Ramaphosa ‘vaag, ontwykend’ oor hulp aan boere

(Argieffoto: Chris van Beljon)

Vrae van die VF Plus aan pres. Cyril Ramaphosa oor daadwerklike en onmiddellike hulp aan boere, soos tariefbeskerming, het ʼn vae en ontwykende antwoord ontlok wat geen vertroue inboesem oor die regering se begrip vir die erns van die krisis waarin landbouers verkeer nie.

Dít volgens Wouter Wessels, die VF Plus se woordvoerder oor finansies, wat gesê het die party het dié vraag gevra aan die hand van die ekonomiese groeiplan van die minister van finansies, Tito Mboweni, waarin die landbousektor geïdentifiseer word as ʼn prioriteit vir arbeidintensiewe ekonomiese groei.

“Die vraag aan die president was of hy te midde van die heersende droogte, hoë insetkoste en die toenemende werklikheid van bankrotskap onder kommersiële boere, tariefbeskerming sal oorweeg as daadwerklike hulp om landbou te ondersteun. Die tyd het aangebreek vir ʼn mate van tariefbeskerming op sekere ingevoerde landbouprodukte,” het Wessels gesê.

“Die president het ontwykend geantwoord en slegs gesê die regering beskou kommersiële landbou as belangrik en dat die departement van landbou ondersteuning en hulp aan boere om die droogte te oorkom moet hanteer en prioritiseer.”

Wessels het gesê dit lyk of daar tussen die regerende alliansie nog gestry word oor die veelbesproke ekonomiese herstelplan. Hy waarsku dat daar nie veel van die landbousektor gaan oorbly as dié stryery langer voortduur nie.

Die VF Plus sê hulp aan boere bly agterweë weens administratiewe rompslomp. In sommige gevalle het boere wat aansoek gedoen het, ná vyf jaar steeds nie droogtehulp gekry nie.

“Die VF Plus besef die noodsaaklikheid van tydige ingryping en hulpverlening in knellende droogtetoestande om te verhinder dat rampsituasies in gebiede ontstaan wat deur tydige hulp en voorsorg wel bestuur kan word sonder om produksie totaal verlore te laat gaan,” het Wessels gesê.

Die party het verlede week ʼn mosie ingedien waarin gevra word dat die regering erken dat die huidige stelsel van rampbestuur in droogtegebiede ondoeltreffend is. Hy vra dat die saak na die portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, asook dié van samewerkende regering en tradisionele sake verwys word, sodat die bestaande rampbestuursmodel hersien kan word.

Wessels het gesê die regering moet dringend begin om die sektor sonder versuim te help.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Pieter ·

Ons regering sal vir ons wit boere niks doen nie,so ook die banke.Hulle sal eerder jou grond vat en laat totniet gaan.Voor hier nie hongersnood is nie sal ons boere minderwaardig geag word.

Gert ·

Selfs as daar hongersnood is sal hulle eerder probeer plase oordra na swart boere, kyk maar na die Eskom sage. Daar is geen erkenning vir bevoegdheid nie.

Foxi ·

Nee, hulp sal hulle nie NOU kry nie, miskien volgende jaar. Bonusse moet nou eers uitbetaal word, kersgeskenke is baie duur.

Feite ·

Ek wonder wanneer gaan die VF die kloutjie by die oor kry aangaande die ANC en CR se ideologiese rasgebaseerde strategie (reversed apartheid) mbt wit boere. Daar kan tog teen hierdie tyd geen twyfel meer bestaan nie dat die ANC die wit boere net so erg haat, indien nie erger nie, as JM. Dit beteken dat wit boere bitter min staatshulp kan verwag. Die staat is geduldig en vertraag rampbestuur en hulp doelbewus sodat misdaad, droogte en finansiele skuld die wit boere uitmergel met die hoop dat daar bitter min weerstand sal wees teen die tyd dat OSV geimplementeer word. Hoe slegter dit met die wit boere gaan, hoe lekkerder en makliker gaan dit met die rewolusionere ANC staat se implementering vir verandering. Die skrif is aan die muur vir die “slaan terug” denke. “Slaan terug” moes plaasgevind het toe daar aanduidings was dat die ANC met die staatskapingfase gaan begin, ten einde die skade te kon verhoed. Dit het egter nie gebeur nie en daarom is die uitdaging tans en vir die toekoms dat die staatskaping status quo gehandhaaf word en nie omgekeer word nie. Dit skep die klimaat vir momentum van die stelselmatige agteruitgang en verkrummeling van weerstand teen verandering. Omrede die VF op hulle louere gerus het en hulle tydsberekening soos mostert na die maal is, sal die VF in die toekoms geforseer word om hulle denke aan te pas van “slaan terug” om te bly/mure bou, na swig en gly of sink!

Arie ·

Hy weet nie wat doen ‘n boer nie, volgens hulle kom kos van winkels af en onthou boere is almal rassiste volgende die anc

Gert ·

Ai Jerry, in die tyd van staatskaping het byna al die Afrikaners vir jou DA gestem, so die VF+ het byna geen lede in die parlement gehad nie. Die paar wat daar was het hulle bes probeer, maar moes ook veg teen die DA wat alle onregverdige wetgewing soos SEB 100% ondersteun het.

Al Tirah ·

“Boiling the frog” stel nie daarin belang om die boere te help nie. Dit wat hy/anc nou doen is deel van sy/hulle meesters plan om ons te verwoes. Binnekort sal daar baie eiendom beskikbaar wees van die mense wat moes tou opgooi. Die regering is besig met n strategie om ons te verwoes…

Anoniem ·

Duidelike bewys oor hoe hy teenoor ons Boere voel. Hoekom sal die regering hulle nou help en môre hul plase sonder vergoeding onteien? Ons moet tussen die lyne lees mense, die regering sit geduldig en wag.

Charl ·

Ons Vader sal vir ons sorg, die wat in hom glo sal voor gesorg word, die wat nie glo nie sal plae en siektes ervaar.

Hagar ·

Al Tirah, Manie W Julle het dit heeltemal reg. Wie hom blind hou vir hierdie werklikheid sal baie onaangenaam verras word. En V F+ dankie vir jul insette en oproepe om die boere te ondersteun. Miskien moet daar n deeglike opname gedoen word oor wat die regering tot dusver vir die boere gedoen het, en dit behoort behoorlik onder hul neuse gevryf te word. Myns insien word die die regering heeltmal te veel met sagte handjies gehanteer. Ek weet nie hoe nie, maar daar behoort op een oe ander manier “hard gepraat te word.

toy ·

Die Staat is selfverrykend, hulle dink net aan hulle self, aan die oomblik van nou en nie die dag van more nie. Hulle moet net weet geen boere, geen kos.

Garfie ·

Hippo Face het dit duidelik gmaak dat swart opkomende boere gefinasieer sal word en droogte hulp sal ontvang. Die boere speel bankrot, pleeg selfmoord en die banke neem die plase terug. Hy hoef niks te onteien nie en vat dit slegs by die banke. M.a.w hoe minder hulp hy aan die blanke boere verleen hoe meer plase kry hy. Slow boiling.

Bobby ·

Vir wat moet die boere gehelp word?
Niemand gee wanneer ons in die bou-bedryf siskel nie. Die boere is verwaand. Help jouself, soos wat ek moet, en jou op kla man.!!!!!!

Anoniem ·

Ons kon dit seker verwag het van ramaposa. Gaan seker op ons onkoste japan toe.
Wakker word ou as daar nie boere is is daar nie kos nie o ja vergeet hulle koop dit mos by pick a pay.

Johan ·

Bid onophoudelik vir genade en hulp van God. Die regering sal ons mense nie bystaan nie.

Penellope Jones ·

Wil wel vanaand kos en drinkgoed vir aandete he . . .

Pieter ·

Ai ou Bobby ja en dit wat jy vervaardig kan on eet.Jy sit daar waar jy ookal sit met n vol maag,n vol yskas en vrieskas.Jy, my ou vriend is die eerste wat “crack” as jy nie kos kry nie ,so wees versigtig met jou houding teenoor ons boere, ons wil net kos produseer en soos dit nou in die landbou lyk sal jy dalk maar moet begin werk aan n” staal burger met houtsaagsels” as n wegneem ete.Sterkte ou mater.

Hendrik ferreira ·

As almal net soos die bee opertunis kan ryk word hoekom bekommerd wees oor wit boere?

Frik Lotz ·

Dankie, Wouter. Ek stem 100% saam met jou. Die boere is n uiters belangrike bate in hierdie land en dit moet n prioriteit wees om hulp aan hulle te gee. As die landbou vou gaan dit n enorme en negatiewe impak op die land en hele ekonomie he. Alles gaan dan finaal in duie stort, maar dit lyk nie of die ANC veel gepla is daaroor nie. Dankie aan VF Plus wat veg vir ons boere.

Bobby ·

Hahahahaaaaaa, VEG vir die boere. Weet jy hoe belaglik jy klink met so n stelling. Genade man dit is nie n rugbywedstryd nie. Hoekom moet die staat die boere help? Met my belasting geld?
Niemand help my as dit sleg gaan met my besigheid nie. Droomwereld!!!

Bobby ·

Ag regtig? Ons kan alles goedkoper invoer as wat hierdie sukkelende boere in ons land kan verskaf.

Frik Lotz ·

Bobby, waar val jy uit my ou maat? Wat is so belaglik aan die feit dat VF Plus veg vir ons boere? Natuurlk moet boere gehelp word of dink jy daar gaan altyd kos in die winkels wees as die landbou tot niet gaan? Landbou speel n groot rol in die ekonomie hier in Suid Afrika en is uiters belangrik vir almal in die land!

Anoniem ·

Bobby, ken jy die verskil tussen bakstene en kos? Sover my kennis strek, kan ‘n mens nie bakstene eet en daarvan oorleef nie. Daarmee sê ek nie dat jou beroep nie waardig is nie, allermins, ek was self lank betrokke in die boubedryf, maar water en kos is die mens se hoeksteen.

John ·

Kos vir die tafel en pasiènte vir die dokters. GM-saad bring winste en die boere voel vere oor die gif in elke pit. Ons moet ons Bybels lees. Verkeerd is nooit reg nie.

Hendrik ·

Bobby my ou vriend, wees dankbaar as jy ñ besigheid het wat nie van reën afhanklik is nie. Boere vra nie vir droogte nie, ons moet oorleef, ons werkers is afhanklik van ons, vee en wild kyk ook in ons oë

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.