Ramaphosa versoek groter samewerking met Iran

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa tydens 'n vergadering in Maart 2015 by die Uniegebou in Pretoria (Foto: departement van kommunikasie)

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa tydens ‘n vergadering in Maart 2015 by die Uniegebou in Pretoria (Foto: departement van kommunikasie)

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaanse en Iranse ondernemings versoek om geleenthede vir vennootskappe te ondersoek en om te bou op die band tussen die twee lande.

Ramaphosa het dié versoek tydens sy toespraak by die Suid-Afrika/Iran-sakeforum in Tehran gemaak, het die presidensie in ʼn verklaring gesê.

Hy lei tans ʼn drie dag lange hoëvlakafvaardiging van die regering en sakeleiers tydens ʼn amptelike besoek aan Iran. Die doel van die besoek is om politieke en ekonomiese betrekkinge tussen die twee lande te konsolideer.

Ramaphosa het daarop gewys dat Suid-Afrika deurgaans die eensydige sanksies teen Iran veroordeel het en die land se reg om kernkragenergie vir vreedsame doeleindes na te streef, ondersteun.

Hy het gesê daar is ʼn groot aantal ekonomiese bedrywe wat ʼn groot moontlikheid vir samewerking bied. Dit sluit die volgende in:
* petrochemiese gaseksplorasie en die alternatiewe energiesektore;
* landbouprodukte;
* mynbou en myntegnologie;
* vervaardiging;
* chemikalieë en farmaseutika;
* klere en tekstiel;
* bosbou, papier en meubels;
* infrastruktuurontwikkeling;
* finansiële dienste;
* toerisme en gasvryheidsinfrastruktuur; en
* akwakultuur, maritieme olie- en gaseksplorasie en skeepsbou.

“Suid-Afrika is oop vir besigheid,” het hy gesê. “Ons moet saamwerk om die noemenswaardige hulpbronne oop te sluit waaroor ons beskik.”

Ramaphosa sal Sondag ook met adjunkminister van mynbou en handel Afkhami Rad, petroleumminister Bijan Mandar Zangeneh en speaker van die Iranse parlement Ali Larinjani, vergader.

Ramaphosa sal Maandag ook ʼn besoek aan die Iranse president, Hassan Rouhani, bring.

Lees sy volledige toespraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gerhardt ·

Wat van beter betrekkinge met lande wat iets beteken? Wat van Singapoer, Botswana, Australie en Kanada? Of speel ons maar verewig in die modderpoel. Die arme mense verstaan niks van geo-politiek nie. ‘n Vriend van Sjietiese Iran maak baie Sunnie vyande. Maar Rome brand en Ramaphosa toer.

Antonie willem van den berg ·

Meng you met die muishond lande en jy gaan een of ander tyd verstoot ward

CHRISTA ·

Ek dink Ramaposa wil sy sakebedrywighede uitbrei en hy sien hierdie as die ideale geleentheid!

Grassie ·

Die ANC is die afgelope tyd besig om met Amerika skoor te soek, soos ‘n keffertjie wat na ‘n boerboel se hakskene loop en hap. Daar is die gevoetslepery met die AGOA-handelsooreenkoms en nou die geflikflooiery in Iran. As die Yanks hul rug op ons draai gaan die Rand erg deurloop. Ek glo die SAKP sit agter hierdie probleme. Hulle sal graag ons kapitalistiese ekonomiese stelsel wil sien val want hulle wil ‘n kommunistiese, staatsbeheerde stelsel probeer vestig.

Rynhardt ·

Die Anc soek altyd muishond-lande.Iran is die vader van terrorisme.Maandag 2November het Radio Helderberg oor die volgende berig:”Iran gaan nou sy kernooreenkoms inwerking stel”.Die pad vir Daniel 11:40 word reeds uitgele.M.a.w., die koning van die Noorde(Duitsland en die heilige Romeinse Ryk) gaan bots met die koning van die Suide(Iran)- die begin van Derde wereldoorlog.In Duitsland bots regses reeds met immigrante elke dag tetwyl die SAUK tjoepstil bly.Al meer geluide word gemaak teen die Duitse kanselier,Angela Merkel.Die situasie gaan al hoe meer ondraaglik raak.SA moet liewer vergeet van sy hoop op Iran.Met verloop van tyd gaan ons sien hoe petrol-en oliepryse gaan styg!SA en wereld kan nie sien tans die pad wat gestap word nie.

Rynhardt ·

Marous gaan bestudeer die Woord,voordat jy met onkunde my kom aanval!Jy het nie n idee wat om jou aangaan nie!Gistraand het die country sanger/omroeper by Radio Helderg,Tommy Dell die volgende gese:”In Sirie en Midde Ooste versleg dinge vinnig met vrouens en kinders wat om die lewe gebring word.Dinge versleg vinniger in die wereld en die mensdom leer niks nie.Dit het tyd geword om weer die Bybel oop te slaan,die mensdom het die Here vergeet.”Hy is nie eens n ekspert nie,maar hy het n goeie begrip van dinge en kan sien waarheen dinge gaan!Midde-Ooste word vinning onstabiel!

Johannes Meintjes ·

Die behoefte vir sosio-ekonomiese modelle met impak en waarde vir die man en vrou op die grond bly uitermate gebrekkig en afwesig. Lugkastele en ekonomiese netwerke onder die “verligdes” met sakke vol geld, wat net op geld en mag gebaseer is, is onvolhoubaar en baie selektief oor wie daartoe toegelaat word. Intussen sukkel die op grondvlak om werkende en landbou of klein-industrie gefundeerde ekonomiese modelle volhoubaar en relevant te vestig.

Gertjie ·

Ramaposa, het jou ma jou nie geleer om met vuur te speel nie?

Christine ·

Wat doen al die opponeerende partye in hulle banke? Stop hierdie mense wat wil bande heg met die onrustige midde-ooste. Julle niks doen is net so skuldig aan die verwoesting van ons land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.