Ramaphosa tree vir Zuma in die bres

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het tans nie ʼn goeie verhouding met die parlement nie weens lede van opposisiepartye se gedrag, het adjunkpresident Cyril Ramaphosa gesê.

Die DA het intussen gesê dit is onaanvaarbaar dat Zuma weier om in die Nasionale Vergadering te verskyn. “Hy kruip weg agter die verskoning dat die parlement ʼn te vyandige omgewing vir hom is,” het Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, gesê.

Maimane het Ramaphosa Woensdag versoek om te sê wanneer Zuma weer in die Nasionale Vergaderings sal verskyn om LP’s van opposisiepartye se vrae te beantwoord. “Ek soek graag ʼn verbintenis. Wanneer gaan president Jacob Zuma voor die Nasionale Vergadering verskyn?”

Ramaphosa het gesê Zuma het “groot respek” vir die Nasionale Vergadering. Hy het gesê die verhouding tussen uitvoerende gesag en die parlement is verskans in die grondwet en dit moet op reëls gebaseer word. “Maar tans is die verhouding nie so goed as wat ons dit sou wou hê nie. En dit is presies wat ek wil aanspreek met die leier van die politieke partye. Dit raak baie moeilik wanneer daar ʼn getjank en geskreeu is om ʼn redelike verhouding te hê.”

Ramaphosa het gesê ʼn goeie verhouding verg ʼn bevorderlike omgewing. “So lank as wat dié soort gedrag van die lede van opposisiepartye voortduur, gaan daar nie ’n goeie verhouding tussen die parlement en die uitvoerende gesag wees nie,” het hy gesê.

Maimane het in ʼn verklaring gesê Zuma en die uitvoerende gesag kan nie kies watter grondwetlike verpligtinge hulle wil nakom nie. “Die president kan hardloop maar hy kan nie vir altyd wegkruip nie. Die DA sal alles moontlik doen om te verseker dat die president voldoen aan sy grondwetlike verpligtinge.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Etienne ·

Wat ‘n pot snert!! Het Zumpie nie al êrens gedooi nie en cancer beskerm dit…. Klink vir my net na ‘n smokescreen om aandag te probeer weglei. Ek is seker dat as ek wegbly van my maatskappy dat hul nie sulke stupid verskonings gaan aanvaar nie! En dat ek sonder job sal sit kort voor lank.
Zuma jy wou jouself weer beskikbaar stel, so dis tyd dat jy soos ‘n volwassene optree en vat jou pak soos ‘n man!

Griet ·

Hoe vat jy jou pak soos ‘n MAN as jy ‘n muis is ……. ?

Griet ·

Die verhouding tussen “die uitvoerende gesag” en die Parlement is versuur deur die “uitvoerende gesag” se onvermoeë om soos die LEIER op te tree wat die “uitvoerende gesag ” veronderstel is om te wees!! Die gebrek aan leierskap van die “uitvoerende gesag” is besig om die hele land in die drein af te spoel, maar die “uitvoerende gesag” is “marching to his own drum” – soos oorle’ Nero viool getokkel het terwyl Rome om hom tot as verbrand…….

jjobson ·

Zumpie hou hom slap soos i pas gebore baba – hy omseil vrae-i useless leader.

jjobson ·

Zumpie is i ZERO – hy reis die wereld vol om SA in die koolig te hou, maar die wereld leiers weet van die swaarkry in die donker SA.

scalla ·

As jy jou uitgee vir n toffie, gaan jy gelek word!!!!!!!!!

CAV ·

Ek wonder of hulle nie al “moeg” raak om JZ elke keer so te beskerm vir al die gemors wat hy veroorsaak en kwyt raak nie. Ek dink dit is waarom manne soos Ronnie Kasrils nie vir JZ wou stem nie

jakoos ·

Sover ek onthou het hy voor hierdie vieslike gedrag van die Malemas wat nou so sterk deur die DA – en selfs die VF+ – gesteun word – nie probleme gehad om vrae in die parlement te antwoord nie.

Ek dink ook nie hy hoef in die Parlement te gaan staan aleer daar duidelikheid is oor hoe teen die Malemas opgetree gaan word en of hulle hul beter sal gedra in die toekoms.

Of het die DA dalk planne om dieselfde met Zuma te doen as hy weer daar kom? Lyk so. Hulle het gesien dit bring lekker publisiteit – en groter steun vir Malema onder sekere elemente.

Anita ·

Raak die stoel bietjie warm zumie?

Jou baba (malema) het groot geword, en as babas groot word kry hulle tande…………

Anita ·

Raak die stoel bietjie warm zumie?

Jou baba (malema) het groot geword, en as babas groot word kry hulle tande…………

jjobson ·

Anita jys reg- Zumpie raak nou verneder deur sy vet baba malema- Zumpie het nie eens skaduwee nie, wats verkeerd,is dit van UIT EET- SY SOORT IS VEELDOELIG en Uitgevr**t.

HEVW ·

Meneer Ramaphosa, jy weet tog. Jy sien tog waarheen alles op pad is. Waarom handel jy teen jou beterwete in. Skep asb n nuwe bedeling wat met verantwoordelikheid die land kan regeer. Ja dit sal miljarde kos om die verval te herstel.SA sal vir geslagte lank in die skuld gedompel wees. Ja ons sug, hierdie omdraai sal onmoontlik wees. Maar kom laat ons probeer.

Drieks ·

HEVW, ek stem. Ons het nie nog 20 jaar nie. Asseblief nie. Die mense betaal die prys en kry nie werk nie. Alles ANC se dom besluite.

Pieter ·

Wanneer JZ baie aande by die huis kom en vra hoe sy dag was, sê hy (soos die Hollanders sê) :
“Dit was ‘n rotdag, vrou. ‘t ging niet so best. Ik werd in het parlement ook nog gepest.!” Huuuuuuuuuu, huil hy dan sy groot trane op haar boesem. Arreme man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.