Ramaphosa verwelkom uitspraak teen taksbaas Tom Moyane

Tom Moyane, voormalige kommissaris van die SAID (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het die uitspraak in die Pretoriase hooggeregshof verwelkom wat afgedankte hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se aansoek om sy werk terug te kry, van die hand gewys het.

“Pres. Ramaphosa verwelkom die uitspraak as ʼn stap om die SAID te stabiliseer op ʼn tyd waar doeltreffende inkomste-invordering en belastinggeregtigheid noodsaaklik is vir ekonomiese herstel en om die vertroue van korporatiewe en persoonlike belastingbetalers in dié belangrike staatsinstansie te herstel,” het die presidensie in ʼn verklaring gesê.

“Kragtens die aanbevelings van die Nugent-kommissie, sal die president binnekort met die proses begin om ʼn nuwe SAID-kommissaris aan te stel.

Maroela Media het vroeër berig regter Hans Fabricius het Moyane se aansoek met koste van die hand gewys en gesê dit is geregverdig gebaseer op sy “boeliegedrag” tydens die hofverrigtinge.

Die Nugent-kommissie van Ondersoek is in Mei deur Ramaphosa aangestel en moes ondersoek instel oor die bestuur en administrasie by die SAID. Ramaphosa het Moyane afgedank op aanbeveling van regter Nugent se tussentydse verslag.

Moyane hou vol die dissiplinêre verhoor teen hom moes nie op dieselfde tyd as die SAID-kommissie plaasgevind het nie.

Sedert hy die bestuur van die inkomstediens in 2014 oorgeneem het, het inkomste-invordering by die SAID gedaal met ʼn tekort van ongeveer R100 miljard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Karolis ·

Alle eer aan Regter H. Fabricius.
Dit is die tipe gesag wat die howe moet uitoefen.

Andre ·

Dis fassinerend dat Moyane voorgee dat hy onskuldig is.

Hy wéét tog beter as die regter en enige ander persoon van elke misdaad wat hy gepleeg het.

Of is daar iewers ‘n ‘varkie wat nie op hok is nie?’

IK ·

MM dra seker kennis dat hy nog steeds nie bes gegee het of lees ek skeel??

Gert van Wierdapark ·

R100 miljard – Tommy my maat, wie het saam met jou met die spesifieke verswakte optrede van SARS, danksy jou, gebaat. Dit kan nie net die sigaret manne wees wat so lekker Tom-tom belasting ont-duik het nie.!

Paul ·

Maar al hierdie dinge het gebeur terwyl CR adjunkpresident was, nou is hy self vromer as Pilatus wat sy hande in onskuld gewas het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.