Ramaphosa veroordeel man se dood tydens studentebetoging

Die dood van ‘n man Woensdag tydens ‘n studentebetoging by Wits het tot ‘n optog teen beweerde polisiewreedheid gelei. (Foto: Michele Spatari/AFP)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag die gebeure rondom die dood van ʼn ongewapende omstander tydens ʼn studentebetoging vir gratis onderrig veroordeel en dit as uiters kommerwekkend bestempel.

Mthokozisi Ntumba, ʼn 35-jarige staatsamptenaar, het Woensdag in die kruisvuur beland terwyl hy uit ʼn dokter se spreekkamer in Johannesburg gestap het. Buite die Wits-kampus in Braamfontein het studente betoog vir die skrap van uitstaande studieskuld en die polisie het met rubberkoeëls op hulle losgebrand.

“Dit is uiters betreurenswaardig en het my diep ontstel omdat dit wys dat terwyl ons mense betreklik vreedsaam betoog het, daar oënskynlik oorreaksie van die polisie was,” het Ramaphosa gesê.

Hy het geëis dat ʼn omvattende ondersoek na die dood van Ntumba gedoen word.

Die voorval het hernieude woede en kommer oor polisiewreedheid veroorsaak en het reeds tot verdere betogings gelei.

Sowat 300 mense, onder wie studente, lede van politieke partye en vakbondlede het opgeruk na ʼn polisiestasie in Johannesburg waar talle gewapende beamptes die hoofingang bewaak het. Van die polisiestasie het die groep na die hoofkantoor van die ANC gestap, waar Ace Magashule, sekretaris-generaal van die regerende party, hulle toegespreek het.

Vroeër het Bheki Cele, minister van polisie, sy medelye met Ntumba se familie betuig en gesê sy dood is onverdedigbaar.

“Ek kan dit nie verduidelik nie. Iemand… het gek geword,” het Cele oor die skietery gesê.

Dit was teen Donderdag steeds onduidelik of die polisie skerp ammunisie tydens die betoging gebruik het, maar die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat ondersoek die voorval.

Die studente het Woensdag strate met rommel en brandende dromme versper en verkeer ontwrig. Hulle het geëis dat die universiteit diegene met agterstallige studieskuld, sommige met soveel as R145 000 agterstallig, toelaat om vir die nuwe akademiese jaar te registreer.

Wits se visekanselier, prof. Zeblon Vilakazi, het vroeër gesê die betogings kon beter opgelos word.

Die Suid-Afrikaanse Studentekongres (Sasco) het intussen gedreig om kampusse te sluit en sê Ntumba se dood is ʼn bevestiging van hul siening “dat die polisie ʼn vyand van die swart vel is”.

Die betogings het herinneringe opgeroep van die 2015-betogings en die FeesMustFall-veldtog teen die hoë koste van verdere studie teen die agtergrond van die land se groeiende ongelykheid.

In 2017, twee maande voordat hy gedwing is om te bedank, het oudpres. Jacob Zuma gratis hoër onderwys vir onder meer arm en werkersklas studente beloof.

Die NSFAS-beursskema wat studente finansieel help, gaan boonop gebuk onder ʼn tekort aan geld.

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het Donderdag gesê die regering gaan geld bestem om te verseker dat studente wat kwalifiseer vir 2021 finansieel gesteun word. Die DA het dié stap egter afgemaak as ʼn tydelike pleister.

Die amptelike opposisie sê die reaksie is bloot ʼn poging van die ANC om die feit dat hy sy eie onderwysbeleid verbrou het, te verdoesel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Persheks Adri ·

So hulle kan brand en breek en hulle gedra soos hulle wil en dan verwag hulle die polisie moet hulle uit los? Nee dit werk nie so nie klaar. Hier kom die ras kaart WEER al is die meerderheid polisie manne ook swart? Ons is moeg vir hulle betogings waar hulle hulle self soos hooligans mag gedra pffft en boonop alles demand vir mahala!!!

Paul ·

Is daar voldoende bewyse dat die SAPD wel verantwoordelik is vir sy dood?

Willem ·

En wie gee daai geld? Nie die regering nie. Ons paar wat belasting betaal

Kobus ·

Weereens is ons president “geskok” Mnr, dis hoogtyd dat u en u regering begin om hierdie rampokkers vas te vat.En staan jou vriend Ace nog en moedig hulle aan om te demand. Waarom skiet die SAPD op hulle? Waaro nie ook waterkanonne gebruik soos hulle op weerlose mense in Kaapstad gedoen het nie? Cowboy John Cele skreeu blou moord en wys hy is ‘n diktator sonder planne,Fiekie spring nou soos ‘n kat op ‘n warm sinkplaat oor die Guptas en hy ja en amen wat ookal die Taxi’s demand.Gordhan is leweloos,die vakbonde beheer die land en u het geen planne nie.So,een onskuldige persoon is dood maar dink net hoeveel duisende is vandag gelukkig want u regering het weereens toegegee.

Pieter ·

Ja, Cyril. Daar is duidelik verskillende persepsies oor ” terwyl ons mense betreklik vreedsaam betoog het”……..

Ek sal nie juis brandende buitebande in die strate van die middestad en beskadiging van private eiendom “betreklik vreedsaam” noem nie……

Chris dupreez ·

Die studente het die strate met rommel en brandende dromme ontwrig , en jy sê hulle het betreklik vreedsaam betoog mnr. Ramaphosa ???. Daardie studente is verantwoordelik vir daai onskuldige man se dood, so ook die EFF wat die aanhitsing doen.

Andrew ·

My verstand gaan staan stil as ek dink dat enige van my volk genote se ouers nog dink om te betaal om hulle kinders in enige van SA se marxistiese liberale universiteite te laat studeer. Kyk nou net wat doen Maties?

Sebastiaan ·

Verstaan ek nou reg: die president van die ANC veroordeel die ANC beheerde polisie wat deur die ideologie ( brutale betogings ) van die ANC wat reeds jare terug geskep is. Die ANC minister van polisie veroordeel ook sy eie ANC beheerde polisie vir hulle optrede, nadat hy eens gese het “skiet om dood te skiet”.

Misky ·

Wonder of die man die betekenis van die woord “vreedsaam” verstaan

Kaal Keiser ·

Die probleem met vandag – geen verandwoordelikheid vir jou optrede nie – geen nagevolge nie…. doen net so voort want wat keer jou…?

Anoniem ·

Ek hoor amper daagliks hoe smeek sekere mense, o.a. predikante, die blankes om nie die land te verlaat nie. Hulle meen die probleme in SA is regtig nie so erg soos wat ons voorgee nie. Waar sal ons jeug eendag in SA vreedsaam kan studeer? Volgens BEE sal ons jeug nie werk hier kry nie. Ons land is op sy kop en hoe gouer die blankes dit besef, hoe beter.

Genis ·

En ACE hits aan… @Adri breek en brand is hulle winter en somer sport en die diregente sing “we Denad, we Demand!”….

Bosvelder ·

As dit die standaard is vir ‘n vreedsame optog en die Lydenburg gekspul word beloon met gratis krag en water, hoekom enigsins ‘n saak oopmaak teen die Senekal boer?? Die standaard is gehandhaaf.

Jaco ·

Die swart ANC kla oor die meestal swart ANC beheerde polisie lelik is met swart mense. Iets maak nie sin nie. Hoe dan nou?

Heksie ·

Die studente het in die 1ste plek die situasie geskep. Nou is hulle verbaas oor watter gevolge hulle optrede veroorsaak het.

Darkwing Duck ·

Hou maar hierdie berigte fyn dop, daar is veel meer agter hierdie geval as wat ons vertel word. Wonde hou nie verband met rubberkoeels nie = hoeveel van hierdie studente was tot die tande gewapen? Maar arme polisie as hulle openbare plekke soos paaie en ander mense wil beskerm. Uittartend.

Magda ·

Kan julle bewys die man is dood geskiet deur die Polisie, want die Jeug is deesddae net so sleg, wil alles verniet he n demands word vir elke dingetjie geeis. Die voorbeeld wat die ANC/EFF stel nou ja dit laat veel te wense oor. Polisie doen n deeglike ondersoek en stel wie se koeel het daai man se dood veroorsaak, dalk of dalk nie nog 1 van die betogers self. ALL LIVES MATTER WHITE LIVES MATTER / COLOURED LIVES MATTER – ALL LIVES MATTER.

Jakes ·

Die studente moet eerder vir Zuma, Ace Magashule en CR vir geld gaan vra. En vir die minister van die staatsdiens wat geskorste werknemers vir maande lank vol betaal. Omdat brandstigting, rommelstrooi en klipgooi nie as n msdaad beskou word nie maar eerder as n stokperdjie, moet die polisie nou blameer word. Vra liewer statistiek oor die slaagsyfer van studente by Wits dan sal n heel ander prentjie na vore kom.

Vernon ·

Mnr. Pres..julle het hierdie baba gekweek…maak hom nou groot. Gee hierdie lot genoeg tou…. Die wiel draai!!! Swak opgeleide SAPS,te veel “studendsss”, “no moneyyy”. Jakob het mos belowe gratis studies.

Henk ·

weet jy, as jy in n possisie staan waar honderde betogers voor jou staan en besig is met onluste en plundering voel ek jy as vrede mag die mag het om te doen wat nodig is om eiendom en lewens te beskerm. hulle is verkeerd en niemand sal hulle verkeerd bewys nie so skiet hulle en kry klaar.

Charles ·

Ja Cyril, dit is kommerwekkend, maar wat doen jy daaromtrent, boggerol!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.