Ramaphosa vergader met lede van Sanef

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Presidensie/Twitter)

“Dit is nou ’n nuttige geleentheid om na te dink oor die vordering wat gemaak is, die huidige stand van die pandemie en die pad vorentoe. Dit is ook ’n geleentheid om die media in Suid-Afrika te loof en te bedank vir hul onmisbare bydrae tot die nasionale poging om die krisis te konfronteer.”

Só het pres. Cyril Ramaphosa Sondagmiddag gedurende ’n virtuele vergadering met die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) gesê.

Volgens Ramaphosa verwag die regering dat die aantal gevalle van Covid-19 eksponensieel sal toeneem met die inwerkingtreding van vlak 3 van die afsonderingstydperk. “Die skuif na vlak 3 van die afsonderingstydperk is ’n beduidende skuif in ons benadering tot die virus,” het Ramaphosa gesê.

Volgens Ramaphosa het die regering alles in sy vermoë gedurende die algehele landwye afsondering gedoen om die land voor te berei op ’n toename in infeksies. Dít sluit in die beskikbaarstelling van sowat 27 000 hospitaalbeddens in die openbare sektor. Veldhospitale oor die hele land is ook tans ingerig met 13 000 hospitaalbeddens. Die president het gesê dat hy ook meer toetsstelle en mediese toerusting vanaf die buiteland gaan bekom.

Kwelvrae

Hospitaalbeddens in die Wes-Kaap se intermediêresorg-fasiliteit. (Foto: CTICC/Facebook)

Tog het redakteurs die president uitgevra oor die tekortkominge in die gesondheidstelsel waaronder ’n tekort in hospitaalbeddens spesifiek vir die waakeenhede van hospitale. ’n Lid van die media het daarop gewys dat 25 000 hospitaalbeddens vir waakeenhede benodig word hoewel Suid-Afrika slegs oor sowat 3 500 beddens van dié aard beskik.

Volgens Ramaphosa is dit een van die grootste uitdagings wat die land tans die hoof moet bied. Hy het verseker dat die kwessie rakende hospitaalbeddens voorkeur sal geniet.

Die president het ook erken dat die regering duideliker moet kommunikeer en waak teen teenstrydighede in kommunikasie hoewel hulle tog omsigtig met inligting aan die publiek omgaan.

Ramaphosa het ook die regering se ommeswaai rakende die rookverbod aangeraak.

Maroela Media het vroeër berig Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het verlede maand in ʼn verrassende wending aangekondig dat die verbod op die verkoop van tabakprodukte steeds geld. Dít nadat die president die vorige week gesê het die handel in sigarette sal toegelaat word.

Ramaphosa het gesê hy moes eerder self die aankondiging gemaak het, asook die regering se redes agter die besluit verduidelik het. Volgens hom was dit ’n gesamentlike besluit.

Covid-19 se uitwerking op die media

Argieffoto

Volgens Mahlatse Mahlase, voorsitter van Sanef, het die media ook die uitwerking van die algehele landwye afsondering gevoel. Verskeie publikasies was genoodsaak om werknemers se salarisse te besnoei terwyl publikasies se inkomste in die vorm van advertensies gedaal het.

Volgens Mahlase meen Sanef ook dat die regering meer inligting rakende Covid-19 aan die media beskikbaar moet stel. Dit sluit in inligting oor die aantal beddens en ventilators wat in die land beskikbaar is.

Ramaphosa het op sy beurt die media bedank vir lede se bydrae wat die hantering van die virus betref. Volgens Ramaphosa bemagtig die media nie net Suid-Afrikaners nie, maar stimuleer ook debat en hou die regering verantwoordbaar. Die regering verwelkom dit, het die president gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Willem ·

En nogsteeds weet sy ministers nie wat om te sê en stel net alles uit

Sharnelle ·

Besluitlose regering. Kon nog nooit saam oor een ding besluit het nie. Almal wil die president wees.

Scalla ·

Kopdoek gaan te veel geld verloor. Hul praat almal uit verskillende monde

JohanR ·

Nee my maat! Jy het presies geweet wat jy se, en het geweet wat jy se is reg. Daar is ‘n groot verskil tussen mag verkoop, en nie mag verkoop. Jy het met jou eie lippe gese sigarette MAG verkoop word…..no one can get it that wrong! En toe kom groot baas met ‘n versteekte agenda ‘n paar dae later en se MAG NIE! Uit jou lippe NOU Cyril Ramaphosa, kan nog die worde kom MAG ROOK. Waarvoor wag jy? Vir Nkosazana Dlamini-Zuma? MAAK DIT REG CYRIL, dan is jy weer Spiderman!

Nico ·

Kopdoek praat van die deel van sigrette, kyk hoe bly hulle saam in een vertrek, so, ek verstaan nie die ding oor rook nie. Die witman word weer as die sondebok aangewys. Kopdoek gaan mos haar deel van die melktert verloor, sy maak mos nou lekker geld wat sy in haar sak druk. Ou kopdoek moet eerder kyk na hulle wat so saam bly in klein vertrekke, wat is die ergste rook of die wat saam bly in een huis.
Duidelik weet hulle nie van hierdie dinge nie.

Hannes ·

President Cyril Ramaphosa has said that scientists gave government the green light to move to Level 1 of the nationwide lockdown.
However, he said, the World Health Organisation had called for the gradual easing of the lockdown.
Government decided to take the middle ground and gradually move from Level 4 to Level 3, and then Level 2 of the lockdown.
President Cyril Ramaphosa has said that scientists who are advising government on the response to the coronavirus crisis recommended that South Africa could move to Level 1 of the nationwide lockdown,

Michael 1 ·

Hy dans net soos Dlamini Zuma hom sê om te dans,hoe pateties is dit nou nie.

CHARMAINE ·

Ek wil net graag weet hoekom die ander lande soos Amerika online kon sigarette en drank en als koop. Hoekom het ons verbod daarop? Dis net vreemd. Is die virus dan nie dieselfde nie. Verskil die virus van land tot land ? Mense rook onwettige sigarette nou wat hul baie siek kan maak, maar dis dan okay. En dis nie asof die parlement nie daarvan weet nie. So hoe nou gemaak, onwettig is gesond en wettig is ongesond. Ai ai ai…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.