Ramaphosa veroordeel geweld teen migrante

Bykomende polisiehulpbronne is ontplooi na geweld in Diepsloot, Gauteng, waar buitelanders geteiken word. (Foto: @i_sephara/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa is diep bekommerd oor die onlangse voorvalle van geweld en vyandigheid teenoor buitelanders.

In sy weeklikse nuusbrief verwys die president onder meer na verlede week se geweld in Diepsloot in Gauteng – wat hy as ʼn “tragedie” bestempel – waar minstens sewe mense in een naweek vermoor is. Dit het tot grootskaalse opstande gelei.

“Die verlies aan lewe is betreurenswaardig en so ook die moord op ʼn mede-Afrikaan van Zimbabwe, glo aan die hand van mense wat die reg in eie hande geneem het,” sê Ramaphosa.

Maroela Media het vroeër berig ʼn grootskaalse soektog is na moordenaars van die 44-jarige Elvis Nyathi van stapel gestuur. Nyathi is aangeval en aan die brand gesteek. Die polisie het Woensdagaand tydens ʼn patrollie op sy liggaam afgekom.

Die groep verdagtes het glo voor die voorval van huis tot huis beweeg en beweer dat hulle na misdadigers soek en het glo op óf paspoorte óf geld aangedring. Nyathi het glo uit sy huis gehardloop en die groep het hom agternagesit.

Bykomende polisiehulpbronne is reeds na die gebied gestuur om soortgelyke voorvalle te probeer verhoed.

“Misdaad is ʼn ernstige probleem in dié land. Dit raak alle gemeenskappe en mense is verstaanbaar moeg daarvoor om in vrees vir misdadigers te leef.

“Strydig met bewerings van sommige anti-immigrasiegroepe en mense, is die oortreders van misdaad swart en wit, mans en vroue, buitelanders en burgers,” sê Ramaphosa.

Hy sê benewens private burgers wat mense op straat voorkeer en hulle dwing om hul immigrasiestatus te bewys, het sommige politieke leiers ook onwetenskaplike uitlatings oor immigrante gemaak om mense se griewe vir politieke gewin uit te buit.

Ramaphosa het nie na spesifieke leiers verwys nie.

Herman Mashaba, president van ActionSA, het verlede week egter aangekondig die party gaan vra vir ʼn hersiening van die parlement se besluit om nie stappe teen EFF-leier Julius Malema te doen nie oor sy uitlatings wat – volgens Mashaba – onwettige immigrasie aanmoedig.

“Misdaad, nie migrante nie, is die gemeenskaplike vyand wat ons moet beveg,” sê Ramaphosa.

Hy is ook deeglik bewus van talle gemeenskappe se frustrasie met die polisie se klaarblyklike onvermoë om misdadigers te hanteer, maar sê selfs terwyl die stryd teen misdaad verskerp word, is daar geen regverdiging vir mense om die reg in eie hande te neem nie.

“Terselfdertyd erken ons dat die onwettige migrasieproses ʼn gevaar vir Suid-Afrika se veiligheid, bestendigheid en ekonomiese vordering inhou. Onwettige migrasie raak dienslewering en plaas ʼn bykomende las op noodsaaklike dienste soos gesondheidsorg en onderwys.”

Die president sê Suid-Afrika het die reg om beleid en maatreëls in te stel wat die integriteit van sy grense beskerm en die regte van diegene wat wettig in die land is, beskerm. Migrasiebeheer is egter die verantwoordelikheid van die regering en geen private burgers kan dié rol oorneem nie.

Volgens die president is die afdwing van migrasiewetgewing ʼn prioriteit vir die regering en word daar hard gewerk om te verseker dat sindikate wat immigrasiebedrog pleeg, saam met die korrupte amptenare wat hulle help, voor stok gekry word.

Maroela Media het verlede week berig oor die dokumentêr Open Borders, wat die wetteloosheid en gebrek aan ingryping op die grensgebied tussen Suid-Afrika en Zimbabwe blootlê. Dit wys ook presies hoe min grensbeheer daar tussen die twee lande is, terwyl misdaadsindikate en smokkelbendes die gebied oorgeneem het.

“Vandag is ons woede dalk gerig op burgers van Zimbabwe, Mosambiek, Nigerië of Pakistan. Môre is ons woede dalk op mekaar gerig.

“Kom ons fokus daarop om misdaad te verslaan, ongeag wie dit pleeg,” sê Ramaphosa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

domheks ·

Buite landers is vir rama belangriker as ons BOERE! Nou kan hy ewe skielik dood veroordeel, maar andersind nie.

Rooikoos ·

Maar natuurlik Domheks. Vir wie wil Ramaphosa in sy paddapot kook, immigrante of witmense?

Di ·

Rampie praat so BAIE maar se eintlik NIKS. Alles wat hy kwytraak is ‘n spul twak. HY as President is die een wat verantwoordelik moet vat dat daar miljoene onwettige immigrante in die land is. Grensposte bestaan nie meer nie – alles is vervalle en geen beheer wie die land inkom nie. Boere naby grensposte sukkel om te oorleef met almal wat daar insypel

Samuel ·

Ramaphosa neem vir niks verantwoordelikheid nie. Praat vreeslik baie, speel met woorde, maar sê net mooi niks.

Misky ·

Daai laaste sin laat my sommer gal braak!!! Wat van die misdaad in die regering en jou pelle Ramamparra??

Anton ·

Hy het sy onverdiende biljoene reeds en is nou bang vir misdaad

Anel ·

As die polisie kon optree teen die onwettiges, sou dit ook al beter gegaan het. Nou mag hulle niks dien nie tensy departement van binnelandse sake by is. Kyk maar wie is die karwagte en die asblikgrawers! As mense nie vir hulle geld gee nie, sal hulle ook begin pad vat. Net soos asblikgrawers. Herwin so veel as moo tlik sodat daar niks herwinbaar in jou asblik is nie, dan sal hulle ook padvat. Dis wat in ons gemeenskap gebeur.

Swerwer ·

Nou Mnr die President. Stuur jou immigrante terug van waar hul kom en sluit die landsgrense dat
daar weer wet en orde begin plaasvind.

Jacobus ·

Ramaphosa moet op grondvlak begin. Polisie, Justisie en Korrektiewe dienste en hy weet dit, maar ongelukkig nie deel van die plan nie.
Geen grensbeheer en talle ander faktore lei tot hierdie situasie.
Menseregte word eenrigting toegepas.
Wetsgehoorsame burgers word geteiken, op welke metode ook al.
Prioriteite word ignoreer

Heinrich ·

Ou Ramaphoser het maar gerieflikshalwe vergeet van wat sy party in die die sewentigs en tagtigs met medelandsburgers gedoen het, nou ewe skielik bekommerd oor buitelanders, terwyl doodstil gebly word oor Rusland en plaasmoorde. Hy is nie ‘n landspresident se agterkant nie.

Hennie ·

Migrante? Is dit wat hulle nou genoem word? Wat het geword van ONWETTIGE IMMIGRANTE?

Harley Davidson ·

Hoekom beveilig hy dan nie die grense nie of weet hy nie van die grense wat ooplê nie soos hy ook nie weet van die boere wat op hulle plase vermoor word nie.

Samuel ·

Met ‘n spul misdadigers wat in SA aan bewind is, is dit seker nie snaaks dat misdaad hoogty vier nie? Wanneer jy ‘n skelm is word jy boonop bevorder, soos mev. Gumede in Ethikwini.

007 ·

Ja Cyril die Nija turtle, jy en jou cronies het die gespuis in SA toegelaat. Nou dat jou people hulle wil verdryf no kla jy.

Janine ·

Our peeple voel dieselfde oor ons blankes…. So, wanneer begin hulle met ons huise? Ons het almal die ID dokument… En niemand van ONS het die polisie as beskermers…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.