Ramaphosa uitgejou deur mynwerkers

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Twitter / @MYANC)

Pres. Cyril Ramaphosa is Sondag deur mynwerkers by ʼn Werkersdagviering by die Royal Bafokeng-stadion in Phokeng, Noordwes, uitgejou toe hy ʼn toespraak probeer lewer het.

Die werkers van die Sibanye-Stillwater-mynmaatskappy het plakkate omhoog gehou waarin hulle ’n salarisverhoging eis, terwyl hulle “Cyril moet gaan” gesing het. Van dié werkers is lede van die vakbonde NUM, Amcu en Nehawu.

Die polisie het die skare van die verhoog weggehou terwyl Ramaphosa sy toespraak probeer lewer het. Van die werkers het gebalde vuiste in die lug gehou of handgebare gemaak terwyl hulle Ramaphosa uitgejou het.

Ramaphosa is vinnig deur die polisie en sy sekerheidspersoneel van die stadion weggelei.

Die ontwrigting het eindelik daartoe gelei dat die viering gekanselleer is.

Mynwerkers staak dikwels vir hoër lone en kla van uitbuiting deur groot firmas.

Die mynbousektor, wat besig is om agteruit te gaan, maak steeds 8% van die nasionale ekonomie uit en het 450 000 mense in diens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Strandloper

Waaaaat? Gaan our people se oë oop?

Pieter

Nie meer so populer onder “our people” nie ne, CR . Kry vir jou . Hulle sien jy lewe lekker ,en hulle moet veg om te oorleef. They are coming for you

Jubba

Viva anc viva!

casper

Lekker man — Lekker !!!

Nie Verbaas

En dit Cyril is wat jy kry deur vals beloftes, swak dienslewering en korrupsie. Dit begin jou uiteindelik inhaal. Lekker as jy nie meer gewild is nie nê? Lieg nog vir die mense.