Ramaphosa verklaar R76 m se belange

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Die jaarlikse register van LP’s se belange is Woensdag in die parlement ter tafel gelê en onthul dat adjunkpresident Cyril Ramaphosa ʼn baie ryk politikus is.

Ramaphosa het onder meer verklaar dat hy R76 miljoen se aandele, 30 meenthuise in Johannesburg en twee woonstelle in Kaapstad besit.

Meeste van Ramaphosa se belange word egter in die vertroulike deel van die register aangedui aangesien hy dit saam met private individue besit. Indien Ramaphosa dus die waarde van sy aandeelhouding openlik verklaar sal dit ook die waarde van die private individue se aandeelhoudings openbaar.

Dit is onder meer die geval rakende die Ramaphosa-familie se Tshivhase-trust wat die grootste aandeelhouer was in Shanduka. Die maatskappy is in 2001 deur Ramaphosa begin en was meer as R20 miljard werd. Shandula en Pembani het in Mei vanjaar ooreengekom om ʼn nuwe maatskappy te begin sodat Ramaphosa afstand kon doen van sy posisie in Shanduka.

Die openbare deel van die register reflekteer ook van Ramaphosa se direkteur- en vennootskappe maar daar word nie ʼn finansiële waarde daaraan geheg nie aangesien dit ander individue wat finansieel baat by dieselfde ondernemings kan blootstel. Ramaphosa is onder meer die Suid-Afrikaanse lisensiehouer van McDonalds.

Ramaphosa het ook belange in boerdery, eiendom en ʼn sportmotoronderneming. Ramaphosa het reeds van ʼn aantal sakeposisies bedank nadat hy in Desember 2012 verkies is as die adjunkpresident van die ANC.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

PURE BOER ·

Gin wonder daar is so baie werkloosheid in SA. Dis waar al die geld le om SA op te bou. Leiers vat net en voel niks vir die mense om hulle.

Johan ·

Nonsens Boer. Kom ons neem net McDonalds as voorbeeld – hoeveel mense werk by McDonalds? Jy het die groot ouens nodig om werk te skep in die ekonomie. Daai meenthuise word verhuur – so hy verskaf kwaliteit verblyf aan ouens wat nie kan bekostig om eiendom te koop nie. Jy moet eerder vra of al sy rykdom eerlik verkry is, en of sy belasting op datum is.

Conrad ·

Nonsens Johan. Ek gaan vir die volgende Boemmie op straat sê hy moet maar vir Zumpie of Cyril gaan vra vir ‘n ietsie.

Johan Smit ·

As so ‘n bekwame sakeman wat in 20 jaar so ‘n sakeryk bymekaar kan maak, bereid is om die tempo te verloor van sy groei van sy sekerlik deur te staan vir Zuma se pos, moet mens weet hoe winsgewende bedryf Zuma se pos is. Mooi man Cyril!

alet ·

Hy is darem eerlik laat die President sy rykdom bekend maak 230mil se paleis waar steek hy die ander weg seker alles op sy 10vrouens se naam of onder in die tonnels hahaha

es ·

Johan, die geld wat hy het is gedeeltelik sy vrou sin. Sy het van haar ouers geerf. Daar was in een van die tydskrifte sy hele geskiedenis waar al die geld vandaan gekom het. Hy woeker met sy talent en dit nie begrawe en verwag dit sal groei nie. As jy ‘n sake man is, weet jy hoe om met geld te werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.