Ramaphosa vergader Sondag met bevelsraad

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal Sondag met die nasionale Covid-19-bevelsraad vergader om die jongste verwikkelinge rakende die Covid-19-pandemie te bespreek. Dit sluit in die bevestiging van die nuwe variant genaamd B.1.1.529 in Suid-Afrika, wat reisigers se planne oornag omvergewerp het.

Die presidensie sê die uitkoms van die vergadering en verdere samesprekings sal in die komende dae aan Suid-Afrikaners oorgedra word.

Landsburgers word intussen gemaan om hulself te laat inent terwyl die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) en ander betrokkenes meer oor die nuwe variant te wete probeer kom.

(Argieffoto)

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het intussen lande afgeraai om nuwe reisbeperkings in te stel.

“Die WGO beveel aan dat lande voortgaan om ʼn risikogebaseerde en ʼn wetenskaplike benadering toe te pas wanneer reismaatreëls ingestel word … daar word gewaarsku teen die instelling van reisbeperkings,” het Christian Lindmeier, WGO-woordvoerder, aan verslaggewers in Genève gesê.

Maroela Media het vroeër berig verskeie lande, waaronder die Verenigde Koninkryk, Duitsland, Italië, Israel en Singapoer, was vinnig om te spring en hul landsgrense vir reisigers vanuit Suid-Afrika en ander Afrikalande te sluit, nadat hulle van die nuwe variant te hore gekom het.

Dít terwyl daar nog relatief min bekend is oor B.1.1.529 wat minstens 32 mutasies bevat.

Die WGO het Vrydag gesê dit sal “ʼn paar weke” neem vir navorsers om die trefkrag van dié variant te verstaan.

“Navorsers werk daaraan om meer ​​oor die mutasies te wete te kom, asook hoe oordraagbaar of gevaarlik hierdie variant is,” het Lindmeier gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

annie ·

Sondae is nou bevelsraad- en politieke party-vergaderdae, vir sport, begrafnisse en funksies en… en maar nie eintlik meer vir kerk nie. En die Bybel koppel pessiektes/pandemies met straf weens die mensdom ongehoorsaamheid. Is die Bybel nou nie meer belangrik en reg nie? Hoef ons nie meer te bid om vergewing van sondes; pleit vir genade nie? Is die mega-ryk-entstof-vervaardigers nou ons redders en regerings/die WGO lewegewendes, verhewe bowe Almal?

Jan ·

Annie, die volgende is net goed bedoel hoor. Ek verstaan jou redenasie maar Sondag is nie bedoel vir kerk nie omdat dit nie Sabbat dag is nie. Saterdag is Sabbat en die hele Sabbat is bedoel om aan God gewy te word. Nie net ‘n uur soos op Sondag en daarna storm almal winkel toe nie. So hulle kan maar aangaan met hulle dinge op ‘n Sondag. Die bybel is en was nog altyd reg, daarom word die Saterdag as Sabbat neergelê in die bybel. Nerens staan daar geskrywe dat Sondag die Sababt dag is nie. Soos ek sê, net goed bedoel. :)

Tredoux ·

Stem saam Annie, hierdie is alles net kondisionering om ons gewoond te maak om sommer net vervolging en die vergryp van staatsmag te aanvaar as ‘in ons beswil’, terwyl God se wil altyd die beste is vir Sy kinders.

Jacobus ·

Hulle het goed by Hitler,Goebbels en ander geleer – veral die kondisionering van “devide and rule”! Die militantheid van vaxxers verstom my!

Jr ·

Ag asseblief hierdie ding van gebed. Dink u rêrig ons is almal onheilig en dien nie ons Hêre nie Tot goeie mense sal sterf onder die pestilensie. Ek ken kinders van die Hêre wat rein lewens gelewer het en dood van Covid is. As hierdie goed geskryf in die Boek is het ons almal, kind van die Hêre of sondaar om deur dit te gaan. Yes gebed is belangrik en ek en my familie is in die kerk Sondag. As hulle wil vergader op ‘n Sondag is daar niks wat ek kan doen nie. Die Hêre gaan my nie straf vir hulle sondes. Maar oor hulle sondes en die konsequente daarvan moet ek deur gaan

annie ·

Jeff, ek het dit nie gesê die mense wat sterwe of hul naaste was sleg nie. Koning David het gesondig en sy volk is deur pes uitgewis, totdat hy erken het dat hy dit oorsaak was. Dwarsdeur die geskiedenis het mense gely en gesterf onder slegte leiers. Maar meeste van ons dominees is deesdae tjoepstil en bid nie eens vir redding uit die ramp nie.

JohanR ·

Hier gaat ons! Iemand se boo, dan word alles gesluit. Sal seker Maandag aand moet 20h00 bed toe gaan?

Madeleine ·

Die WGO gee nie n duim om oor lewens red nie. Wie glo nog hierdie?

Nie Verbaas ·

En hier kom alweer inperkings. Snaaks genoeg, sommiges het voorspel van 2 Desember af, en dit was al n maand terug.

Rooikopheks ·

Gelukkig is Sondag nog my 7de dag van die week, my Sabbat dag, kerk toe gaan dag, rusdag sodat ek weer Maandag my 1ste dag van die week met moed en krag kan in gaan.

Pieter ·

En Maandag to Saterdag gaan dit jolig. Sondag word om vergiffenis gevra. Dis om van siek te word.

Anel ·

As mens kyk na die moord , roof en verkragting syfers die afgelope 2 jaar, kan ek regtig nie verstaan wat die paranoia is oor die virus nie. Mense gaan altyd siek word, altyd griep en verkoue kry, maar nou is daar so ‘n stigma aan die virus dat as iemand se neus looo of seer keel het, skrik hulle hulle self in ‘n ander bloedgroep in. Ontspan mens! Die kans is baie groter dat jy in ‘n motorongeluk, of agv van ‘n moord sal doodgaan as aan die virus. So hou op om paniek te saai.

Danie ·

Kritiek teen lande wat hul grense sluit is ongegrond.
Dit is bewys dat vinnige optrede die beste uitwerking het om lewens te red.

Irene ·

Wens die regering kan tot die besef kom dat ons n God van genade het en dat Hy lief is vir elkeen van ons. Hou op vergadering hou……ons land in die afgrond in te bestuur en gaan op jou knieë. Maak die hele land toe (lockdown) vir 1 dag en bid tot God vir genade en gesondheid. Hou op om ons mense te probeer red met “lockdowns”. Kniel voor God en vra vir genade.

Alleen Wolf ·

Dit is hierdie lande se goeie reg om hulle grense te sluit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.