Ramaphosa vergelyk BLM-betogings met destydse Soweto-opstande

Die Soweto-jeugopstande in 1976 Foto: SAHistory.org.za

Pres. Cyril Ramaphosa vergelyk in sy jongste nuusbrief die sogenaamde #BlackLivesMatter-betogings in die buiteland met die Soweto-jeugopstande van 1976.

“Jong mense oor die wêreld het ʼn gemeenskaplike doel gevind. Hulle is besig om standbeelde en simbole van rassisme af te breek, hulle eis die dekolonisering van opvoedkundige kurrikulums en vra dat instellings rassisme en sosiale uitsluiting moet aanraak,” skryf die president Maandag in sy nuusbrief aan die vooraand van Jeugdag in Suid-Afrika.

Maroela Media het vroeër vandag berig die standbeelde van slawehandelaars, imperialiste en ontdekkingsreisigers is die afgelope week gedurende die #BlackLivesMatter-betogings in verskeie lande geteiken in protes teen rasse-ongeregtighede deur die eeue heen. Dit sluit in standbeelde van Christopher Columbus, Cecil Rhodes en koning Leopold II van België.

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

“Terwyl ons op hierdie Jeugdag hulde bring aan die generasie van 1976, bring ons ook hulde aan die jeug van Suid-Afrika ná apartheid, die waardige erfgename van hierdie edele nalatenskap.”

Volgens Ramaphosa het die jeug in 1976 destyds daarna gestreef om die destydse Bantoe-onderwys af te breek terwyl vandag se jeug na nasionale versoening en transformasie streef. “Daar sal mettertyd gesê word dat hierdie jaar, 2020, die begin van ʼn nuwe epog in die geskiedenis van die mensdom was,” skryf hy met verwysing na die #BlackLivesMatter-betogings asook die Covid-19-pandemie.

Die president voer nou aan dat die pandemie die wêreld die geleentheid bied om te “herstel” van materialisme en selfsug onder individue asook die samelewing in geheel.

Betogers hou ʼn banier vas met die woorde “Ons kan nie asemhaal nie” in St. Paul, Minnesota. (Foto: John Minchillo, AP)

Volgens Ramaphosa het hy gedurende Jeugmaand verskeie gesprekke met jong mense gevoer waarin hy aangevoer het dat die krag van ʼn idee nooit onderskat moet word nie. “Hierdie jong mense het hul idees in aksies verander. Die gebrek aan hulpbronne het hulle nie teruggehou nie … Hulle is vasbeslote om op eie meriete te slaag.”

Die president belowe om werkloosheid onder die land se jeug aan te pak.

Maroela Media het vroeër berig die getal jong mense tussen die ouderdom van 15 en 24 jaar wat nie werk het of onderrig word nie, het in die vierde kwartaal van 2019 op 32% (3,3 miljoen) gestaan.

“Ons sal nou meer as ooit tevore na die innoverende en baanbrekersgees van ons jeug kyk om oplossings vir die werkloosheidskrisis te vind,” het Ramaphosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

BoerSonderRoer ·

Is daar waarlik nog iemand in SA wat omgee wat hy dink?

Pierreli ·

Dink hy nog, ek dog hulle wonder net. NGZ is mos die een wat wonder vir hom.

Paul ·

Sè bietjie het die generasie van 1976 die geleenthede gebruik of net voort gegaan om te plunder en vernietig ?

Pappa Beer ·

Regtig ou cyril, het kopdoek vir jou gese om dit te se? As jy regtige “gelykheid” wil he, skaf dan jou belaglike rassistiese “affirmative action” en “bbbeeebebbe” konsepte af en hou op om “anti rassisme” te preek en blatante rassisme toe te pas in jou regerings wette.

Elsie ·

Hulle is deesdae die rassiste nou wil hulle dit voor die wittes se deur kom neerle en se die wittes is rassiste

Willem ·

President, u vra hulp by GOD, maar dan wil julle sonde met sonde regstel. Die Bybel wat ek lees leer ons anders. Sterkte.

Pierreli ·

By watter god vra hy vir hulp. Dis tyd dat ons mense begin bid dat die God van Israel hom hom verwyder.
Hierdie regering bid vir voorvader geeste. Hulle is nie Bybel gelowiges nie, en glo nie in dieselfde God as ons nie.

Roggeveld ·

Ons voorvaders het geen sonde gepleeg nie – dis propaganda en fopnuus. Om te se ons voorvaders het sonde gepleeg, is beledigend teenoor hulle.

marius ·

Hoekom het hy nie die spierwit tannie met die hondjies hieroor gevloek toe hy by haar gaan tee het
nie ?
Sy is die matriarg van die volk wat die grootste verdrukkers op aarde was en steeds is , of was hy nie bewus daarvan nie ?

Grassie ·

Die haat teen alles wat wit is loop nou in dik strome deur die hele wêreld.

Jacobus ·

Sorry Cyril maar hierdie is ‘n vernielsigtige gebrabbel. Jy kan nie uit sinnelose verwoesting iets goed skep nie. Wees bedag, jy peuter met dinge wat net trane gaan bring! Weer gebruik jy “ou people” as pionne. Wees gewaarsku.

Michael 1 ·

Die mens praat net nonsens as sy mond oopgaan hy diskrimineer teen wit mense met wetgewing wat na 94 gebore is pleks spreek hy sy mense se populasie ontploffing aan ,en stel bevoegde mense as ministers aan.

JohanR ·

Wat se jy daar my President…..jy gaan in ‘n diep donker gat val? Jammer ek is wit en oud, en kan nie meer soe mooi lees of hoor nie! More is June 16de. Weet jy miskien my President waaneer Marikana tot ‘n publieke vakansiedag gaan verklaar word? Jy weet moes ou Cyril daai tydperk toe jy die bevel gegee vir die SAPS om 34 af te maai, en 78 sleg te wond? The former union leader – Cyril Ramaphosa, from his position on the board of Lonmin, could have argued for negotiation, even for a better deal for the workers. Instead – as a chain of emails released to the Farlam inquiry disclosed – he argued for the police to move in. In a message to fellow directors, he wrote: “The terrible events that have unfolded cannot be described as a labour dispute. They are plainly dastardly criminal and must be characterised as such… There needs to be concomitant action to address this situation.” Ons moes toe al die skaap in wolfsklere gesien het ne Cyril?

Isabella ·

Cr se agenda is so duidelik…nelsen mandela se standbeeld moet ook verwyder word ens ens..hul ht geveg teen apartheid nou dat ons almal in vrede wil leef hou hy aan di nasie verdeel…di verlede is VERBY WANR WIL HUL OPHOU KERM oor blankes ..hy maak almal negatief en hy soek geen vrede …hits geweld aan deur rassistiese uitsprake daar sal nooit versoening wees tussen wit en swart
Solank di anc aan bewind is

Sonia ·

Mnr Ramaphosa, Innovering en baanbrekersgees het jou regering in al die jare vanaf 1994 af nog nooit ingespan nie – al wat julle en julle volgelinge grotendeels ngespan het is rassisme en nog rassisme, afbreek en verniel, verontskuldiging vir julle onvermoe om behoorlik te regeer, om nie te praat van die korrupsie en diefstal nie. Jy bly mooi beloftes maak wat nie uitgevoer word nie, omdat julle doodeenvoudig nie werklik omgee vir julle eie mense nie, en nog minder vir ons minderheidsgroepe.
Punt.

Linda ·

Ek hoop met die verwydering van al die Kolonialistiese stanbeelde, word die studie beurse wat daarmee saamgaan ook geweier en teruggegee… Maar nee, swartes se mes sny mos net eenkant toe. Kyk hoe geniet hulle die kolonialistiese tegnologie. En het Godsdiens nie ook saam die kolonialiste gekom nie? So hoekom wend hy hom nou tot God? Hy moet mos sy heidense oortuiging en geeste nader soos hulle gedoen het voor kolonalisme en beskawing? Hoekom trou hulle deesdae in witrokke en dra trou ringe? Is dit nie ook Westerse gebruik nie?

Jaco ·

Waarom deporteer hulle ons nie net nie? Regstellende aksie en BEE is al jare met ons en tans word die wit “beheer” oor die ekonomie ook al hoe meer gekritiseer. Deporteer dan al die wit mense. Stempel in elkeen van ons se paspoort in groot rooi letters “the holder of this passport is forbidden to return to South Africa”. Dan is Europa, Amerika, Kanada ens verplig om ons as refugees in te neem.

katerinadiekat ·

Ek wens ook hulle wil dit doen. Dan is hulle mos ontslae van ons. As hulle nie die geld wil spandeer nie, dan is ek seker blankes kan n trust begin, geadministreer deur bv. Afriforum, waarin ons geld kan inbetaal vir ons massa deportasie. Die res vd wereld sien die ANC mos as foutlose engele so hul sal die ANC seker die guns doen om n paar miljoen mense plek te gee. Die ANC moet hulle vra! Behoort nie so moeilik te wees nie, hul maak reeds plek vir Midde Oosterlinge en Noord Afrikane. Kanada en Amerika het massiewe landmassas.

AmY ·

Ja dis nie asof ons tien miljoen mense is nie.
Én ons ken mos van opbou.

Nie Verbaas ·

Ja Ramaphosa, jy kekkel net en niemand met n brein luister nie. Verwoes ons land nog verder. ANC het in elk geval al alles geplunder en verwoes met geen nagevolge vir die skuldiges nie.

david ·

Mnr Die President–terwyl jy nou ‘n os en n’ donkie in dieselfde tuig wil inspan….doen jouself ‘n guns–kry een van die WIT onderwysers wat destyds op 1 Junie 1976 in Soweto skool gehou het, en kry ten ene male die waarheid oor die werklik oorsake van daardie jammerlike gebeurtenis.

Ek het eenmaal gelees hoe een van daardie onderwysers vertel het dat die enigest AFRIKAANS wat die Swart jeug destyds moes ervaar, was in een skool waar hulle geen geskiedenis onderwysers gehad het
nie, en die enigste beskikbare onderwysers kon die vak net in Afrikaans aanbied.
Waar of vals ?

In elk geval die Swart jeug wou matriek sertifikate verwerf SONDER Afrikaans as ‘n vak–terwyl al die wit kinders beide landstale vir matriek moes slaag.

Was dit dalk ‘n vroee weergawe van Swart bevoorregting ?

Vrijburger ·

Ramaphosa vergelyk BLM-betogings met destydse Soweto opstande. En ek vergelyk Ramaphosa met destydse Dingaan.

Hekwag ·

Lyk my mense het nou heeltemal die kluts kwyt geraak met die ‘Lockdown”. Virus tas nou die breinfunksies ernstig aan!

AmY ·

Ons wil graag help, maar hulle wil nie bemagtig word nie, hulle soek net ons ‘wit kapitaal.’

Hans ·

Kan hy dalk irts se oor moorde op wit boere ook wat “our people” van kos voorsien, of is dit deel van “radical economic transformation”

Jack ·

Die swart jeug van 1976 het waarskynlik almal aangesluit by MK en van hulle sal in hoe poste sit in die regering en ook sodoende die beleid van afbreek verkondig. Die pad wat Mandela in die vooruitsig gestel het was dus skynbaar net n droom want van die reenboog het niks oorgebly nie. Ek sien net een kleur en dit maak nie n reenboog nie.

Michael 1 ·

Ek wonder waarmee kan sy bee opportunisme vergelyk word.

Raadslid ·

Hy gaan skrik as die wit- en bruinmense opruk. Die dag kom al hoe nader….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.