Ramaphosa versoek groter dringendheid vir die ekonomie

Pres. Cyril Ramaphosa, adjunkpres. David Mabuza, kabinetministers en adjunkministers by die Sefako Makgatho- presidensiële gastehuis vir ʼn uitgebreide kabinetsvergadering (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het ʼn beroep op ministers gedoen om groei en dienslewering te bespoedig tydens die laaste kabinetsvergadering van sy administrasie voor die nasionale verkiesing vanjaar.

Ramaphosa het ʼn ekonomie versoek wat geleenthede vir vroue, jong persone en miljoene werklose Suid-Afrikaners sal skep.

“In ʼn tyd waar die wêreldwye ekonomiese vooruitsig maar droewig is, het Suid-Afrika ʼn beduidende geleentheid en, as dit vermors word, sal dit tot lae groei, werkloosheid en erge ongelykheid lei,” het die president gesê.

Hy doen ook ʼn beroep op ministers om ʼn kultuur van “skoon regering” te vestig.

“Hy het gesê die staatsdiens moet, as agente van verandering en agente om ʼn beter samelewing te bou, baie meer reaktief wees en gehaltedienste aan die land lewer,” het die presidensie in ʼn verklaring gesê.

Dit volg ná getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping hoe die veiligheidsmaatskappy Bosasa hooggeplaastes omgekoop het om winsgewende kontrakte met die staat aan te gaan.

Die kabinetsvergadering is ʼn uitgebreide vergadering van ministers, adjunkministers en direkteurs-generaal van departemente.

Ramaphosa en adjunkpres. David Mabuza sal Vrydag medevoorsitters wees by ʼn sessie van die presidensiële koördineringsraad, waar provinsiale premiers, LUR’e en die leierskap van die plaaslike regeringsvereniging by die kabinet sal aansluit.

“Hierdie gesprekke verseker dat die aksieprogram en vooruitsigte van die kabinetsvergadering oor alle regeringsvlakke heen geïmplementeer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Alida ·

Het hy boom gerook of wat? Oom Zondo hoor elke dag van meer kabinetslede wat geimpliseer word in staatskaping en stelery!

Nou verstaan ek ·

Dit sal nooit gebeur nie. Het my bestuurs lisensie hernu, al die amptenare was vrek onbehulpsaam, lang rye met geen behoefde om enige diens te lewer nie -nie eers n glimlag nie. Ek het gevoel soos wors in n worsmasjien.

Jan Alleman ·

Spanje se ekonomie het gegroei sonder ‘n regering vir ‘n paar maande. Meer as ooit tevore. Miskien moet ons bietjie dit probeer. Fire al die narre. Ons as publiek het bietjie ‘n breuk nodig van al die blik emmers.

Paul ·

Ek het maar net geen vertroue in hierdie man nie, geen, al is hy die laaste hoop om ons te red.

“Ons” te red, watter “ons”?

Hy het 25 jaar gelede die wit man aan ‘n padda gelyk gestel. Dit is tot vandag toe sy hele ingesteldheid. En ek glo regtig hy dink hy is Mandela II, nie dat Mandela I beter was nie, Mandela I het net beeldpoetsers en die hele NP gehad wat wou beur dat hy in die wêreld as SA se messias bekend sou staan. Hulle moes mos die bevolking hul god van goud gee.

As dit nie sou gebeur nie het die hele wêreld SA as ‘n mislukking gesien, en op daardie stadium het die wêreld nie ‘n Donald Trump gehad nie, toe gaan hulle maar vir dit wat aan hulle as die tweedebeste opgedis word.

Frikadel ·

Jissie Ramaphosa jy praat mos nou net met jouself!? Stop so gou as moontlik jou grond hervorming sonder vergoeding strooi en die ekonomie sal vandelf regkom, hou op om jou soos n moroon te gedra

De Villiers ·

… en die minimum loon waar geïmplimenteer is. Onder CR se bewind het die ekonomie nogal geduik. Almal hoop seker op beter ekonomie ens. maar dit help nie jy maak absurde uitsprake en doen snaakse dinge wat die wêreld afskrik, maar jy verwag steeds die onmoontlike nie.

Ekke ·

Too little, too late. Baie soustreinryers het geproe aan die sous en wil net meer en meer ‘onteien sonder vergoeding’. Nog nie een siel gesien opdok vir sous onteien nie. Nog net bevorderings.. Nee wat my vertroue in die man bestaan gladnie.

Michael ·

Kyk net hoe lekker sit en lag hulle eet hulle dik terwyl hulle eie mense dood gaan ban die honger ai man.

Peet Schabort ·

Hier by ons op die oewer vd Vaaldam word die dongagrondstrate nou skielik geskraap na meer as twee jaar. Vandag vir die eerste keer sien ek ook grassnytrekkers in die dorp. Seker maar die verkiesingskoors? Die munisipale rek’s bly egter deurmekaar want daar verskyn op my rekening ‘n TWEE maande verbruik wat bereken word op ‘n MAANDELIKSE glyskaal. Dis nou die Metsimaholo munisipaliteit.

SjN ·

My plaas werkers is die klomp ver voor, Soustrein ryers, pateties

GRIET ·

Klomp narre ini sirkus…wat die EIE ganse wat die goue eiers lê…omi ekonomie aan te gang te hou,wil teer en veer…
Kyk net die blink ronde gesigte en spekvet gevoerde lyfies…

Danie ·

Nou hoekom skrik jy nou eers wakker. Vir ons gewone westerse mense is jou “wyse” woorde net plyn logika. Ek is al so siek en sat dat almal skielik wysword omdat die arme vent uit die skynheilige posisie van president dit se. Gewone mense praat al lankal om die braaivleis vure hiervan. Almal lyk selfvoldaan arrogant. Julle is dalk konings onder julle eie mense. Julle is `n SIRKUS onder ons mense.

Johan H. ·

Raak eers ontslae van al julle kriminele in die kabinet ,dan jouself, dan try ons weer. So terloops wanneer gaan julle tronk toe ou dief!!!?

suzette mcdonald ·

ek wil net lag oor die” dienslewerin verbeter” Wat ‘n grap. gaan na enige staatskantoor, van ‘n hospitaal tot SASSA, dan kan mens sien hoe pateties die dienslewering is. Hulle doen jou ”n helse guns, net om na jou te luister, wat nog om diens te lewer

BM ·

En swaar verdiende geld word as belasting uit ons uit gesuig en dien as brandstof vir hierdie soustrein. Die groter prentjie is nog onsigbaar.

humor ·

Ramaphosa verwag seker hierdie insette net van hulle wat hy noem ons mense. Die blankes het sekerlik die byna 25 jaar genoeg in n bodemlose put gestort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.