Ramaphosa vir president, sê NUM

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Die National Union of Mineworkers (NUM) het Maandag weereens beklemtoon dat hy adjunk-president, Cyril Ramaphosa, ondersteun om pres. Jacob Zuma as die leier van die ANC op te volg, wat na verwagting sal beteken dat Ramaphosa in 2019 president van die land word.

David Sipunzi, die NUM se sekretaris-generaal, het die media Maandag tydens ʼn inligtingsessie toegespreek na afloop van die vakbond se nasionale uitvoerende komitee (NUK) se vergadering wat verlede week plaasgevind het.

Sipunzi het gesê die vakbond glo Ramaphosa is ʼn goeie kandidaat om president te word, ten spyte van ʼn openbare persepsie dat hy as miljardêr-sakeman deel is van monopolie kapitaal.

“Die NUK het weereens bevestig die sentrale komitee van die NUM het vroeg in Junie besluit om Cyril Ramaphosa se kandidaatskap vir president te ondersteun. Dit is nie bloot gegrond op die tradisie van die ANC nie, maar ook op die gepastheid van die kandidaat,” het hy gesê.

“Ramaphosa het al sy sakebelange opsygesit om op politiek te fokus. Hy is ook al ʼn geruime tyd lank die adjunk-president en daarom glo ons hy is genoeg voorberei om as president oor te neem.”

Zuma sal na verwagting as ANC-president uittree by die party se konferensie in Desember volgende jaar, in aanloop tot die nasionale verkiesing in 2019, wanneer sy termyn as die land se leier ook tot ʼn einde sal kom. Sipunzi het gesê hoewel dit die ANC-leierskap se voorreg is om oor die nuwe leier van die party te besluit, het die NUM, as ʼn werkersvakbond, ʼn gevestigde belang in wie die ANC lei.

Sipunzi het ook gesê dit is onaanvaarbaar dat alliansie-vennote mekaar neerhalende name noem in die openbaar in hul gekibbel oor die nuwe ANC-leier. Hy het vermoedelik verwys na Bathabile Dlamini, die president van die ANC-Vroueliga, wat verlede week die Young Communist League (YCL) daarvan beskuldig het dat hulle “verbale diarree” het, nadat die YCL gesê het hulle sal nie enige kandidate ondersteun wat deur die Vrouliga, die Umkhonto weSizwe-vereniging vir militêre veterane of die ANC-Jeugliga ondersteun word nie.

“Ons glo die debatte oor hierdie kwessie moet organisatories wees en mense moet ophou om mekaar sleg te sê, omdat dit bloot wys hoe onverdraagsaam ons is,” het Sipunzi gesê.

Die ANC-Vroueliga het Sondag weer gesê die tyd het aangebreek vir ʼn vrou om as president verkies te word en het belowe om hulle agter ʼn vrou te skaar by die party se nasionale konferensie, vermoedelik Nkosazana Dlamini-Zuma.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

popeye (oud Kommandant) ·

NUM= no undertaking (of responsible) management. Hulle M.O is duidelik eensydig.

snoefie ·

how slim is die anc nou weer. ramaphoza is al jare lank Zuma se minion. met hom aan die suur van sake gaan ou zuma in elk gevalle nog beheers. Matthew Phoza sal n goeie pressie maak. hy laat hom nie voorse nie.

Hendrik ·

Ramapoza , Phoza is almal lede van die ANC. Hoe kan die ANC of net sowel die DA goed wees as hulle rasgedrewe wetgewing soos BEE, “Affrimative action” , kwotas goedkeur?

Grap ·

Hy moet eers die verkiesing wen en kyk wat nou in die groot Metro S gebeur het ek dink die dae is verby waar die anc verseker was van ‘n wen.

Jean ·

Hoe besluit NUM nou wie die volgende president moet wees? ANCYL wil ook graag besluit wie die volgende president moet wees en so ook die EFF en DA en ander partye en groepe, wat laat NUM dink hulle aanbeveling moet gehoor aan gegee word?

Koos1 ·

Jean, daar is twee faktore wat hier ‘n rol speel.
1. Hulle is in koalisie met die ANC en die SAKP, waarvan slegs die ANC aan verkiesings deelneem. As daar nie aan hulle gehoor gegee word nie, moedig hulle net hulle lede aan om nie die ANC te ondersteun tydens die verkiesing nie. Kadoef ANC in hulle m…
2. Cyril was een van hulle stigters lede, so hulle steun sal logies na hom gaan.

My eerlike opinie, hy is reeds ‘n multi miljoener, hopelik sal hy nie as president ons land vrot steel nie. Hy het baie besighede bedryf en verstaan die konsep om geld te kan maak, dit kan ook ons land goed doen. Maar ek hoop net dat hy nie sy besigheid venote sal voor trek nie.

Willie ·

Ramaposa hoort nie daar nie, hy is self veeryk, en sal besluite in sy guns maak… Jy as Staats hoof moet die mense dien… die mense dien vir die saak van die land en land burgers.. nie om Bulle te koop wat Ngkandla na kleingeld laat lyk nie…

hans brits ·

Dis altyd die een of ander instansie wat die president verkies en nie die mense soos in Europese lande nie.Dis hoekom afrika en ander lande nie vergelyk kan word nie.Afrika is maar net Afrika wat nie wil verander nie.

Heinrich ·

Agge nee wat; die cANCer het nou sy beurt gehad: #ANCMustFall. Soos Oom Bob oor die grens sukkel julle nou al te lank om al die ‘Challenges’ uit die weg te ruim voordat julle ordentlik kan regeer. Dis nou tyd vir ‘n politieke party met integriteit, wat na AL die land se mense se belange omsien, na elkeen se taal, kultuur, veiligheid en toekoms om te sien. O ja; daar is nie so ‘n party nie…

hans brits ·

Hoe langer die anc die zuma kanker gewas in sy sisteem toelaat hoe gouer gaan die einste anc begrawe word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.