Ramaphosa veroordeel geweld terwyl nog vragmotors brand

Nog ‘n vragmotor brand in die voortgesette vlaag geweld. (Foto: Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het die voortgesette geweld teen vragmotorbestuurders en die verwoesting van eiendom wat daarmee gepaardgaan, veroordeel, maar ook die polisie geloof vir die inhegtenisnemings wat reeds in verband met sommige voorvalle gedoen is.

Die Road Freight Association (FRA) het vandeesweek in ʼn brief aan Ramaphosa gesê die aanvalle lei tot die verwoesting van nie net lewens nie, maar ook maatskappye, werksgeleenthede, ekonomiese bedrywighede, goedere, voertuie en fasiliteite.

“Dit is sabotasie, ʼn openlike oorlog op Suid-Afrika se ekonomie en sy burgers. Ons moet dit nou stopsit en diegene verantwoordelik vir die aanvalle in hegtenis neem en vir hul dade laat boet,” het Gavin Kelly, uitvoerende hoof van die FRA, gesê.

Die aanvalle duur nou al maande lank.

In die jongste voorval is minstens twee vragmotors Woensdagoggend op die N12 by Daveyton aan die Oos-Rand aan die brand gesteek.

Ramaphosa het sy medelye betuig met die gesinne en kollegas van diegene wat in die geweld en intimidasie die afgelope ruk dood is. Die president sê ook hy is diep bekommerd oor die uitwerking van die geweld op die betrokke ondernemings en die ekonomiese ontwrigting wat dit veroorsaak.

“As Suid-Afrikaners kan ons onmoontlik die sinlose en bloedige wetteloosheid waarmee die padvragbedryf geteiken word, duld. Ons kan nie hierdie verlies aan lewe en vernietiging van eiendom duld nie.”

Ramaphosa het die inhegtenisnemings wat ná sommige aanvalle in Gauteng gedoen is, geloof en sê hy is vol vertroue dat oortreders in die res van die land ook aan die pen sal ry.

Hy het ook die minister van indiensneming en arbeid, Thulas Nxesi, asook die ministers van vervoer, binnelandse sake en polisie opdrag gegee om ʼn verslag oor die voorvalle aan hom voor te lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Rentia ·

So maklik om dit te veroordeel…. wat word daaraan gedoen? Terwyl ek vir ‘n feit weet en gesien het dat van hulle uit die polisie selle is, op waarskuwing. Geen hof, geen aanklagte niks, want covid… Maklik om te veroordeel vanuit die gemak en veiligheid van jou huis met 80 lyfwagte, terwyl Suid-Afrikaners afgemaai word.

E ·

Belastingbetalende, werkende en weerlose Suid-Afrikaners. Nou nie meer net boere nie, maar baie lank al logistieke werkers. Daar is nie iets soos ‘n vreedsame staking in Suid-Afrika nie.

Rentia ·

Politiek was nog nooit vreedsaam nie, dus kan ek eerlik nie sien dat optogte OOIT sal vreedsaam wees waar politiek betrokke is nie. E, jy is heeltemal reg. Daarom het ek nie gesê boere word afgemaai nie. JA hulle ook, maar nie meer net hulle nie. Dis ‘n aanval op almal in SA wat die wet onderhou, ongeag jou velkleur. Ons loop almal deur, onsettend erg, en CR ag dit blykbaar genoeg om die daad te veroordeel en aan te beweeg.

Persheks Adri ·

Cyril jou mense man! Soek die rooi petters dan gaan dit stop pffft

Tsek! ·

Maar is boere nie in dieseldfe bootjie nie….of is boere n teiken spesie?

E ·

Boere en mense wat enige soort vervoer doen. het al gesien mense wat net aflewerings voertuie ry, wat erg aangerand word en voertuie verbrand word.

Soanli ·

Bitter hartseer. So n swak beeld na die Buiteland en dan vra ons regering steeds beleggings en skenkings. Al die verliese wat gelei word werk deur tot by die verbruiker wat dan net meer uit hul lee sakke moet haal vir nog prys verhogings op goedere
Soanli

Adam Adriaan ·

Terrorism op sy beste. Hier kom ‘n ding wat spring, Hoër as wat die ANC en sy trawante kan strek. Volskaalse anargie. En wat doen CR? Net so nou en dan prewel hy iets om dit te laat lyk of hy darem nog in die stoel is. Dit wil voorkom of almal van CR en sy ANC elite êrens elke dag papagaai twak neem wat hulle denke verwar en beinvloed. Hulle kom nie agter dat daar erens ‘n skroef los is want al die wiele is besig om af te kom.

Daleen1 ·

Adam Adriaan, presies! almal van hulle rook/snuif elke dag pagegaai slaai

Estelle ·

Cyril, onthou God slaap nie. Hy sien dat jy niks doen omtrent die plaasmoorde en die anargie nie….. Dus het jy ook bloed op jou hande nes die EFF. Jy bly stil, dit maak jou aandadig. Die Eff sing Kill the boer… hul is aandadig. HY sal vir ons baklei Cyril. Ons sal die vergelding van die goddelose sien want hierdie land behoort aan Jesus!!

Nette ·

Hoe kan hy voor ander wêreldleiers staan en Suid Afrika goed praat en vertel hoe mooi, goeie land is ons, en hulle moet asb in ons belê. Ek sal so skaam kry, as ek hy was om te weet my land brand en ek lieg vir ander lande, dat ek nie my gesig in die openbaar sal wys nie!
As Suid Afrikaners kan ons GEEN bloedige en sinnelose wetteloosheid meer langer duld nie.

JohanR ·

Groot verskil tussen praat en doen. Die praat is daar in jou voorhuis in ‘n gemaklike stoel voor ‘n kaggel vuur. Doen is daar buite in die koue op die slagveld. Jy is maar net meer bek as binnegoed Squirrel!

Net ek ·

Aai ou CR is darm vinnig om vragmotors wat gebrand word te veroordeel en dis reg!! MAAR hoekom kon hy nie so vinnig wees om plaasmoorde te veroordeel nie?? Gaan dit oor die mense in gevaar se kleur?

Lee ·

Hoekom doen hulle dit, wat is tog nou die deol hier agter – dit is orals, hulle is gewapen, het petrol bomme – wat ie die doel en wie sit hier agter?

Caro ·

Ek het gehoor hul betoog teen die indiensneming van buitelandse vragmotorbestuurders?

Bella ·

Onaanvaarbaar! Dis kriminele optrede met absoluut geen gevolge nie. Die regering is lankal nie meer in beheer van wet en orde nie.

Dup ·

Praat,praat,praat…..vlae hang halfmas…….volgende jaar hierdie tyd gaan vernietiging,misdaad en geweld steeds hoogty vier.

My siening ·

Doen iets en praat minder jy beindruk my nie met praat, praat in jou peetjie in en jy cyrel en groot hoed doen niks wat ons kan sien nie. Waar is julle shame lys ook gepraat maar ons het nog niks gesien nie. Praaaat praaat!

J ·

“When the looting start … is when the SHOOTING will start!” (Donald Trump oor onlus stokers).

‘Kyk en leer’ Mr President!

Prontuit ·

hou op se “sorry” en groei ‘n paar ruk jou land en sy mense reg en begin iets doen daaromtrent, jy bla bla bla bla bla net heeltyd en doen NIKS

Mariana ·

Om dit te veroordeel nie genoeg nie. Doen net ‘n slag iets. As president moet jy meer doen. Maar dis net praat, praat, praat. Die land val rondom jou ineen, verander daagliks in groter ashoop.

PH ·

CR ons betaal jou om probleme op te los nie om twak te praat nie. Doen nou jou werk.

Antoinette ·

Laat die weermag hulle begelei. Dan doen hulle darem ook iets vir ‘n slag vir hulle salarisse.

msp ·

Hoekom verooldeel hy dit, hy moet dit voorkom as ń president van ń land. Lyk eerder of hy dit aamooedid.

Karlahari ·

Hoeveel geld vloei land uit vir elke trok wat brand? Voorhaker wat ingevoer is? R1.2 miljoen?
Ingevoerde onderdele vir sleepwa? Bande? En moontlik ingevoerde vrag? Al die moet weer vervang word en so gaan maklik 1.2 tot 2 miljoen weer land uit vir elke trok wat brand.
Minder geld vir SASSA en gratis alles. Maar daaraan dink die kriminele en regering blykbaar ook nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.