Ramaphosa verbind SA tot steenkoolooreenkoms

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

President Cyril Ramaphosa het Donderdag aangedui dat Suid-Afrika hom nou tot ʼn steenkoolooreenkoms verbind wat met verskeie lande by die COP26-klimaatberaad in Glasgow aangegaan is.

Maroela Media het Woensdag berig dat Frankryk, Duitsland, Engeland, die VSA en die Europese Unie onderneem het om minstens R130 miljard asook tegniese steun aan Suid-Afrika te gee om die land te help oorskakel na ʼn laekoolstof-ekonomie.

“Daar is geen twyfel meer dat klimaatsverandering ’n kritieke en dringende bedreiging vir die mensdom inhou nie.

“Dit sal vernietigende gevolge vir ons ekonomieë en samelewings hê as ons nie nou optree nie. Gewaagde optrede moet by die versnelde dekarbonisering van ons energiestelsels begin,” het Ramaphosa in ʼn nuusbrief gesê.

Dít, sê Ramaphosa, behels die benutting van nuwe tegnologieë om Suid-Afrika se afhanklikheid van hoëvrystelling-fossielbrandstowwe te verminder.

“Dit vereis dat ons na meer volhoubare en kostedoeltreffende energiebronne beweeg.”

Ramaphosa het vroeër vanjaar gesê die land het ʼn “billike en regverdige oorgang” na ʼn laekoolstof-ekonomie nodig, wat onder andere werknemers wat deur sodanige oorgang geraak word, sal bevoordeel.

“Vir baie ontwikkelende ekonomieë vereis dit massiewe beleggings in alternatiewe energiebronne en ander infrastruktuur.

“Dit vereis aansienlike ondersteuning vir werkers en gemeenskappe regdeur die steenkoolwaardeketting wat hul werk sowel as hul lewensbestaan ​​kan verloor.”

Ramaphosa sê ʼn regverdige oorgang vereis finansiering en ondersteuning van ryker nasies om laeinkomste- en middelinkomstelande in staat te stel om indiensneming te beskerm en ontwikkeling te bevorder.

“In Suid-Afrika het ons ons verbind tot ambisieuse vermindering van koolstofvrystelling.

“Om hierdie teikens te bereik, sal die transformasie van ons energiestelsel teen ongekende spoed en skaal vereis.”

Dit sluit die demontering en vernuwing van steenkoolkragstasies in, asook die uitrol van hernubare energie.

“Ons vermoë om dit te doen sal egter bepaal word deur die mate van ondersteuning wat ons van ontwikkelde ekonomieë ontvang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Riana ·

Hmmm en Mr Mosepe en sy consotium kry al die green energy contracts… keep it in the family

Nie Verbaas ·

Daar sal beslis weer vuilspel wees. Ons hoef nie eers daaroor te twyfel nie.

Johann ·

Ek het nie eers klaar gelees nie. Toe ek sien “lande gee SA R130 miljard om te help minder steenkool te gebruik”….LOL……. Daar skep ‘n paar manne weer leeeeekker. ….

007 ·

Wonder net hoeveel sonkrag hulle kon ontwikkel en bou met Kosile en Medupi se geld?

annie ·

Volgens berigte is CR se swaer wat glo ook by die uitrol van nuwerwetse groen-kragopwekking betrokke is se naam gekoppel aan ‘n groot deel van die onlangse aangekondigde planne van Mantashe. Dit is ‘n ope vraag wie die miljarde gaan administreer wat aan SA toegeken is om te help met klimaatsverandering. Dis groot geld en daar is ‘n groot klomp gieriges in SA en ‘n massa mense wie se brood en botter bedreig word. Wie gaan baat?

Feite ·

En die solar projekte waarmee Ramaposha en friends op die oomblik met Austria besig is is net met een doel, en duidelik gese sonder skaamte. “The energy to be sold to our neighbouring countries.” n Paar VET pockets wat nou weer vol gestop word. Vergeet maar Suid Afrika, jou ‘ President” stel net belang in homself en sy circle of friends.

Nie Verbaas ·

“Ons vermoë om dit te doen sal egter bepaal word deur die mate van ondersteuning wat ons van ontwikkelde ekonomieë ontvang.” As dit nie vir die ANC was wat net plunder en wanbestee nie het ons nie ondersteuning nodig gehad om dit te doen nie.

Pieter ·

Wat Ramphosa nie verstaan nie is dat klimaatsverandering ook aangespreek word deur ‘n laer bevolkingsaanwas. Elke individu het sy eie koolstofvoetspoor. Dus stop onmiddelik die kindertoelaag.

Eskom is bekend dat sy kragsentrales die vuilste is ten opsigte van veral lugbesoedeling. Met beurtkrag en skuld gaan dit seker nie aangespreek word nie.

Harley Davidson ·

In teorie klink dit goed maar in Suid-Afrika onder die huidige regime is jy nooit seker wat die finale resultaat gaan wees nie veral as daar geld by betrokke is.

Kirst ·

Ek dink jy is verkeerd. Mens kan redelik seker wees wat die uitkoms gaan wees. Mantashe is waarskynlik die volgende minister wat eers op ys geplaas word en dan bedank nadat die grootste deel van die fondse soos mis voor die son verdwyn het.

Grassie ·

Ramaphosa se familie is reeds hard besig om krag op te wek. Hulle sal waarskynlik ‘n leeue aandeel in daardie R130 miljard rand bekom. Wanneer CR se termyn as president verstryk sal hy heel moontlik oor daar nes skrop. Daar was sprake dat Eskom in drie dele verdeel gaan word waarvan ten minste een deel geprivatiseer gaan word. Ek wil voorspel dat die Motsepe/Radebe/Ramaphosa groep dan die afdeling wat elektriese krag versprei sal bekom. Dit sal hulle min of meer ‘n monopolie gee om krag te lewer. ‘n Mens moet seker nie kla nie want iemand moet dit doen maar dit sal beslis maar net nog ‘n BEE onderneming wees.

Dirk Mostert ·

Ramaphosa is nie ‘n wetenskaplike nie, daarom sluk hy die snert.

Jeffrey ·

Dit maak nie vir my sin nie. Gaan lees self na oor Duitsland se potensieële energie krisses juis as gevolg van hernubare energie bronne wat onstabiliteit in hul netwerk veroorsaak, hulle raak ook nou ontslae van hul “nuclear” krag opwekking en as dit nie vir hul steenkool opwekking wat nog JUIS STABIEL is was nie, was hulle nou al in groot moeilikheid…

marius ·

Hy kan nie eers die riool uit die drinkwater hou nie . Sak vol wind !

Theo ·

Die ANC se huigelary. Die ontwikkelende lande moet nou pa staan vir die ANC kaders se plundering van Eskom, wat nou amper R500 miljard se skuld het en in ‘n swart gat beland het waaruit hy nie kan kom nie. Gebruikerstariewe moet verhoog word terwyl Eskom ‘n opgeblaasde personeelkomponent het en hoë salarisse betaal. Swak beplanning van nuwe kragbronne, die ANC en veral Gwede Mantashe se blokkering van alternatiewe kragbronontwikkeling deur die privaatsektor, het alles hiertoe bygedra. Medupi en Kusile is ‘n reuse finansiële en ontwerpfiasko.

Swerwer ·

Dit is kommerwekkend want gaan dit ooit haal baar wees met die ANC aan bewind. Hul het reeds ‘n totale mislukking gemaak maar steeds ploeter hul voort. ‘n Skreiende skande.

Belinda ·

Binnekort gaan ons weer baie farraris, porche’s, land rovers ens op die paaie vind…

Genis ·

Nou gaan hulle staal Pappie… en ja Ramapaddapot se seun is duk in Afrika met sonkrag….

Jack ·

Ek glo vas dat van die R130 miljard bittermin uiteindelik aangewend gaan word vir die doel waarvoor dit moet gaan. Die land daal net verder in die skuldmoeras in en eskom daarmee saam. Werklik n klomp onnosel lande wat nog glo dat die land se leiers eerbaar en betroubaar is. Dis n treurige verhaal van n siek ideologie met siek aanhangers.

Heinrich ·

Hier gaan net die gewone uitkoms van kom…driekwart van die geld gaan verlore gaan en die res gaan op swak gehalte materiaal gemors word omn tog net iets te kan wys. Beïndruk my nou en moenie die geld oorplaas na SA toe nie maar bestuur die projek self vanuit die buiteland. Hou die geld daar, stuur die mense oor om die werk te kom doen, dan sal dinge gebeur.

Leana ·

Die lande wat die geld gee moet maar net sorg dat hulle mense saam stuur om die werk te doen en wat kan kyk dat die geld reg spandeer word anders gaan die geld net verdwyn.

Waarnemer ·

Hoe gaan Ramaphosa verseker dat Suid Afrika minder steenkool gaan gebruik met die twee nuwe steenkool kragstasies wat gebou is….Hy leef in n droomwereld waarvan korrupsie heel bo aan die agenda is.

Jacobus ·

Lees tussen lyne. ‘n Sak vol geld soos met COVID en talle sweterige handjies in die geldlaai. Ons het steenkool reserwes tot in die volgende eeu.
Kyk mooi – Chinese gaan alles opkoop – na alles Biden en Sirel se “besties”.
Dit is duidelik deur ordentlike studies dat jou krag netwerk moet bestaan uit wind, sonkrag, steenkool en kernkrag in die korrekte balans BESTUUR.

Maritza ·

R500B verdwyn in Covid. Sien hoe vinnig die R130M verdwyn…

Johan ·

Miskien moet ons minder produkte invoer en van ons mense se kennis gebruik maak om meer te vervaardig om meer uit te voer. Dis businesess 101. Ek dink maar net hier aan byvoorbeeld ystererts en diamante. Net ‘n gedagte Meneer die President maar wat weet ek nou?

Stefaan ·

Het die wereld nog nie geleer nie? Jy moet seker in Afrika gebore wees om te verstaan hoe dinge hier werk

Sarel ·

Aan wie gaan die geld oorbetaal word.??
Wie gaan Waghond speel of gee niemand om nie
Tegniese hulp …Kuba of China

boerie ·

Hy sal met die duiwel ook n “deal” aangaan vir n paar miljoen, meer kans om weer te skep.

Jacob ·

Het Pres. Ramaphosa die reg om 60miljoen (of so) mense te verbind tot só ‘n ooreenkoms? Moet die parlement nie (ten minste) ‘n ooreenkoms bekragtig nie?

Hoekom ·

“Let me get that money in my pocket please.”

Green energy is nie green nie. Gaan doen navorsing en kyk self. Net nog ‘n geldmaak skema…

Phillip ·

Hulle.sal enige verskon8ng ge bruik vir nuclear energies wat baie baie gevaar in hou vir ons land. Anc en sy korupsie kan n8e eens gewone steenkool plant beheer en onderhou nie. Vat anc korrupsie weg dan dal die aard verwarm8ng 8n SA baie minder wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.