lande. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa ontvang behandeling vir matige Covid-19-simptome nadat hy Sondag positief vir die koronavirus getoets het.

Die president het olik begin voel ná die staatsroudiens vir oudpres. FW de Klerk wat hy vroeër die dag in Kaapstad bygewoon het.

Luidens ʼn verklaring van die presidensie is Ramaphosa in goeie luim en sien die weermag se gesondheidsafdeling na hom om.

Ramaphosa is reeds ten volle ingeënt en is tans in self-isolasie in Kaapstad. Hy het al sy verantwoordelikhede vir die volgende week aan adj.pres. David Mabuza oorgegee.

Die president was onlangs op ʼn toer na verskeie lande in Wes-Afrika en hy en die res van die afvaardiging is in elke land vir Covid-19 getoets. Hulle het Woensdag na Suid-Afrika teruggekeer en Ramaphosa het na Johannesburg teruggekeer waar hy weer negatief vir die virus getoets het.

Hy was Sondag in Kaapstad vir De Klerk se begrafnis en volgens die presidensie is alle gesondheidsmaatreëls by die roudiens gevolg.

Ramaphosa sê sy eie infeksie moet as waarskuwing dien vir alle Suid-Afrikaners om hulle te laat inent en waaksaam teen infeksie te bly.

Diegene wat in nabye kontak met die president was, is versoek om hul simptome dop te hou of ʼn Covid-19-toets te laat doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Friedrich ·

Die inent help nie TEEN Covid nie, dit maak dat jy nie ERNSTIG siek word nie.

ES ·

Presies, so almal gaan dit kry, of hulle nou ingeent is of nie. Wens die pro- en anti-vaxxers kan nou net vrede maak. Almal kan (en gaan waarskynlik) die virus kry, ongeag van die inenting.

LIEZL ·

en almal wil so vinnig hoor of jy geent is of nie. En dis nie ‘n inenting nie, net ‘n inspuiting soos ‘n griep inspuiting. Wens almal kan dit verstaan. Griep inspuiting het my erg siek gemaak, ek is nooit weer ingespuit nie en is super gesond, al vir 20jaar plus. Net genade

piet ·

Dis nie heeltemal waar nie. Waterpokkies is ‘n goeie voorbeeld. Heelwat mense kry dit nog nadat hulle ingeent is maar soos met die Covid inentings gewoonlik matig.

piet ·

Werk nie in alle gevalle so nie. Sommige mense staan die volgende oggend op en is dodelik siek en moet onmiddellik opgeneem word. Om die waarheid te se, as jy reeds vir ‘n paar dae redelik siek voel dan het jy dit waarskynlik in ‘n matige graad en is jy in elk geval nie ‘n hospitaalgeval nie. Daar was ook al gevalle waar mense alle maatreels van die begin af getref het toe hulle vir die eerste keer siek begin voel het en selfs etlike dae of weke later opgeneem moes word in ‘n hospitaal.

Mercia ·

En die matige simptome van die miljoene wat níe die spuit gehad het nie, Anke? En díe wat deur 4 vlae sonder ‘n spuit nog geen simptome gehad het nie?

Shakespeare ·

:) :) :) Net ‘n toetsie wat julle dink van Rama. :)

Boekwurm ·

Ja , n persoon kan nogsteeds covid kry al het jy die inenting ontvang, tog is dit darem dan net ligte simptome.

Mercia ·

Daardie ligte simptome geld dan ook vir miljoene wat nog nooit een dag se inspuiting gehad het nie. So wat presies is die punt wat dan nou gemaak probeer word?

Jakes ·

Volgens protokol moes Ramaposa getoets gewees het nadat hy van Wes- Afrika terug gekeer het en volgens protokol moet almal wat die roudiens bygewoon het, nou in isolasie of kwarentyn wees. Ek sal 10 maal dink voordat ek inge_- ent word.

Vonkprop ·

Is hierdie nie nou al die tweede keer dat hy siek word nie? Ek verbeel my reg in die begin was hy ook siek gewees.

ES ·

Nee Marius, dit bewys niks – jy kan nie so ‘n afleiding maak sonder dat daar ordentlike wetenskaplike bewyse gelewer word nie. Al wat dit bewys is dat jy bevestigings vooroordeel het. Dit val in jou mandjie van wat jy glo, so nou moet dit mos so wees.

piet ·

Mercia – ek het waterpokkies en duitse masels gekry nadat ek as kind ingeent was maar in ‘n matige graad. Dan moet jy ook inentings wat ons teen die pokke en masels gekry het as nie inentings beskou nie. Bittermin inentings is 100% effektief met ‘n waarborg dat jy nooit die siekte gaan kry nie. Om die waarheid te se ek weet nie of daai waarborg ooit gegee kan word vir enige inenting nie.

Mercia ·

Ek is teen al daardie siektetoestande ingeënt piet en het dit nooit gekry nie met die natuurlike bonus dat ek nie elke 3 tot 6md vir opvolgspuite moes gaan nie. In my oë en in my ervaring is dit 1000 keer meer as wat van hierdie huidige sogenaamde ” inentings” gesê kan word.

piet ·

Mercia – jy’s gelukkig. Dis redelik algemeen dat mense wat as kinders vir masels en allerhande pokkies ingeent dit wel weer kry in ‘n ligte graad. Volgens jou kan hierdie betrokke inentings dan slegs as inspuitinkies kwalifiseer en nie vaksienes nie. Maar dis reg so dan. Wat jy in gedagte moet hou, is dat Covid ‘n redelike nuwe ding is so generasies van mense kon nog nie die immuniteit oor generasies van blootstelling opbou soos met masels en pokke nie. Die menslike immuniteit word versterk elke keer as jy met die betrokke virusse in aanraking kom.

Mercia ·

Die ding wat in rekening gehou moet word piet is dat hierdie “inenting” van dag een af as enigste wonderkuur, redding en belofte van die terugkeer na “normaal” was. En noudat al hierdie beloftes een na die ander in mekaar stort is daar kwansuis geskoktheid oor die wantroue jeens dit? As jy dink “booster shot 3, 4 ,5……” gaan die skaal weer laat tiep na die anderkant is jy welkom om te probeer. Laat dit asb. net elkeen se keuse bly. Nie een van ons is gereed om die verantwoordelikheid te dra vir die gevolge van die keuses van ander mense wat deur ons op hulle afgedwing word nie. En ja……dit is nog steeds dwang of op die minste afpersing as daar van mense verwag word om te kies tussen inenting en hulle werk.

lodewyk ·

So hy sal seker nie van daai gevalle wees wat aandy dat ingentes ook by Hospitale/Dokters behandel word nie??,Mos net die wat nie ingenet is nie wat behandel moet word??Ek en my familie het die Delta covid gehad en was siek maar het dit gemaak,stel nie belang in die gif nie,gister het een van ons werkers in mekaar gesak,hy het Vrydag sy inenting gekry??Die ambulans is met hom hier weg

Truman Burbank ·

Of dalk n rede vir iemand anders om vir ons die speech te gee met family meeting

Mercia ·

Jy bedoel soos wat miljoene al sonder die “jab” ook net ligte simptome gehad het en ook nóg die wat sonder die “jab” nog glad nie siek was nie?

Belinda ·

Wonder net hoeveel is by die begrafnis van FW aangesteek…

Mercia ·

Daar was gister ‘n artikel dat 43 Amerikaners positief getoets het vir die nuwe variant…..almal ten volle ge”jab” en 6 van daardie nog ge”booster” ook. En as jy die moeite doen om op te lees en jou ore op die grond te hou, dan word dit nie vir jou bloot “onwaar” omdat dit die geloofwaardigheid van die “jabs” bevraagteken nie. Dit maak in elk geval glad nie saak hoeveel keer jy roep
” onwaar! ” Of ” bewyse” nie. Wanneer kinders vroeër jare iets gesoek het maar dit nie kon raaksien nie al lê dit reg voor hulle, het die ou mense altyd gesê: “As dit ‘n slang was, het hy jou gepik”
Feit bly staan jy is geregtig om te glo wat jy wil ten spyte van die inligting wat vorendag kom. Jy is vry. Om te spuit of nie te spuit…..en so hoort dit.

Anton ·

So inenting, masker dra en hande was en sanitize werk nie???

Wonder ·

Wel ek staan my veratom en kyk hoe baie mense by die deur santize ok net een hand skud dit af en loop aan ander sien ek weer haal hull maskers af in die rye om in hull neuse te grou, hoes of nies so ja hande was sanitze maskers WERK NIE… Net vir ons wat ekstra versigtig is maar wat gebeur as jy daai 1 sekond dalk net nie sanitize en jy vat aan jou gesig in gedagte nie…. so ek het my kans gewaag maar met jab want somiges kan nie dink in die winkels nie …

Truman Burbank ·

Dan moes ek dit al honderde maal gehad het. Ek fake daai self help sanitation staions soos n pro. En trek handskoene aan as ek na n winkel gaan waar jy gedwing word.

Johan ·

Verstaan ek nou reg? Al kry jy die JAB, keer dit nie die virus nie, maar help dat jy nie ernstig siek word nie? So jy kan dra, maar nie eers weet nie? Kan nogal maklik versprei word so. Ek het nie gespuit nie, en is ook bang om te spuit. Im still purebred. Ek verkies om eerder by masker, sanitize en social distancing te bly. Hou my eerder op my hoede as om gemaklik te raak..

Johnny ·

Daai ou lappie doen niks. En, as ek so kyk na wat by ingange aangaan, is dit ook net een hand wat Die Virus kan dra. Die ander een hoef nie gesprei te word nie.
Die hele punt is dat al hierdie reëls se sigbare toepassing bloot gaan oor ‘n sigbare nakoming en het niks met die werklike voorkoming te doen nie.

Johan ·

Dis waar ja. So niks werk eintlik nerens nie. Enige iemand kan die virus enige plek kry. Bevestig maar net weereens my standpunt.

Anoniem ·

Goeie vriend van my het vroeg vanjaar Covid gehad, ten volle ingeënt teen die middel van vanjaar en so pas gister weer positief getoets. Gelukkig tot dusver net “erge babalas tipe” simptome.

Elinette ·

OK, hy’s ingeënt, maar kry toe tog COVid-19???? Nou wonder ek maar (weer, soos aan die begin) – IS DIE INENTING DIE MOEITE WERD????????? Ek is self ingeënt (omdat ek geweet het verpligte inenting is met ons in die nabye toekoms), maar nou word daar dan gesê die inenting(s) beskerm mens nie regtig nie en “opvolg dosisse” is wel nodig?

piet ·

Dit beskerm jou regtig teen ergerlike gevalle soos wereldwys bewys. Ek reken dis ‘n voordeel dalk dink ander mense anders.

Wonder ·

Soos dit vor my lyk glo mense net wat hull wil glo daar word nie net een keer verduidelik dat die vaxx jou nie immuun maak teen die virus nie…
Dis soos baie verduidelik is dieselfde met “baba inentings” my kinders het al hull inentings gehad en het nogsteeds waterpokkies en duitse masels gekry… Dan moet die anti-vaxxers teen die inentings van babas ook begin “baklei:…

Pierre ·

Hou maar op om asem te mors, n klomp hardkoppige mense wat net sal glo wat hulle wil als is mos komplotte en propoganda.

gedoriewaar ·

Stoute Kabouter ,!! Waar was U sonder masker en waar het uU nie hande gewas nie en waar het uU partytjie gehou ?!!…. Ek was in suiwer isolasie vanaf bewuswording van Covid (76 en klomp kroniese siektes ) en het nogtans Covid opgedoen in Feb 2021 …

Mercia ·

Oom Kaspaas…..as dit jou beindruk by all means “jab away” Die res van ons wat deur 4 vlae nog glad nie siek was of ligte simptome gehad het is baie beindruk deur ons natuurlike immuniteit.

Di ·

As hy by FW se begrafnis aangesteek het Sondag sal simptome nie SO vinnig wys nie – Vat tot 14dae voordat jy die simptome kry nie 2 dae nie. Hy moes dit opgetel het toe hy Wes-Afrika besoek het. Die toets was dalk nie reg toe hy terug gekom het daarvan af nie. Almal by die roudiens sal nou onder kwarantyn moet gaan want Cyril moes reeds positief gewees het toe hy dit bygewoon het

Pierre ·

Bwahahahahahahaha en weer eens Bwahahahahahahaa, so mostert na die maal

jeff ·

Watse varieteit is hy daarmee besmet? Is dit die Omicron of die Delta? Ek is sommer nuuskeurig.

Frik ·

Hoekom moet mense die inspuiting kry as jy in elk geval covid kry?
Jou eie immuunstelsel werk dan mos baie beter!

Anthony ·

Ek moet eers aanhaal “ Ramaphosa sê sy eie infeksie moet as waarskuwing dien vir alle Suid-Afrikaners om hulle te laat inent en waaksaam teen infeksie te bly.” Ek neem aan Hy was eerste in ge-ent en al seker 3-jabs gehad. Die waarskuwing moet so lui dat inge-ent of nie, jy kan die virus kry. Almal moet die ernstige reels van Covid navolg dan sal ons ELKEEN veilig wees. Dit is daar waar die reels verontagsaam word (ongedisiplineerde mense), dat dinge skeef loop. Kom ons ELKEEN pas reels toe , dan is ons veilig . Maar nie ELKEEN is nie – dus die President se waarskuwing – MAAR DIT IS NIE DIE OPLOSSING NIE. Kyk na die wereld en sekere samelewings / lande, dan sal ons verstaan. Ons probeer n pleister op die probleem dit iv om die probleem op te los met die wat die reels verontagsaam.

Shakespeare ·

Ek moes nooit vir Rama sterkte toegewens het nie. Kyk nou net, ek het ‘n minus 12. :) :) :) Shame ou Rampies. Die mensa laaik jou neks. :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.