Ramaphosa: Uitroei van korrupsie, staatskaping is sleutel tot werkskepping

President Cyril Ramaphosa
(Oktober 2018) Foto: Kopano Tlape/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag gesê sy regering is vasbeslote om korrupsie wat die staat en sy instellings kaap ʼn nekslag toe te dien, aangesien dit een van die grootste hindernisse is vir belegging en werkskepping in Suid-Afrika.

“Een van die grootste hindernisse vir belegging, groei en werkskepping is korrupsie binne alle sfere van die regering, ondernemings in staatsbesit en maatskappye. Ons is vasbeslote as regering om die werk wat ons reeds begin het om ʼn einde te bring aan staatskaping te verskerp en om korrupsie uit te roei waar ook al dit gebeur en diegene wat verantwoordelik is aan die pen te laat ry,” het Ramaphosa tydens ʼn werkberaad in Midrand gesê.

“Die sosiale vennote [met inkorporering van die sakebedryf en georganiseerde arbeid] het ingestem om die regering se teenkorrupsie-strategie te ondersteun en om hul eie aanvullende strategieë te ontwikkel. Die sakesektor is daartoe verbind om nie enige vorm van korrupsie te duld nie en sal verskeie inisiatiewe begin om opleiding te ontwikkel wat korrupsie kan bekamp.”

Volgens Ramaphosa het die regering se sosiale vennote ingestem daar is ʼn behoefte vir alle relevante regeringsamptenare om finansiële openbaarmakings te doen en dat leefstyloudits gedoen word.

“Deur hierdie werkberaad het die regering, arbeidsektor, sakesektor en gemeenskapsektor saamgestem dat daar konkrete ingrypings nodig is om indiensneming ʼn hupstoot te gee. Ons beraam dat hierdie ingrypings ʼn bykomende 275 000 direkte werksgeleenthede per jaar sal skep,” het Ramaphosa gesê.

“Dit sal bo en behalwe die werksgeleenthede wees wat geskep sal word sonder hierdie ingrypings, wat gemiddeld ongeveer 300 000 per jaar oor die afgelope vier jaar was. Hierdie werkberaad-ooreenkoms is aanvullend tot ander inisiatiewe om werk te skep. Bykomend tot dit waartoe ooreengekom is tussen sosiale vennote onder die vaandel van Nedlac, is verskeie maatskappye – individueel of saam met ander – besig om te werk aan planne om nuwe werksgeleenthede te skep en uit te brei.”

Ramaphosa sê dié maatskappye het self inisiatief geneem omdat hulle verstaan dat volhoubare werkskepping voordelig is vir hul ondernemings, die gemeenskappe waar hulle geleë is en die gemeenskap in geheel.

“Hulle verstaan werkskepping is deel van ʼn deugsame kringloop. Beter indiensneming lei tot ʼn groter vraag na goedere en dienste, wat gevestigde maatskappye in staat stel om uit te brei en nuwes op die been laat kom, wat weer meer werksgeleenthede skep en weer lei tot ʼn groter vraag na goedere en dienste,” sê Ramaphosa.

Hy het gesê die raamwerkooreenkoms wat sal spruit uit die Midrand-beraad sal ook ʼn aansienlike bykomende hupstoot gee vir die implementering van die ekonomiese stimulus- en herstelprogram wat die regering twee weke gelede aangekondig het.

“Die plan sluit ʼn reeks onmiddellike maatreëls in om die ekonomie te herstel om te groei, om beleggersvertroue te verbeter en om ʼn platform te skep vir groter werkskepping,” het Ramaphosa gesê.

Volgens Ramaphosa sal die regering as deel van die plan:

  • groeiverbeterende ekonomiese hervormings implementeer,
  • openbare besteding herprioritiseer om werkskepping te ondersteun,
  • ʼn infrastruktuurfonds op die been bring,
  • aandag gee aan dringende behoeftes in onderwys en gesondheid en
  • belê in munisipale maatskaplike infrastruktuurverbetering.

Die president het gesê uit ervaring betrek infrastruktuurontwikkeling werklose mense vinnig by ekonomiese aktiwiteite.

Ramaphosa het gesê deur middel van spesifieke ekonomiese hervormings sal die regering geleenthede ontsluit in sektore van die ekonomie wat groot potensiaal vir groei het. Hierdie sektore sluit in mynbou, olie en gas, toerisme en telekommunikasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Se hy wat hoeveel besighede in SA gekaap het met sy BBBEE direkteurskap. Skeinheilig en bespotlik.

Ramapaddapot ·

Te laat – julle is so verrot – daar is nie meer medisyne nie – baie van die verrottes sit nog steeds in die parlement – begin by jouself eerste ramapadapot. Jy is die voorbeeld – en die ander volg – wat se dit vir jou?

Hartseer ·

Baie bly vir die goeie vooruitsig wat die regering het. Net jammer hul neem nie die lewens koste wat so gerieflikheids onthalwe elke nou en dan verhoog word in ag en laat ook nie die mense wat verantwoordelik was vir al die staatskapings aan die pen ry en die geld dus so terug kry nie. Dus hoekom meeste maatskappye hul deure moet sluit of nie eers belang stel om mense meer aan te stel nie.

Aster ·

Practice what you preach! Begin by jouself, jou party, jou regering.

Hansmyt.eeiskoud ·

Dis jou en die ANC se skuld. Julle nasm is korrupsie! Gaan praat twak op ‘n ander plek!

waarheid ·

Wanneer gaan malema ophou regeer? Wanneer gaan jy jou groot mond oopmaak en bevestig dat dat plaasmoorde is – leuenaar? Se dit vir ons? Daar is jou eerste en grootste probleem of is jy blind van haat vir die wittes? Ons is mos nie your peoples nie- maar ons is goed genoeg om ons grond te vat en vermoor te word.
Sorry ou – hou verby – ons het respek vir jou verloor.

Leuenaar ·

Jy se dit seker vir Amerika – kan nie vir ons wees nie?
Hier is dan nie plaasmoorde nie leuenaar en malema regeer die land .
So wat jy se beteken niks want ons kan dit nie glo nie.

alida ·

Begin sommer nou om al die skelm korrupte amptenare af te dank en maak jou huis skoon. Dan eers kan jy ‘n skoon blaaitjie omslaan en jouself bewys. Ek kan aan baie maniere dink om werk te skep. Hoekom gaan die spul nie tronktoe soos al die ander misdadigers nie? Dit is miljarde wat vermors word op salarisse.

Arak ·

Die regering se doel is nie om werk te skep nie. Dit is wel om die toestande te skep dat maatskappye die werk kan skep. Al die poste wat die regering gaan “skep” is net in die staatsdiens en dra weinig by tot die groei van die land. Tyd dat die regering drasties verklein en belastings verminder. Sny ook klomp van die burokratiese snert wat nodig is om maatskappy te bedryf en die werk sal kom. Maar nou ja, die kanse dat dit sal gebeur is ongelukkig tans ongelooflik klein.

Vryheid ·

CR en sy party het n beter kans om swanger te word as om korrupsie te stop. Dit is dan hulself wat gestop moet word!

Bertus ·

Die ANC regering het ‘n wanbegrip van wat ‘n regering se taak is.

Willem ·

Korrupsie en jul ideologie. Al wen julle oor die lang termy korrupsie, sal julle nooit van die ander een ontslae kan raak nie.

Casper Labuschagne ·

Jy kan nie derduisende klein besighede en familie ondernemings laat ondergaan deur gebrekkige ekonomiese beleid en dan verwag dat die ekonomie ‘n masjien is waar as jy een kraan toedraai en ‘n ander hefboom optrek daar magies nuwe werksgeleenthede sal ontstaan nie.

RM ·

Stupid is as stupid does. Members in the ANC are going to remove this guy, he is completely useless and an international liability garnering the wrong sort of attention.

Spike ·

Voor julle nie misdaad hokslaan nie is dit ñ verlore stryd, maar dis nie moontlik in sa nie. Als begin by waardes.

Pieter ·

Ja Carel ek het ook al lankal besef hy is ‘n “smooth talker”. Ek glo niks wat by sy mond uitkom nie.

ZENO ·

Ai! CR, die man praat met homself. Hy dink daar is mense buite wat stupid is om hom te glo,net `n klomp twak.

alida ·

CR het nou self in die pot kokende water geval deur sy gelieg en mooipraatjies. Niks wat hy nou doen kan die gesproke woorde uitwis nie. Hy het dit gesê en moet nou maar self uit die pot klim. Dit gaan moeilik wees maar soos altyd is sy woorde verkeerd verstaan. Ou storie. Hy ken nie die spreekwoord van “grou ‘n gat vir iemand anders en val self daarin nie”.

Leuenaar ·

Hierdie leuenaar is aandadig aan elke plaasmoord wat nou gaan plaasvind – want hy het vir die wereld uitbasium dat dit nie bestaan nie.
Hy het dus vandat hy daardie leuen versprei het – bloed op sy hande.

weet nie ·

Ek wonder wie gaan iemand werk gee want ek gaan nie ek gee ook glad nie meer geld vir bedelaars nie ek het ongelukkig hard geword as jy iets wil he werk vir DIT SOOS EK WERK VIR DIT .Die tyd vir gee is verby

RM ·

SELFSUGTIGE MAN

Egoïstisch
Self-geabsorbeer
Self-gesentreerde

Tyd vir ‘n nuwe boek.

anoniem ·

Hoekom word daar geen melding gemaak dat hulle van voorneme is om die staatsdiens pensioen fonds te ROOF om hierdie werk skepping projekte te finansier. Die unies was juis aanboord gebring om hierdie plannetjies deurgevoer te kry.

James ·

Jy CR is maar net n puppet vir ander wat alles besluit. As hulle klaar is met jou spoeg hulle jou ook uit. Maar raai wat…. leiers word erger gejudge by God. Julle tyd sal kom…

Chris Ws ·

Die president praat van werkskepping maar sonder dat hy die unies se tande eers trek gaan hy niks reg kry nie.Mense sal skaars in ‘n werk wees dan dwing die unies hulle om te staak “vir hoer lone” wat daai maatskappy of firma nie kan bekostig nie en dan verloor mense weer hul werk.Talk is cheap “meneer” die president!

Siener van Melbourne ·

Een van die belangrikste dade van korrupsie is die miskenning van die feit dat plaasmoorde plaasvind Mr Rampokker. n Vis vrot van sy kop af, het een van my base my destyds geleer. Hy was reg.

Heather ·

Jammer dat ek nie saamstem nie CR, julle skep net werk vir julle nasie en die wittes word eenkant toe gegooi. My seun al 5 maande sonder werk, het al die nodige sertifikate, ondervinding, hy is net dood eenvoudig geretrench, sodat “ander” sy pos kan kry. Watch this space in 5 years time! Suid–Afrika gaan net so n arm land word soos al ons ander buurstate waar julle regeer. En sit al klaar in n penarie met petrolpryse en alles wat darmee saamgaan wat net styg en styg en styg. Soo bly my kinders emigreer na n ander land toe sodat daar n toekoms vir hukl kinders is!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.