Ramaphosa verwerp voogdyskap vir staat oor grond

Pres. Cyril Ramaphosa gesels met lede van die parlementêre perskorps by die Imbizo-mediasentrum in Kaapstad (Foto: Presidensie/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het hom Donderdagmiddag onomwonde uitgespreek teen die tipe voogdyskap vir die staat oor grond wat die EFF tans met die ANC bespreek.

Die EFF en ANC se verteenwoordigers op die parlementêre ad hoc-komitee wat artikel 25 van die Grondwet moet wysig om onteiening sonder vergoeding meer eksplisiet te maak, onderhandel tans oor die EFF-voorstel rakende voogdyskap, wat sal beteken die staat besit alle grond en landsburgers kan dit by die staat huur.

Dit volg nadat die DA, IVP en VF Plus geweier het om substantief met die ANC te onderhandel oor ‘n wysiging van die Grondwet.

Ramaphosa is Donderdagmiddag oor die kwessie uitgevra deur lede van die parlementêre perskorps by ‘n mediakonferensie na sy repliek op die debat oor sy begrotingspos.

Ramaphosa het heeltemal teen die konsep van staatsvoogdyskap oor grond te velde getrek en dit as die nasionalisering van grondbesit verwerp. Hy het gesê hoewel die ANC tans met die EFF onderhandel, sal die party ook met ander partye onderhandel.

“Die mense wat deur die jare met grondbesit benadeel is, wil grond besit, met titelaktes. Hulle wil nie hê die staat moet die grond besit nie, want hulle wil waterregte kan bekom en banklenings teen die sekuriteit van eienaarskap kan uitneem – nie bloot by die staat gebruiksreg kry nie.”

Ramaphosa het die voorbeeld van die voorkeure van boere wat pas by Tafelkop in Sekhukhuneland titelaktes op voormalige staatsgrond ontvang het, aangehaal oor hoe beperkend dit is om grond onder staatsvoogdyskap te bewerk.

Hy het ook nogmaals benadruk dat die rol van die ad hoc-komitee bloot is om dit wat tans implisiet in art. 25 van die Grondwet vervat is, eksplisiet te maak.

Op ‘n opvolgvraag of staatsvoogdyskap van grond tans implisiet aan die Grondwet is, het hy nie regstreeks “ja” of “nee” geantwoord nie, maar wel gesê hy is teen die nasionalisering van grond gekant want dit demp en versmoor mense se entrepreneursvaardighede.

Landelike gemeenskappe wil volgens hom nie staatsvoogdyskap van grond hê nie. Dit help ook nie om eienaarskap in ‘n groep of ‘n gemeenskap te setel nie, want dan neem niemand verantwoordelikheid nie, het Ramaphosa gesê. en gevra dat die politici luister na die behoeftes van die mense aan eienaarskap, eerder as om te verwag dat die mense moet luister na die politici.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sarel ·

Word dit nou reg gerapporteer…..Politisie moet na die Burgers luister????

Persheks Adri ·

Vir watter rede kan our people nie gaan werk vir wat hulle wil besit nie? Ons betaal ten duurste vir eiendom en hulle demand al WEER. Se agterent man! Gaan beslis nie my eie eiendom huur by die staat nie dis myne nie die bank s’n nie werklik. Gee jou eiendom vir jou our people Cyril jy’t mos genoeg geld gggmmmfff

Pieter ·

Jy cyril is nie n pres se alie nie jy en jou anc party is n verleentheid vir die land.

Martie Smartie ·

Die aparthaait regering het my nooit enige iets verniet gegee nie. Nie eens ‘n hopie grond nie. Vir wat moet mense verniet grond, water en krag kry? Die wit koei word droog gemelk dan sal ons sien wat maak ou paddakoker

Charles ·

As die padda gaar is, sal hulle hom opeet, maar dan begin die Afrika wat hul verdien.

Chris ·

Hy sal aan die einde van die dag na “our people” luister, want Rammy en die cANCer party het nie meer antwoorde of oplossings nie …., maar kom stemdag…, word die mooiste beloftes gemaak om stemme te verwerf…. ‘n Groot klug

Jr ·

Ooh so nou is titelaktes vir swart mense reg maar titelaktes vir wit mense gaan “niks beteken”. Twee wette in hierdie land een vir swartes en een vir wittes = REVERSE APARTHEID. Just proof blacks can be racist!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.