Ramaphosa vaar uit teen staatskaping en korrupsie

Cyril Ramaphosa. Foto: ANA

Cyril Ramaphosa het vroeg Donderdagoggend tydens sy eerste toespraak as nuutverkose president van die ANC uitgevaar teen korrupsie in die regering en private sektor.

“Op staatsvlak moet ons die realiteit konfronteer dat kritiese staatsinstellings deur individue en gesinne geteiken is deur die uitoefening van invloed en die manipulering van bestuursprosesse en openbare hulpbronne. Dit het gelei tot die verswakking van ondernemings in staatsbesit wie se bestuurstrukture aangepas moet word, “ het Ramaphosa kort ná middernag in Johannesburg gesê.

“Of ons dit nou staatskaping of korrupsie noem – dit het die integriteit van ons instellings ondermyn, ons ekonomie honderde miljarde rande gekos en bygedra tot die verdere verarming van ons mense.” Ramaphosa het gesê gegewe die uitdagings is daar ʼn beroep op die regerende party en die nuutverkose nasionale uitvoerende komitee gedoen om op te tree teen korrupsie, samespanning en ander ekonomiese misdade wat algemeen in die openbare en private sektor voorkom.

Met verwysing na die ekonomie het Ramaphosa gesê Suid-Afrikaners smag na ʼn regerende party wat die sukkelende ekonomie van die land kan verhef. Die mense van Suid-Afrika wil die ANC hê wat aan sy beloftes voldoen en is getrou is aan sy missie. “Die mense van Suid-Afrika wil aksie hê, hulle wil nie woorde hê nie. Hulle wag vir aksie. Die mense van ons land soek die ANC wat aan sy beloftes voldoen en getrou bly aan sy missie.”

Ramaphosa het gesê dat grondonteiening sonder vergoeding geïmplementeer sal word, maar op ʼn manier wat nie die ekonomie sal skade aandoen nie. “Hierdie konferensie het met oorweldigende en eenparige saamstemming besluit dat onteiening sonder vergoeding een van die meganismes moet wees wat aan die regering beskikbaar gestel word om grondhervorming en die herverdeling van grond teweeg te bring,” het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa het ook verwys na geslagsgelykheid en gesê die regerende party moet sy toewyding daartoe krities evalueer. “Ons moet bewus wees van die praktyke en houdings wat patriargie in ons organisasie en samelewing versterk – en ons moet saamwerk om dit te beëindig. “ Sy uitlatings kom nadat slegs een vrou tot die top-ses van die party verkies is.

Volgens Ramaphosa is die ANC in onlangse tye op sy slegste gesien. “Ons het ʼn organisasie gesien wat in homself verdeel was. Tog het ons ook ʼn blik gesien van die ANC op sy beste.” Hy het gesê die ANC sal nie disintegreer weens faksiegevegte en -geskille nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

N Lourens Reitz ·

Ek dink dit raak nou oorverhit met Ramaphosa en vriende om elke treetjie en asem teug daaroor te berig.

Gerhard Bezuidenhout ·

Hulle sal grondhervorming promogeer en dit deurvoer sonder vergoeding maar korrupsie en Staatskaping sal bly. Met Magashule as deel van die klaskapteins is daar net donker dae wat voorle.

zoom zoom ·

Die CR het vergeet van sy aandeel in Marikana. Hy is net ‘n pion in die res van die ANC se hande

Geen Boer ;Geen kos ·

Dit was juis grondonteiening in Zimbabwe wat tot algehele armoede gelei.
Mugabe en sy party het plase onteien waarondere hy vir homself 20 plase gevat het.
SA sal dieselfde pad loop as Zimbabwe .
Dit gaan oor magmisbruik en altyd die verlede te blameer wanneer daar armoede plaasvind.

Frikkie Geld en huis ·

Erge hongersnood in SA, vir ‘n paar jaar aaneenlopend, is dalk nie so ‘n sleg opsie nie. Hier is net eenvoudig te veel rugryers in vergelyking met die paar wat belasting betaal.

Jordaan ·

Hoeveel keer het jy saam met die ANC gestem om vir Zuma te beskerm, Cyril? Jy sal baie meer as praat moet doen voordat jy enige geloofwaardigheid bekom as ‘n “teen-korrupsie” politikus.

Johan van der Colf ·

Stem saam hy was deel van Zuma se partytjie, waar was sy stem tydens die Nkandla sage.

Kat ·

Sorry pal wat jy jou kwytraak help niks.Jy het klaar onuitwisbare skade aangerig deur jou grondherformingsplan en so met meeste van die blankes vyande gemaak.
Korrupsie is so deel van julle dit sal nooit uitgewis word nie want die het julle norm geword.Jy kan nie n lewenswyse van korrupsie wat oor jare loop in n dag uitwis nie.Dit gaan dis nie gebeur nie.

LR ·

Ons bly in Afrika, daarom maak dit nie veel saak wie die leier is nie. Die afrika geen is en bly dominant. Hierdie geen verstaan nie die begrippe van demokrasie, ontwikkeling, orde, die vrye mark stelsel, n goeie waarde stelsel, en nog baie ander eg westerse begrippe nie. As jy dus in Afrika wil bly moet jy vrede hiermee maak, as jy nie kan nie moet jy maar padgee waar die westerse denkwyse dominant is.

Tessa ·

Stem 100% saam met jou! Soos wat dit is, so sal dit altyd wees!

Siener van Melbourne ·

Die ANC is besig om die wen-(verloor)resep van zanupf op ‘n haar na te volg. Grondonteiening sonder vergoeding is maar een van die wanhopige pogings om populariteit te behou onder sukkelende burgers. Cyril jy’s n klug en gaan bydra tot die ekonomiese verval van Suid Afrika terwille van jou eie persoonlike sak. Intussen sukkel Jan alleman om net te oorleef. Skande.

hannes marais ·

blankes is net so korup.kyk maar na die steinhoff sage

Johann ·

Goeie voorbeeld. Ons weet ook maar nie alles wat in die blanke regerings gebeur het nie. Daar het min mense met integriteit en wat eerlikheid nastreef oorgebly.

Andre ·

Ramaphosa veroordeel staatskaping en korrupsie maar is n voorstander vir die diefstal van grond.
Andre

Jef ·

Daar is n stem in my kop wat se hierdie Ramaphosa figuur is gevaarliker dan Zuma.

Kat ·

Siener van Melbourne dis lekker om weer van jou te hoor.Jy praat waar.

Callie ·

Kyk na die kommentare. 10 000 storietjies. Niemand wat konstruktief praat oor wat almal moet doen om vorentoe die magsbehepte, korrupte tirrane te stop nie. Manne wat skryf hul sal nie net vat nie, hulle sal terug baklei. Mag die Vader ons behoed, bewaar en net die helderheid van verstand gee om op te hou snert praat en bymekaar te kom en saam aan n pad vorentoe te werk. Ek praat met jul wittes. Mag die hemele hierdie volkie bewaar

Lolla ·

Ek begin die idee kry dat ANC aktief begin werk om hierdie sogenaamde onteiende grond, staats grond te maak in die lang termyn… Maw as jy wil boer, koop jy die grond by die staat vir bv 30 jaar, daarna besit die staat weer die grond… Ek filosofeer nou maar net…en wonder, want ironies genoeg, voel ek dat n mens dit heel moontlik kan verwag van wat ek n hipokratiese mentaliteit vind…. Tot en met hede, was oorgeneemde grond, meestal net n mislukking en stadig maar seker bygedra tot die ekonomie se oordompeling na wenkbrou ligters. SA het so fantasties gevaar op n stadium toe die gevoel van Reenboog nasie nog lewendig was.

Eddie ·

Mooi gesê Rampie , maar wys vir ons deur die groot vreters van die korrupsie dadelik te begin vervolg ! Stel Madonsella aan as hoof van die vervolgings gesag en gee haar teikendatums !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.