Ramaphosa verwelkom onthullings by ondersoeke

Pres. Cyril Ramaphosa in Kimberley (2 Februarie 2019) (Foto verskaf)

Suid-Afrikaners moet nie bekommerd wees oor onthullings by verskeie kommissies van ondersoek nie, het pres. Cyril Ramaphosa Saterdag gesê.

“Die waarheid wat nou onthul word, sal ons vry maak en ons sterker maak, maar ons moet seker maak dat die verkeerde dinge wat by die kommissies van ondersoek bespreek word, nooit ooit weer in Suid-Afrika gebeur nie,” het hy aan duisende ANC-ondersteuners tydens die bekendstelling van die party se verkiesingsmanifes in die Noord-Kaap by die Galeshewe-stadion in Kimberley gesê.

“Ons wil nooit weer teruggaan na die dinge wat in die ondersoeke aan die lig kom nie. Ons wil seker maak dat dit nooit weer gebeur nie.”

Suid-Afrikaners is sedert die begin van Januarie verstom oor onthullings by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, waar getuienis aangebied word oor grootskaalse plundering van staatsgeld – waarskynlik miljarde rand – en maatreëls om dié misdade weg te steek.

Twee ander kommissies van ondersoek oor staatskaping vind ook plaas en het tot dusver soortgelyke kommerwekkende onthullings gehoor van bedrog, korrupsie en politieke manipulasie.

Die Mokgoro-kommissie stel ondersoek in oor die bekwaamheid van senior staatsaanklaers Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi om die amp te beklee. Beide word geteister deur bewerings van vervolging wat polities gemotiveer is.

ANC-ondersteuners by die bekendstelling van die party se verkiesingsmanifes in Kimberley (2 Februarie 2019) (Foto verskaf)

ʼn Derde kommissie stel ondersoek in oor bewerings van ongerymdhede in die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), wat twee biljoen (“trillion”) in staatsbates bestuur, hoofsaaklik staatspensioene en ander fondse in die staatskas.

“Diegene wat betrokke was by ongerymdhede moet self na vore kom en aanspreeklik gehou word. Dit is belangrik vir die land en vir die ANC om seker te maak dat ons hierdie geleentheid aangryp en die geloofwaardigheid in ons beweging herstel,” het Ramaphosa gesê.

“Die ANC kom sonder enige arrogansie voor die land. Ons kom sonder enige bravade dat ons, soos die Grondwet van ons vereis, gereed is om dienaars van die mense te wees,” het hy bygevoeg.

Hy het vroeër gewaarsku dat die regering op die spoor is van dwelmhandelaars wat jongmense se lewens verwoes. “Diegene wat in dwelmmiddels en bendebedrywighede betrokke is, moet weet dat ons vir julle kom. Ons gaan op julle fokus.” Die ANC werk hard om veiligheid en sekuriteit in gemeenskappe, huise en op Suid-Afrika se grense te verseker. Dit sluit die toewyding in om te stry teen geslagsgebaseerde geweld, bendebedrywighede en dwelmmiddels.”

Ramaphosa het gesê gespesialiseerde eenhede in die Suid-Afrikaanse Polisiediens sal dwelmsindikate teiken. “Te veel van ons gemeenskappe word steeds deur dwelm- en alkoholmisbruik geteister. Die ANC bly verbind daartoe om maatskaplike en strafregtelike geregtigheid te bevorder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Tik tok tik tok ·

Hey jou ramkat
Ek verstaan jy word ook nou gekoppel aan sassa geld wat jy ingepalm het
Luv die brief wat 5 countries aan jou geskryf het
Hoop jy neem daai waarskuwing ter harte
Voor jy ook dalk in die tronk sit

Afrikaner ·

Jip, ek het nou sopas daaroor ook in my kommentaar hier onder van melding gemaak, sommer met skakel na die berig toe.

Vic ·

Maar jy sê niks van die sinnelose plaas aanvalle en moorde op boere wat kos produseer nie. Talk is cheap want jy kruip nou weer vir stemme vir die ANC.

Ander Koos ·

Ja Vic, stem CR is baie selektief. Praat nie oor plaasmoorde nie. Hy is ook doodstil oor Driehoek H S tragedie. Wat ‘n skande!

Msp ·

Hy sal stil wees want wat beteken die minderheidsgroepe vir hom. Gelukkig gaan die wêreld se oë nou oop. As Apartheid onder sanksies geval het hoeveel te meer gaan dit nie die Apartheids en Rassistiese regering sy ondergang besorg nie…

Afrikaner ·

Cyril, dankie, ons besef jy doen jou bes, buiten nou dat die geskiedenis met jou paddakokery elke nou en dan opduik, ook die grond kwessie wat julle dryf omdat julle nie ‘n ander wortel het om vooraan die stok te hang nie.

Dan ook maak jy baie populistiese uitsprake en het jy en jou nommer twee mekaar al op dieselfde dag weerspreek. Maar baie belangrik vir ons toekoms is hoe suksesvol jou besoeke oorsee is om ons ekonomie aan die gang te kry.

Maar dis nie die einde van jou kopsere nie, dus kan ek nou nie anders om die realiteit soos dit in die buiteland ervaar word hier onder by die skakel te plaas nie:

https://www.timeslive.co.za/politics/2019-02-03-uk-and-us-warn-state-capture-could-put-cyril-ramaphosas-investment-drive-at-risk/

Ekke ·

Ek kan nie wag dat sy naam ook onthul word nie. “die waarheid sal ons vry maak en sterker maak” ja.. Miljoene rande later.. Net ‘n piets op die hand gepaard met “moenie weer nie” (dis hoe hy werk) vir al die individue wat onthul word.

John ·

Cyril glo SA is tans net ‘n verhoogstuk, waar die karakters bloot hul maskers afhaal en dan is alles weer dieselfde… wonderlik en mooi. Die ANC-droomwereld het CR beet. Trek mooi aan en praat mooi Engels en waai soos die queen… Ons gaan die Mogabe-era binne… waar pappie, moeder en kroos blink en die res krepeer.

Johanna Botha ·

Almal verwelkom dit …maar gebeur daar iets …..ummmmm NEEEE ! ????????

Tannie ·

Ja, ek dink die buiteland is besig om te sien wat in hierdie “captured” land aangaan en dat veral Duitsland in die toekoms letterlik tot die geveg hier gaan toetree!!

Ander Koos ·

Mooi praatjies en speel met woorde. Hy lei net “our people “ aan hulle neuse rond

Joop ·

So op ‘n ander noot, wat word van die skaliegas projek wat julle weer aan die gang probeer kry, en dan lees ek nou die afgelope week van ‘n kollosale olieveld in die see, doer onderkant Plet wat Total in die dae uitslag oor sal kry.

Dries du Toit ·

Vir wie bluff hy. As hy regtig bekommerd was oor SA moet hy liewer net bedank en uit ons lewe padgee. Hy was ongetwyfeld bewus van al hierdie diefstal. Kom skoon en bedank asb

Maljan ·

Sulke geykte kolonialistiese uitlatings uit die mond van die anc leier. Wat sou hulle sonder kolonialisme gewees het?

mooi ·

oompie rampie was hoe lank saam met zoempie. hoe is dit moontlik dat hy niks van niks kan weer nie? verstaan ook nie waarom al die getuies voor die kommissie noú eers na al die jare oor al die dinge uitspoeg nie. is die omdat hulle n stoel gehad het om vir homself te beskern.

Christien vd Westhuizen ·

Ons weet daar gaan niks met enige korrupte persoon gebeur nie al onthul die zondo kommissie wat I AM SO SORRY en daar gaan jy

Rudolf ·

Hier is ‘n uittreksel uit vanoggend se berig uit Business Tech:

The governments of Germany, the United Kingdom, the USA, the Netherlands and Switzerland have written to the presidency through their missions in Pretoria, warning that South Africa needs to make clear moves against corruption.

Speaking to the Sunday Times, an official in the presidency said that the move was ‘unprecedented’ as foreign countries typically only step in when governments violate their laws or commit human rights violations.

Johanna Botha ·

Verwelkom dit ook …maar gebeur iets met die skuldiges …..NEE, selfs Life Esedimeni se vrou met die bril loop not vrylik rond na meer as 100 mense wat dood is ??

Karel ·

Mnr die President, maar nou het jy my erg bekommerd oor jou volgende opmerking en ek haal aan:

“Die ANC werk hard om veiligheid en sekuriteit in gemeenskappe, huise en op Suid-Afrika se grense te verseker. Dit sluit die toewyding in om te stry teen geslagsgebaseerde geweld, bendebedrywighede en dwelmmiddels.”

Eerstens sien ek jy gaan darem aandag aan ‘grensboere’ se veiligheid gee, alhoewel jy die woord ‘boer’ vermy. Veediefstel, gaan dit ook aandag kry?

Tweedens dag ek dis die regering wat aan hierdie sake, soos deur jou uitgelig, hard werk, maar nou sien ek dit is die ANC, geen wonder daar kom dadels van.

Derdens, wat van die boere en plaasgemeenskappe se veiligheid elders as op die grense?

Adam ·

Dit is bykans onmoontlik om te glo dat CR kan kwytraak dat die oortreders “self na vore moet kom” en dat Landsburgers nie bekommerd hoef te wees oor voortgesette vergrype nie. Dit is gewoon verkeerd en leuenagtig. Die ANC van die Mandela’s, Sisulu’s, Luthuli’s, Govan Mbeki ens, bestaan nie meer nie en alhoewel hulle ook nie hulself altyd met glorie beklee het nie is hulle vevang met ‘n ANC met bykans geen waardes nie en het dit gemanifesteer in korrupsie, algemene oneerlikheid, nepotisme, rassisme, swak bestuur , rampokkery ens. CR was self een van die hoofbevoordeeeldes van BBBEE saam met Sexwale en sy swaer Patrice Motsepe. Hulle was die “champions” van BBBEE en moes die toon aangee en bewys aan hul broers dat hulle suksesvol kon word. Al wat ons van BBBEE geleer het is dat dit beide wit en swart gekorrupteer het.

marous ·

Presidente , ministers , kaders , korruptes ,diewe, plunderaars hoef ook nie bekommerd te wees nie want daar sal niks gebeur nie

ne ·

Wie dink CR smeer hy se oë toe? Ons sien deur jou soos die buiteland ook! Mooi woordjie werk nie. DADE SPREEK!!!!

Afrikaner ·

Meneer die president, hier is my voetewas aan jou en die onreg waarvoor ek en my mense verantwoordelik was. So bieg ek ook nou en haal aan:

We Are the Champions deur Queen:

I’ve paid my dues
Time after time
I’ve done my sentence
But committed no crime
And bad mistakes
I’ve made a few
I’ve had my share of sand kicked in my face
But I’ve come through

We are the champions, my friends
And we’ll keep on fighting ‘til the end
We are the champions
We are the champions
No time for losers
‘Cause we are the champions of the world

I’ve taken my bows
And my curtain calls
You brought me fame and fortune and everything that goes with it
I thank you all

But it’s been no bed of roses
No pleasure cruise
I consider it a challenge before the whole human race
And I ain’t gonna lose ….

Gert J ·

HY WIL DIE KADERS MOET SELF NAVORE KOM. WAT N GRAP. ELKE DEPARTEMENT SAL DAN VOOR HOM STAAN MET HOMSELF OOK SKULDIG. NIEMAND GAAN HULLESELF OORGEE NIE DIS WENSDENKERY. DIE ANC HET REED GESE DAT HULLE NIEMAND GAAN VERVOLG NIE. WOORDE WOORDE WOORDE MAAR GEEN AKSIE.

RATEL ·

Dis jou Kinders, Comrades(Kaders) , Our People! Julle is regtig useless verby!!!!!

Ben Potgieter ·

Een ding kan nie weg gevat word van die ANC nie.Dit is dat hulle werk skep waar daar nie werk is nie.Kommissie op komissie,taakspanne op taakspanne en dan gebeur daar niks nie.Groot grap keer op keer.

Gert van Wierdapark ·

“Die onthullings maak ons as belastingbetalers armer, maar nie vry nie pres CR. Ek hoop nie hy bedoel vry in die sin van die woord dat diegene wat geimpliseer word met korrupsie steeds hul vryheid sal geniet nie, maar so gou moontlik in Oranje oorpakke geakkkommodeer sal word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.