Ramaphosa-uitsprake skep ‘wrywing’

Dr. Pieter Groenewald. (Foto: VF Plus)

“Daar is ʼn grondwetlike plig op die president van Suid-Afrika om nasiebou te bevorder en dit is daarom onaanvaarbaar dat die uitlatings van pres. Cyril Ramaphosa tydens die afskop van die ANC se veldtog teen rassisme, eerder onnodige wrywing kan veroorsaak.”

So het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gereageer op Ramaphosa se uitlatings die afgelope naweek.

Ramaphosa het onder meer die dood van George Floyd, die swart Amerikaner wat onder die knie van ʼn wit polisiebeampte gesterf het, veroordeel. Floyd se dood het tot groot rassespanning en grootskaalse oproer in Minneapolis gelei en het sedertdien oorgespoel tot landwye betogings. Sy dood is wêreldwyd en ook in Suid-Afrika betreur.

Ramaphosa het die naweek gesê 26 jaar ná die aanvang van ʼn demokratiese bestel is rykdom steeds in die hande van ʼn paar wit mense en dat die armes en werkloses steeds oorwegend swart is. Ramaphosa het gesê apartheid is dalk verby, maar die nalatenskap daarvan duur voort.

“Dit is die gevoel van ʼn natuurlike orde van dinge wat wit Suid-Afrikaners rassistiese uitbarstings laat maak, wat wit Suid-Afrikaners laat dink hulle het die reg om swart mense ape te noem en swart mense in ons land as karikature van diere te laat uitbeeld,” het hy gesê.

Groenewald sê wanneer die president van ʼn land net van sekere, uitsonderlike voorvalle ʼn ophef maak – soos Floyd se dood in die VSA – maar oor ander gruweldade soos plaasmoorde swyg, sal hy nie nasiebou bevorder nie.

“Die dood plaaslik van Collins Khosa in April vanjaar nadat hy aangerand is deur lede van die weermag en metro-polisie, is ʼn verdere voorbeeld hiervan,” sê Groenewald.

Ramaphosa het wél na Khosa se dood verwys en gesê hy betreur dié voorval, asook ander voorvalle waar mense glo weens die optrede van Suid-Afrika se veiligheidsmagte dood is.

Khosa, ʼn inwoner van Alexandra in Gauteng, is dood nadat soldate sy erf binnegekom en hom glo erg aangerand het. Hy is daarvan beskuldig dat hy die afsonderingsregulasies oortree het.

Groenewald sê dit is bekend hoe Ramaphosa in antwoord op ʼn twiet van pres. Donald Trump van Amerika lank moorde op wit boere in Suid-Afrika ontken het en eers toegegee het dit vind plaas nadat die VF Plus in November 2018 groot druk in die parlement tydens vraetyd op hom geplaas het.

“In enige samelewing is daar altyd ekstremiste onder alle bevolkingsgroepe en dit is juis die verantwoordelikheid van politieke leiers en veral van ʼn president om daarteen te waak om enkele gevalle nie te veralgemeen as die denke van alle mense van ʼn sekere bevolkingsgroep nie.

In ʼn land soos Suid-Afrika met sy diverse bevolkingsamestelling moet die president alle vorms van rassisme, van swart en van wit, veroordeel.  Alle mense se lewe is belangrik. Dit is die grondwetlike en morele plig van ʼn president om dit te erken en te bevorder.”

Ook op sosialemediaplatforms het mense na Ramaphosa teruggekap. Een gebruiker het gesê Ramaphosa pak die skuld vir sy eie tekortkominge op ʼn minderheidsgroep terwyl mense sterf weens ʼn vals voorstelling wat haat aanblaas.

Nóg ʼn gebruiker het die president se opmerkings as “verregaande” en “rassisties” bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Althes ·

Ek veroordeel sy rassistiese uitsprake ook ten sterkste. Hy moet ñ nasiebouer wees, nie verdeeldheid aanblaas nie. En dank die Vader Khosa was nie dood aan die hand van ñ wit weermaglid nie. Dan is daardie rassedeuntjie getokkel totdat die snaar breek.
Wat van wit mense wat vermoor word deur swart mense? White lifes matter too!
Maar danksy ons politici word ons gemartel en vermoor agv hul uitsprake.

Willie ·

Kan iemand vir die president en sy volgelinge sê hoekom daardie amerikaner dood is. Hy moes iets gedoen het. ‘n Saak het altyd twee kante.

Gemaskerde Sopbeen ·

O hulle weet maar dis gerieflike slaansak om agter die nuutste gier aan te praat en op te hef.

Nie Verbaas ·

En so verloor ons ANC dag na dag respek. Nog nie een plunderaar van staat se koffers agter tralies nie. ANC gee ook nie veel om vir sy ondersteuner op straat nie. Hulle is juis arm oor ANC maar dan wil die nie verantwoordelikheid vat nie. Siestog, altyd witman se fout.

Ronel ·

Saterdag is witman vermoor met Panga in Midlands van KZN en daar was ook n ander Panga moord verlede week almal wit mense deur swartes. Hulle kan selfsorg net moor.
Nou word Ramaphosa ook rassisties. Veroordeel sy optrede en uitspraak ten sterkste.!!!

Hennerik ·

Ons president stel min belang in nasie bou. Vir hom gaan dit oor die onmoontlike bou van een deel van die bevolking deur die afbreek van ‘n ander. Dit kan nie werk nie en sal net bydra tot groter gapings tussen bevolkingsgroepe en erge rassespanning. Om swart kleertjies te dra om ‘n kriminele karakter in die buiteland te vereer, is so snaaks soos ‘n nar met ‘n bebloede swaard. Daar word duidelik gepoog om aandag van die werklike probleme in ons land te verdoessel. Ek sê mos, as jy vlieë in die kombuis het, sit ‘n emmer mis in die sitkamer.

Adam ·

Ramaphosa wys elke dag opnuut dat sy voete van klei is. Ek kan ook vir hom die name van ryk manne in SA gee nl. Motsepe, Ramaphosa en Sexwale en glo my vry, nie een van hulle het al hul rykdom verdien nie. Enige persoon wat in SA woon en glo dat Ramaphosa nasiebou hoog op sy agenda geplaas het, glo waarskynlik ook in Kersvader. In SA, al is ek ‘n optimis, is daar geen ander manier as om te erken dat “leef” nou opsy gestaan het vir “oorleef” nie. Dit is bloot die realiteit waarmee burgers van alle rasse tans gekonfronteer word, uitgesonder ‘n klompie bevoorregtes.

Jack ·

Ek het net een land waarin ek kan lewe en sterwe en dit is my land Suid Afrika. Dit is so dat ons as Afrikaners nou benadeel word en dat ons daarteen in opstand kom. Dit is bloot menslik om so te wees en so ook het die swart mense oor dieselfde rede in opstand gekom. Ek weet ook dat ons baie keer goed kwytraak wat nie in ons beste belang is nie en dat ons met daardie optrede die wit bevolking en spesifiek die Afrikaners insleep en die dan lei tot die kommentaar soos deur ons president. Ek stem nie saam met sy uitlatings nie en hy help dus om daardeur n muur tussen die swart en wit mense te bou. Dit is teenstrydig met die rol wat hy moet speel in die nasiebou arena. Ons moet ons weerhou van kwaadstook al voel ons geregtig om dit te doen en liewers stil bly of n positiewe bydrae maak. Kom on steun die president in sy moeilike taak om iets vir die land te bereik al hou ons nie daarvan nie.

Termiet ·

Wil jy he ons moet maar net stilbly en jammer se tot in lengte van dae? Ons het nou lank genoeg albei ons wange gedraai. Steun hom as jy wil, maar moet nie ander se denkwyse vir hulle probeer bepaal nie.

Pitbul ·

@ Jack, ek stem glad nie saam met jou stelling nie. Soos bogenoemde wil jy nou he ons moet net agter oor sit en gods water oor Gods akker laat loop. Nee wat!!

Raadslid ·

Selfbeskikking moet nou meer as ooit die top prioriteit wees.

Levinson ·

Met elke Afrikaner wat vasklou aan materiële dinge en nie bereid is om selfs in tente oor te begin nie, sal dit maar altyd net ‘n besprekingspunt wees. Na my mening is Afrikaners maar ook soos ons regering meer bek as binnegoed. Ons het nie een enkele werwel van die ruggraat van ons voorouers in ons nie. Daar is ‘n baie bekende gesegde wat sê as jy staan vir niks sal jy val vir alles. Aan al die bouers wat so hard bou aan privaatinstellings, dink julle regtig dit sal ongerep bly staan wanneer onteiening ensovoorts volstoom ingestel word. En Orania is nie baie strategies geleë nie,so moet nie te veel daaraan aandag gee nie. Ons het ‘n kusgebied nodig, selfs die dorre Weskus sal goed wees. As VAE kan bestaan in ‘n woestyn, wat kan Afrikaners nie als vermag nie. Sê maar net!

Martie ·

Wat van daai seuntjie van 4 wat 14 keer gesteek is ???? Hys nie wit nie?? Wat van hom president. Hoekom soek julle nie daai ouense en brand hulle nie. Dis makliker om die wittes te veroordeel ne.

Jacobus ·

Het dié man dan geen skaamte. Om te lieg in die gesig van feite verg ‘n spesiale graad van gebroke verstand. Cde Cyril wie se knie is op jou keel? Met ‘n bank vol onverdiende geld moét dit druk van elders wees. Dit wil vir lyk of julle graad van verwoesting en die resulteerende dikvellige veggees van die minderheid maak jou en jou toutjietrekkende rooi meesters desperaat. Passop die meeste kalm mense het grense.

Althes ·

Ek wil graag mnr Ramaphosa, ANC en EFF uitnooi om die res van Afrika te gaan besigtig waar mense in shanties en plakkerskampe bly. Daar was nie apartheid in daardie lande nie.

Ria ·

My respek vir CR en sy regering daal daagliks met groot spronge. Hy is net ‘n pion van die ANC en moet doen wat hulle sê om sy pos en sy status te behou. Betreurenswaardig

david ·

Cyril..ek nooi jou uit–nee ek daag jou uit om te kom kyk in watse kastele en in watse motors ry die swartmense rond hier waar ek woon….die grootste persentasie wat hier woon is SWART Cyril….en dit wemel van die Porsches, Mercs en BMW’s…..en self ‘n Ferrari of twee en ja ‘n Maserati ook..!
Vertel ons van jou 24 miljoen rand Buffel op jou plaas…en jou swaer wat helfte van die Bloubul rugby unie besit, en ou Tokio Sexwale se duur motors….
Ek het nog altyd gewonder hoe dit moontlik is dat Swart mense 25 jaar na Apartheid so ryk kan word
en jy het die CHEEK om te vertel van die rykdom in witmense se hande—-doen ons ‘n guns Cyril en vra vir Tito om ondersoek te doen oor hoeveel Porsches was geregistreer in 1994 ……En Cyril, terwyl ou Tito so soek, vertel net vir ons wat is die belasting bydrae van Swartmense …seblief…
Eintlik nader aan die waarheid–en meer volledig : die belasting bydrae van Swart Mense sedert 1960?

Willem ·

Kan die president asb kyk na sy ministets wat so lieg. 48uur is verby en steeds geen UIF aan mense uitbetaal. Los die Amerikaners en doen dinge in jou land

Leeuwyfie ·

Dit is nie wrywing wat dit skep nie dit skep absolute verdeeldheid. Dis juis die punt. Wanneer die mense met mekaar baklei, baklei hulle nie met die regering nie. Dis ‘n siek speletjie wat die regering speel en hul moet aangekla word.

Alida ·

Snaaks dat hy die miljoene wat ryk witmense skenk aanvaar. Hoekom wys hy dit nie van die hand nie. Die Ruperts en Oppeheimers se geld is aanvaar. Gee dit terug ASB!!!!!

Kalla ·

Hulle is die meerderheidsgroep met elk ‘n string kleintjies. Verduidelik dit dan nie alles nie? “Armes en werkloses steeds oorwegend swart is”.

Johan D ·

Ek was briesend kwaad en het ʼn ellelange brief geskryf wat ek op die ou end nie geplaas het nie! Ek het hom goed vertel hoeveel hoop mense op hom geplaas het en dat hy almal faal met sy rassistiese en ongegronde aanvalle op wittes. Hy het die vermetelheid om wittes in die ekonomie aan te val, waar is die ander of het hy en sy familie eers vir hulself gesorg? Hy praat van akademici wat nie bevorder word nie, ek dink hy vat kanse! Na 26jr blameer hy nog die wittes maar noudat skole byvoorbeeld weer moet oopmaak word die anc ontbloot deurdat daar groot hoeveelhede skole nie lopende water het nie of nog put toilette het en dan gebruik hy weerligafleiers.
Ek dink dit is baie swak van ʼn president van ʼn sogenaamde demokrasie!

daniel ·

Moet wittes dan alles waarvoor hulle hard gewerk het sonder om elke dag te staak en te protesteer, netso aan die ANC te gee?.

Jakes ·

CR se gekerm en gekyf oor rassisme is al holrug gery. Gister het Malema n skelwoord gebruik om die president te bskryf en vir die eerste keer ooit stem ek saam met Julius. Kan CR dalk vir die swartmense in SA vertel of hy al n geldelike bydrae aan swart behoeftige mense gemaak het uit sy miljoene wat hy besit? Die president is skynheilig en ons alml weet dat hy en sy voorgangers die afgelope 26 jaar SA oor die afgrond regeer het. Ek sal dus enige uitsprake wat hy maak aflag as snert en mense met n redelike IK sal saam met my stem.

Sonneblomkind ·

Nou vra ek jou met trane in my navy blou oe….Daar word daagliks blankes deur nie blankes vermoor op plase en dit word nie nuus nie en word nie geag as Rasisme nie… Die tafel het gedraai.. Hul tree nou rasisties teenoor ons op…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.