Ramaphosa voor grootste toets tot dusver

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa staan voor die grootste toets van sy presidentskap ná die onthullings oor sy kennis aangaande die skenkings vir sy suksesvolle CR17-veldtog om in 2017 tot leier van die ANC verkies te word.

Dit volg nadat die nuusdiens News24 oor die naweek e-posse gepubliseer het wat uiters ernstige twyfel werp op sy bewerings in die parlement dat hy gevra het om nie ingelig te word wie geld tot die veldtog bygedra het nie – sodat die bydraers nie later voordele van hom kon vra nie – en dus nie weet wie die donateurs was nie.

Dit blyk egter nou dat Ramaphosa uiters betrokke was by wie om geld gevra is, hoeveel ingesamel is, en selfs by die oordrag van sommige van die bedrae. Soos dinge nou staan lyk die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwabane, se bevindings teen Ramaphosa nie meer so vergesog as ʼn week gelede nie.

Tot dusver is die enigste reaksie uit die Ramaphosa-kamp dat die e-posse op wederregtelike manier verkry is, maar oor die korrektheid van die inligting word geen twyfel gewerp nie. Dit is nie tans duidelik of die lekkasie selektief of verteenwoordigend was nie.

Ter sprake is e-posse waarin onthul word dat Pravin Gordhan, tans minister van openbare ondernemings en iemand wat sterk deur Ramaphosa beskerm word, ʼn sentrale rol gespeel het om geld vir Ramaphosa in te samel. In ʼn e-pos word beweer dat “PG nog R15 miljoen sal insamel”.

Voorts is daar ʼn e-pos van Ramaphosa aan ʼn bankamptenaar waarin Ramaphosa aandui dat R20 miljoen oorbetaal moet word van een rekening na ʼn ander wat vir die 2017-veldtog gebruik is.

Een van Mkhwebane se mees omstrede bevindings is dat ʼn voortdurende oorbetaal van geld van een veldtogrekening na ʼn ander moontlik op geldwassery kan dui.

Dan is daar die name van Ramaphosa-donateurs wat uit die e-posse aan die lig kom. Dit sluit in sakemanne soos Eric Samson van Macsteel, die skeepsmagnaat Tony Georgiades, die mynboumagnaat Paul Ekon, Shanduka-aandeelhouer David Ngobeni, die voormalige vakbondman Johnny Copelyn en die Britse politikus sir Mick Davis van die Konserwatiewe Party.

Hoewel geen van hierdie skenkings onwettig sou wees solank niemand onbehoorlike voordeel gestrek het nie, is die vraag waarom Ramaphosa sy kennis ontken het.

Dit skep by baie mense die kommer dat hy gejok en dalk die parlement mislei het, en dit plaas hom onder groot druk om met die sak patats vorendag te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Op die einde van die dag betaal ons vir al hierdie snert.

Bossie ·

Ai man, heerlik om te sien hoe die spul mekaar self sink…

Ekke ·

Blyk ook maar dieselfde te wees as die res van die vrot cANCer appels, hy het n biljoenêr geword op die rug van ander s e arbeid, aandele gekry in al die groot maatskappye op wie se Rade hy gedien het, van n arm vakbondleier tot Biljoenêr wat bisarre bedrae betaal het vir beeste en ek dink n buffel bul! Gedurende die Zuma era was hy die adjunk, wat het hy gedoen om die korrupsie te stuit, hy het mos ook in die parlement gesit tydens al die mosies van wantroue in Zuma, het hy leierskap getoon, nee hy was doodstil en het dit laat aangaan vir 9 jaar. Dié is die storie van Afrika, ek reis Na en werk al vir meer as 20 jaar in Afrikalande en met die uitsondering van Botswana en Namibiee het al die ander net agter uitgegaan……Sud Afrika het al die hulpbronne en ook mense, as hulle nie te wit vir poste is nie, om dit n sukses te maak, helaas sal dit nie gebeur solank ons die idiotiese beleide (van die ANC) het wat tans in plek is!

hendrik ·

Ekke, met ander woorde n ruggraatlose jellievis en ek stem 100% saam.

TDW ·

Wys vir my ‘n ANC hooggeplaaste wat nie korrup is nie, dan wys ek vir jou ‘n olifant wat kan vlieg.
Die liberaliste het tog so gekerm, CR is anders, wat wil jy hê? Zuma of Ramaphosa? Asof dit die enigste keuses is, sleg of slegter? AgriSA, ek praat van julle.
Julle stamp julle koppe gedurig teen ons wat sê, nie eers een nie. Ons soek die beste. Ons is nie tevrede met die minder slegte keuse nie.
Goed is goed en sleg is sleg. Moenie weer die mense probeer verlei nie.
Onthou net dat ons nie julle wandade teen julle eie mense sal vergeet nie.

Diezir ·

Wanneer die hele liggaam infeksie het, kan ‘n gedeelte nie eenkant staan nie. Entropie in Afrika sal geld.

ne ·

CR se heuningkwas werk nie! Twee-gat-jakkals. Sê by die groep so, en volgende groep anders. Hy vertel die mense wat hulle wil hoor – nie die waarheid nie!

Niccy ·

Het cr nie genoeg geld van sy eie nie? Genoeg geskep met bbbeeee!!!

Dirk Breytenbach ·

Sover blyk dit dat daar nog geen wet oortree is deur CR 17 nie. Die media en senior kommentators blaas die storie buite proporsie op. Normale aksies en handelinge wat plaasgevind het word verdag gemaak deur die OB en haar kohorte die wêreld in en almal word op sleeptou geneem met gepaardgaande morele verontwaardighede. Diegene wat vlekkeloos is kan maar die eerste klippe gooi, maar wat as dit uitkom dat niks onbehoorliks gebeur het nie. Werwing van fondse vir politieke veldtogte is en was nog nooit onwettig nie en die openbaarmaking van die donateurs se name tot nou toe nog nie vepligtend nie. Die skeptici is besig om ons land te vernietig en die alternatief vir CR is skrikwekkend. Ek stel voor ons wag tot daar onteenseglik bewys is wat gebeur het of nie gebeur het nie. Elke politieke party in SA het naastenby dieselfde werkswyse en publiseer hulle ook nie hul transaksies of maak hulle donateurs openlik bekend vir die wye wêreld om te sien nie. Ons ly duidelik aan massa histerie of iets en by die ongediertes, Twitter en FB, stook onkundiges die vure van verval lustig voort. Ons moes lankal op die pad van herstel gewees het maar ons verlustig ons in die euwels van die verlede en speel in die hande van staatskapers ipv om te begin bou aan ‘n beter toekoms. Dalk verdien SA wat hy gaan kry.

Manie van Worcester ·

Ai vader tog nie weer n goedgelowe welmener. Al keer jy hoe vir hom my vriend, FEIT IS HY HET IN PARLEMENT GELIEG OOR DIE HELE SKENKINGS GEMORS. PUNT PUNT PUNT Jy kan leuens nie regverdig

Db ·

@Dirk. Ek is so jammer dat daar mense is wat jou president so aanvat. Moet vir jou geweldig pyn veroorsaak. Hy verdien elke kritiek wat sy kant toe kom meneer want daar is geen ordentlike wese in die ANC nie, hulle is almal verrrot tot op die kern. So wees hartseer soos jy wil

Charain West ·

Ek weet wat tans in ons land aangaan krap almal om, maar daar is ‘n silver randtjie om die donker wolk. Uit ondervinding het ek geleer dat “where there is confusion, there is every form of evil” en God gebruik “confusion” om oorloe te wen. God laat toe dat die “vyand” sy eie “soldate” gebruik om hulle te verslaan. Ons, (die minderheid), moet God nie onderskat in hierdie storie nie. Daar is tale mense (minderheid en nie minderheid) wat daagliks God aanvra vir uitkoms. God sal ons uitlewer, daar is geen twyfel daaraan nie. Dit sal gebeur wanneer ons dit die minste verwag, en op ‘n manier wat so eenvoudig is dat ons sal verbaas. Dit is hoe God werk. Dit is altyd stik donker voor die son opkom!

Griet ·

En so val die dapper helde! Dis so n roesmoes van korrupsie. Gn mens sal ooit die spulletjie kan ontrafel nie. Wanneer gaan ons land ooit weer herstel en korrupsie vry wees?

tony louwrens ·

Ek is werklik bekommerd, wie van die partye het dan NIE enige geld van buite af ontvang nie?? Ek voel dat die storie maar weer terug lei na die EFF en ander in die party wat hom wil onttroon. My probleem le dan in die opvolger?? Zuma?? Ace ?? Mabuza ?? ons moet nugter dink mense as die spul in kom is dit vir seker neusie verby met die land en die wit Suid Afrikaner, nie om van Afrikaans te praat nie. Wat het van die ondersteunings rol wat Cope gespeel het? Het van ons mense vir hulle gestem of meer na die VVF+ geneig.

Manie van Worcester ·

Maak nie saak wat gebeur, die land is klaar oor die afgrond, mense weier net om dit te aanvaar

Gert van Wierdapark ·

Die JZ kampie is volstoom op koers om CR se bewind te probeerbkelder. Danksy “Joiners” in sy kamp, is CR met sy rug teen die muur met die Flippen OB skoothondjie, en kaartman Ys, wat die kitaar al harder slaan! HKGK as CR sou “sneuwel”!

TDW ·

Tony, al wat jy van ons vra is; wie wil ons liewer hê moet in ons hoenderhok slaap, die jakkels of die rooikat.

Jimmy ·

Daar is nie so iets as ‘n gratis maaltyd nie. Skenkers soek so ‘n ietsie terug. Gaan ondersoek die skenkers. Die konneksies sal ons meer vertel.

Thinus Erasmus ·

Ja Dirk jy en ander mis die punt: CR moes met groot geld binne die ANC baklei vir Presidentskap, my vraag is: lê daai miljoene nog in die bank of aan WIE is dit uitbetaal? Ek meen daar was nie ń openlike openbare veldtog met plakkate en vergaderings ens. vir daardie veldtog nie? So waarvoor was die miljoene nodig???
Wat hy eintlik moes doen was om te sê “ek sal die regering regruk en korrupsie stop, ek het ń al die name en bewyse daarvoor, maak my president en ek gooi hul almal in die tronk.
Nee dit was ń geheime gekonkel en ge-bribe wat 1. hom al die mag ontsê en 2. ons as land duur te staan kos.

Mariaan ·

Ag ou Dirk…dis mense soos jy wat ons ou volkie sink! Hoe werk jou kop? Staan liewers agter jou eie mense….as wat jy die einste mense wat ons land vernietig verdedig….ai

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.