Ramaphosa verdedig swart regters ná meningstuk

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag gesê die oppergesag van die wet moet te alle koste beskerm word – ’n oënskynlike verwysing na minister Lindiwe Sisulu se nou omstrede meningstuk wat vroeër vandeesmaand op Independent Online gepubliseer is.

Die minister het swart regters in dié meningstuk aangeval, en gesê die oppergesag van die reg dien nie Afrika-waardes en -belange nie.

“Ons moet waak teen enige en alle pogings om ons swaar verworwe demokrasie skade aan te doen,” skryf die president nou in sy jongste nuusbrief.

“Ons moet ons Grondwet, ons demokratiese staat en die verkiesingsproses beskerm teen enigiemand wat ons demokrasie wil verswak en die Suid-Afrikaanse mense hul swaar verworwe vryheid wil ontsê.”

Ramaphosa het egter nie direk na die meningstuk verwys of tot dusver direk daarop kommentaar gelewer nie.

Dit nadat Sisulu in haar meningstuk daarop gesinspeel het dat sommige lede van die regbank swart Suid-Afrikaners strenger beoordeel.

“Op die hoë vlakke van ons regstelsel tref ons dié Afrikane aan wie se denke gekoloniseer is, wat tuis is met die wêreldbeskouing en ingesteldheid van diegene wat hul voorvaders onteien het.”

“Hul uitsprake teen hul eie mense skep wantroue ten opsigte van hul oordeel, terwyl ander, veilig in hul agenda, agter geslote deure hande klap”.

Die minister het Sondag in ’n opvolgmeningstuk selfs nog verder gegaan en gesê die Grondwet “dien veels te dikwels die minderheid, die magtiges en dié wat vriende in hoë plekke het” en is “nie heilige Skrif nie”. Waarnemende regter Raymond Zondo het intussen die meningstuk as ’n aanval op alle swart regters sowel as “ongegrond” en “ongevraagd” bestempel.

“Dit is nie kritiek nie, dit is ’n belediging vir … al die Afrika-regters wat hierdie land met onderskeiding dien, met vasberadenheid om die Grondwet te handhaaf,” het Zondo verlede week tydens ’n aanlyn mediakonferensie gesê.

“Dit is ʼn belediging vir die regters van die Konstitusionele Hof, regters van die hoogste hof van appèl, dié in die hoër howe en alle Afrika-regters. Die meningstuk is deurspek met beledigings, maar daar is geen stawing van menings met feite nie. Ek glo nie Sisulu het enige feite nie.”

Die DA het op sy beurt ʼn beroep op Ramaphosa gedoen om Sisulu opdrag te gee om die meningstuk terug te trek en ʼn openbare verskoning uit te reik vir die ondermyning van die regbank en die belediging van die integriteit daarvan.

Die party meen Sisulu het ʼn parlementêre gedragskode oortree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

SomeOne ·

“Ons moet ons Grondwet, ons demokratiese staat en die verkiesingsproses beskerm teen enigiemand wat ons demokrasie wil verswak en die Suid-Afrikaanse mense hul swaar verworwe vryheid wil ontsê.”

is ndz nie besig om die grondwet, demokrasie en ons vryheid in sy dinges in te jaag nie ?????

Willempie ·

Cyril sal nie ń vinger veroer nie. Hy is ń regte papbroek.

Dries ·

En n skynheilige leuenaar. Hy gre hoog op vir die beskerming van die demokrasie maar selfs sy eie ministers verag dit

JohanR ·

Het Cyril al sedert Mei 2018 ENIGE besluite geneem? Dis die probleem as jy ‘n tweede termyn wil he, moet jy al die gemors wat vir jou sal stem in hulle poste hou. Dit is hoekom Bheki Cele nog sit waar hy sit.

Baardman ·

Slapgat president. Hy praat in die algemeen. Geen ruggraat om iemand spesifiek aan te spreek nie.

Swerwer ·

Met ander woorde die President sien die ANC as die enigste Suid-Afrikaanse mense en hy beweer dat geregtigheid hul swaar verworwe vryheid wil ontsê. Natuurlik sal hy saam met die ANC kander moet stem in alles wat hul doen, of dit nou die land ten gronde laat gaan het of nie. So ego gesentreerd soos kan kom. Daarom Mnr President is dit volgens jou en die ANC Kader maar reg dat daar nie meer wet enorde heers nie, maar absolute chaos want dit is jul demokratiese land wat jul vir jul self skep.

Pieter ·

Julle anc bly maar net een groot sirkus gaan terug skool toe en gaan leer.

Mariana ·

Blah, blah,blah, dis als leë woorde. Hy is nie president nie, hy is marionet vir ndz en kie. Hulle trek toutjies en hy dans.

Jr ·

Jy sien die verskil in die gewikkelde lande of Western society soos die commander in crêche sê, is dat daar konsequente vir aksies is. Vat Prince andrew – gestroop van sy titels, niks geld, no help with his legal fees. Totalle vervreemdheid. MAAR IN SA zumpie en siessulu net n tik op die vingers. Hulle name nie eers genoem. That’s why the pound is strong and the rand not worth the paper its printed on. One civilized and die ander een, diepste donkerste afrika.

kaplyn ·

Sisulu en almal wat gestem het vir die wysiging van die grondwet nou die dag behoort afgedank te word. Toe hulle deur die EINSTE regters as ministers ingesweer is, het hulle onder eed gesweer om aan die grondwet getrou te bly en die grondwet te onderhou. Al die ministers en adjunk ministers en Ramaposa en Mabusa het net die eed gesweer om mag te verkry en nie om aan die grondwet getrou te bly of dit te onderhou nie.

Owlie ·

Ons land se drmokrasie bestaan uit ALLE rasse As dadaar nie waarheid insteek nie hoekom dit in die pers bekend maak en amok maak As daar waarheid instead sit die bewyse op die tafel en hanteer dit ordelik

Pablo ·

Ramaphosa sal nie optree nie want hy stem saam met haar. It is as simple as that.

Yvonne ·

Sy het lyk my n teerpuntjie aan geraak….voel die president iets vir die grondwet????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.