Ramaphosa vol lof vir NGV

Argieffoto (Foto: StockSnap, Pixabay)

Die regering is vasbeslote om die nasionale gesondheidsversekering (NGV) te implementeer, ten einde te verseker dat nie net ʼn klein deel van die bevolking toegang het tot gehalte mediese sorg “soos tydens kolonialisering en apartheid” nie.

Só sê pres. Cyril Ramaphosa in sy jongste weeklikse nuusbrief.

Ramaphosa sê dit is een van die grootste tragedies van ons tyd dat toegang tot gehalte gesondheidsorg afhang van ʼn persoon se vermoë om daarvoor te betaal. “Dit druis in teen mense se grondwetlike reg tot ordentlike gesondheidsorg.”

Hy sê Suid-Afrika het twee parallelle gesondheidstelsels. “In die een word ongeveer R250 miljard bestee aan 20% van die bevolking. Hierdie deel van die Suid-Afrikaanse bevolking het toegang tot private mediese versekering. Aan die ander kant word R220 miljard bestee aan die res van die bevolking se mediese behandeling.” Ramaphosa sê dié stelsel kan nie voortduur nie. “Dit is onregverdig en onvolhoubaar.”

Die ingang na die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal in Soweto. (Foto: Thabiso Makelo/Panoramio)

Daarom, sê die president, wil die regering die NGV instel. Ramaphosa sê die NGV sal een van die verreikendste dade van maatskaplike transformasie wees wat die land sedert 1994 ervaar het. “Ons het genoeg hulpbronne in hierdie land om te verseker dat elke man, vrou en kind behoorlike gestandaardiseerde gehalte gesondheidsorg ontvang.”

Maroela Media het egter by verskeie geleenthede reeds berig oor staatshospitale wat te min personeel of toerusting het om behoorlike diens te lewer, juis weens ʼn tekort aan finansiering in staatshospitale. Daar is ook ʼn dringende tekort aan verpleegsters in Suid-Afrika om die hele Suid-Afrikaanse bevolking te dien en studies het gewys dat die regering nie genoeg geld het om die NGV te implementeer nie.

Nietemin, Ramaphosa sê die NGV sal die ongeregtighede wat gepleeg is tydens kolonialisme en apartheid, toe slegs ʼn klein minderheid toegang gehad het tot behoorlike mediese sorg, regstel.

“In 1713 het die Hollandse kolonialiste pokke na die land gebring, maar slegs ingevoerde medisyne gebruik om hul eie mense te behandel, en die Khoisan gelaat om dood te gaan weens die uitbraak,” skryf Ramaphosa. “Onder apartheid het mense toegang gehad tot mediese sorg op grond van hul verkleur.”

Ramaphosa sê die openbare verhore wat die afgelope maande landswyd plaasgevind het, het gewys daar is uitgebreide behoefte aan ʼn fundamentele hersiening van Suid-Afrika se gesondheidstelsel.

Hy sê egter die regering sal nie “roekeloos” te werk gaan om die NGV te implementeer nie. “Ons sal dit stapsgewys doen en beoog om die hele land teen 2025 te dek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Naas ·

Sosialiste wonder nie waar die geld vandaan sal kom nie. Dis hoekom lande wat sosialisme aanhang bankrot is, soos SA.

Kiewiet ·

Kyk, Ek word so naar as ek na die tipe snert moet luister. Die klomp regerenders steek iets weg, en probeer so lank hulle kan aan die regeer te bl. Alles wat jy nie mee saamstem nie beland in een of ander onbevoegde hof. En as hulle moet hof toe gaan om te getuig weier hulle volstrek, Maar blankes word onmiddelik ge-arresteer vir minagting van die hof. Is daar so n groot intelligensie gaping tussen die gewone blankes en die res van die land? Id hierdie regering regtig die beste wat die land kan aanbied? ooooweeeee

Nie Verbaas ·

Se die mense wat nie eers staats hospitale kan bestuur nie. Hier kom nog n ANC debakel wat nie gaan werk nie.

Nette ·

Hoekom is daar nie eerder van 1994 nog staats hospitale gebou nie? Eintlik erken hy net dat alle staatsondernemings nie voldoen aan die mense van SA se behoeftes nie, maar ongelukkig kan hy dit nie in soveel woorde sê nie, nou blameer hy weer apartheid, want hy weet die volk sit regop met gespitsde ore sodra hulle apartheid hoor, en almal skreeu VIVA. Wel as dit die geval is sal ek ook maar Kuba toe gaan vir mediese behandeling, ek sien dit is die in ding…

Kiewiet ·

Ou Cyriltjie, lyk my jy weet nes jou volksgenote niks nie. Damn man, die ANC het alles wat die blankes vermag het, deur hulle klofies gertek, hoekom wil julle alewig die wiel herontwerp? Wat is apartheid? Ons blankes word beledig en aangeval met apartheid, en “white monopolistic capital” asof dit sleg is ens. Behalwe dat rasse haters die woord apartheid self gemaak het, om eie, of “tuisland self ontwikkeling” die skuld te gee vir hulle eie swak regerings word apartheid nou al vir jare aan die groot klok gehang. Die volke van Suid Afrika het saam, der miljoene Rande, van die NP Regering ontvang om hulle eie grondgebiede te ontwikkel. Wat het gebeur? Nou soek almal die handjie vol blankes se ontwikkelde land. Gaan weg, of gee ons blankes ons eie deel van SA waar ons julle sal wys hoe dit gedoen moet word.

Jakes ·

Natuur lik sal dit die ideale ding wees om elke landsburger die beste mediese hulp denkbaar te gee.
Dit sal in die praktyk n onbegonne taak wees. Mediese behandeing in staatshospitale is van n swak gehalte weens onbevoegdheid van sekere personeel. Sal CR vir n jar lank n staatspasient wees sodat hy eerstehand kan sien hoe sleg dit eintlik gaan?

Magda ·

en nou met SWART APARTHEID – EK WEET want ek is n staats pasient en WIT en word of glad nie of sommer so in die gang van Kalafong Hospitaal waar ek wag om n DR te sien, sommer so met die hand weg gewys met n voorskrif, en elke keer dat ek my medikasie gaan haal is dit ander medikasie en minder was wat ek moet kry – SO APARTHEID NOU IS NET SO SLEG VIR ALMAL, SO APARTHEID GAAN MAAR NET AAN – VEE VOOR JULLE EIE DEURE RAMAPHOSA. JULLE IS NIKS BETER AS DIE VORIGE REGERING NIE.

daniel ·

Die nuwe swart apartheid is myle slegter vir almal. En wie moet ons bedank?.

fs ·

wat ‘n grap…… Wie gaan vir hierdie mars mannetjie droom betaal… die paar EERLIKE belasting betalers? Of gaan daar werk geskep word en by elke onwettige spaza winkel en Chinese winkel aangeklop word vir hul belasting rekords sodat hulle ook net ek 45% van hul inkomste vir die regering se bodemlose put kan gee! Hierdie debakel gaan ons land sink en net verder ontspoor!

Dries ·

Wel RAMPhosa ek hoop jy gaan eerste in die tou staan om van die NGV se dienste gebruik te maak, en dat jy jou kollegas en eks-kollegas (soos Zumpie) gaan dwing om dit ook te doen.

Andre ·

Miskien moet die hoogs opgeleide president eers verduidelik hoe Baragwanath hospitaal gelyk het na die apartheidsregering dit vir swartmense alleen gebou het. En dan sommer verduidelik hoe die huidige apartheids regime dit verander het.

Pieter ·

Die NGV is deel van die Nasionale Demokratiese Rewolusie, hy moet dit implementeer. Natuurlik kan die ANC dit nie administreer nie en sal in ‘n groot gemors ontaard. Opvallend dat Afrika staatshoofde altyd na ander lande reis vir mediese behandeling. Tog ‘n tikkie koloniasme daarin.

daniel ·

Hierdie regering spesialiseer in die afdwing van onwerkbare idees.

Pampoen ·

Mr President, If you hate us this much, you have to do two things: 1. Chase the whites into the sea. 2. Join the EFF.

Your facts are a bit skewed. There is already a system in place that looks after the basic medical care of everyone. Some richer people place a higher premium on their health and they can afford to do some expensive stuff. There is no way that the government or tax system will ever be able to afford such high-care for everyone and sundry.

To put it into perspective, I earn a fair salary, but I can only afford a hospital plan. So I will also not be able to afford the very best – and I am quite happy the way it is.

4ntj13 ·

Sy woorde is niks werd as hy en sy voortganger nie openlik eksklusief van huidige dienste gebruik moet maak nie. Die NGV is mos nie in Kuba nie! Hoe kan hy ʼn sê hê oor iets sonder enige invloed op homself?

Genis ·

Ou CR dalk moet jy en kaders dan sommer sielkundiges gaan sien…want julle lei aan waansing om te glo dit gaan werk…

SomeOne ·

HELP, HELP, afriforum, neem die saak op en verklaar ‘n dispuut teen cr, vat dit ook met met die buiteland dat hulle kan sien die regerende party beroof ons van gehalte mediese sorg

Johan Venter ·

Goeie genade, hierdie ANC regering van ons het dit net nie, die president dink nie innoveerend nie en hy is nie ‘n entrepreneur nie, maar sy oë dwaal en dan dink hy en sy regering net soos ‘n wafferse Sheriff van Nottingham gedurig oor hoe hulle van diegene wat geld het, kan vat, verhoogde belastings, grondgrype en die NGV. Vir grondgrype gee hy Jan van Riebeeck en die Voortrekkers die skuld en die ander een, die private sektor.

Nou vertel hy: “Een van die tragiese werklikhede van ons tyd is dat toegang tot ordentlike en gehalte-gesondheidsdienste bepaal word deur iemand se vermoë om daarvoor te kan betaal.”

Nou maar waarom herstel hulle dan nie die staatshospitale nie, als het 20 jaar gelede nog gewerk, gooi die kaders en korruptes uit en kry opgeleide en omgeemense om daardie hospitale te administreer en om in diens van gesondheid te wees.

Vervolg …

Johan Venter ·

Vervolg van vorige kommentaar:

As dit nie DIT is wat julle teiken nie, dan is dit pensioenfondse, maar mens moet gedurig keer want die staat, ja Cyril, JOU staat bestuur als wat werk in die grond in en dan wil julle als van die private sektor gryp om DIT ook in die grond in te bestuur.

Julle/jy het gedurig ‘n motivering waarom julle die private sektor teiken en terroriseer.

Maar wat maak julle met ons swaar verdiende belastinggeld? Julle mors dit uit, julle gooi dit in die put af agter die SAL en al jul ander staatsbeheerde instellings aan, die een reddingsboei na die ander, jaar na jaar, Miljarde.

En die ergste van als is, alle regeringsamptenare en ministers verdien astronomiese salarisse vir wat hulle vermag.

Charl Albertus ·

Nee jou dowwe hanswors, die mense het nie toegang tot mediese sorg nie OMDAT JULLE (ANC) DIT OPGEPLOETER het, jou nat narrrr………

Charl Albertus ·

Ek verstaan nie Ramaphosa, het daai mense dan nie die vermoë gehad om hulle eie mediese stelsels te begin nie?
Verder mnr, betaal die 20% dan nie al reeds vir die staats medies van die ander 80% nie? Medies wat hierdie 20% nie gebruik nie omdat hulle privaat medies gebruik wat hulle EKSTRA betaal en nie IN PLEK VAN nie.

JN ·

Die R250 miljard waarvan jy praat ou Cyril is aan funksionerende private klinieke ens wat van hoogste gehalte is befonds deur mense wat juis nie jou in jou lae standaard staats hospitale wil opeindig nie oor onbevoegheid en ongeskikte onbekwame personeel befonds deur jou patetiese 220miloen staats bydrae Cyril! Na die implementering van die kommunistiese ideologie gaan nog meer hoogs geleerdes groener weivelde soek. Wat sal hoogs geleerde dokters ens nou hier in Suid Afrika hou as jy aan hul wil voorskrywe wie en watter pasiente hul moet in neem ?? Nogsteeds sal jul met dieselfde probleem sit en nog minder geleerders om van te leer en nog minder belasting om op te parasiteer ! Mense betaal vir goeie dienste omdat hul weet in staats hospitale word jou gesig opvreet deur rotte terwyl jy slaap!! Maar ironies dat die uwe Mnr Ramphosa en kie sal natuurlik oorsee toe vlieg vir mediese behandeling nes die geagte Mnr Zuma nou onlangs terwyl sy eie mense maar moet vrot staats hospitale….

Vonkprop ·

So gaan jy ook dan die staatshospitale gebruik Ramaphosa? Ek kan ook iets prys wat ek nooit gaan gebruik nie. Ek wag vir die dag dat ons in dieselfde ry sit en wag vir ons pilletjies. Ek het ‘n paar dinge op die hart wat ek graag sal wil deel. Die regering is dom astrant. Almal sê vir julle dit gaan misluk maar julle gaan dit deurdruk net om ‘n punt te bewys. Julle grootste siekte is doofheid, want julle luister nie na die mense in die land nie. Julle gee ‘n vet om vir die mense en julle eie “our peoples” gaan hieronder ly. Ek hoop die staatshospitale sal jou kan help as al hierdie idees in jou gesig ontplof.

daniel ·

Hoe verwag die regering om n beskryf van daardie omvang te bestuur as hulle nie eens die staats hospitale kon bestuur nie?.
Ek verwag n groot gemors waarvoor die gewone belastingbetalers sal moet opdok.
Ek stel voor dat die mense geleer word omtrent onbeheersde aanteling en die nadelige gevolge daarvan.

Willie ·

Aangesien die ANC nie die vermoë gehad het, en steeds nie het, om die instellings wat na 94 in hulle skote geval het te onderhou en uit te bou nie, gaan hulle nou die instansies wat uit nood gevestig en gebou is ook nasionaliseer? Lyk my waneer jy nie iets wat reeds werk asn die gang kan hou nie gaan “gryp” jy iets anders wat ook nie aan jou behoort het nie en misbruik dit tot dit ook ten gronde is. Die een of ander stadium gaan daar niks meer wees wat werk en “gegryp” kan word nie. Gaan in vrede!

Snowball ·

Iemand anders het hom reeds ‘n genius genoem, ek sien nou hoe redeneer ‘n genius. Die besondere intellek is duidelik aan die werk.

Oros Soros ·

Voor Edward Jenner (17 Mei 1749 – 26 Januarie 1823) se deurbraak in 1798, was daar geen effektiewe behandeling van pokke nie. Dit het toe verskeie jare geneem na die deurbraak voordat dit deur kwakke toegedien is. Toe was die Kaap ‘n Britse kolonie, Hoe nou tov. die invoer van medisyne deur die Hollanders? Is die ANC sommer besig om die wêreld geskiedenis ook te herskryf? Ek neem aan in die vroeë 18de eeu was daar verskeie hospitale in omloop en pasiente van kleur die deur gewys.

Johan Venter ·

Cyril Ramaphosa het dit mos in dié tyd benadruk dat apartheid ‘n misdaad teen die mensdom is en toe daarna vir almal wat wil hoor vertel dat diegene wat dit ontken, pleeg verraad. Daarom kap hy nou al meer die hake in en gebruik dit om hul siening en propaganda betreffende die NGV te regverdig. Hy sê die NGV sal die ongeregtighede wat gepleeg is tydens kolonialisme en apartheid, toe slegs ʼn klein minderheid toegang gehad het tot behoorlike mediese sorg, regstel.

Hierdie sal hy soos die tyd aanstap, al meer en met drif verkondig, soos ‘n refrein sal dit raak.

J ·

Margaret Thatcher ….. ” alle kommuniistiese stelsels kom tot ‘n einde wanneer die ‘ander mense’ se geld opraak”!

Dié land is besig om te de-industrialiseer, die myne en plase sluit …. waar gaan die geld vandaan kom om ‘n baie sieklike (MIV) bevolking se mediese behandeling te finansier?

Die Amerikaners gaan nie langer hulle swaarverdiende spaargeld waag deur lenings toe te staan aan ‘n mislukkende ANC regime nie.

Eugene ·

Ai tog ramaphosa. Jy en die waarheid is net nie vriende nie. Ek koop steak omdat ek kan en my buurman koop kookvleis omdat steak te duur is. So doen ons almal na ons vermoë. Ek het n mediese fonds want ek ksn dit bekostig. Ander gaan na staatshospitale en verwag dieselfde goeie diens as wat ek kry. Ongelukkig het die anc die hospitale (en alles anders) so opgeneuk dat hulle nie meer die uitstekende diens van die verlede verskaf nie. Maak reg wat jou party gebreek het en almal sal kry wat hulle toekom. Vergeet apartheid dis al afgesaag en het 30 jaar terug al opgehou. Erken dat jy net n swakkeling en te bang is om dinge reg te maak nou kom jy met liegstories

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.