Ramaphosa waarsku Mosambiekse djihadiste by Machel-gedenkdiens

President Cyril Ramaphosa (Foto: Kopano Tlape)

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag tydens die 35ste herdenking van die dood van Samora Machel, die oudpresident van Mosambiek, beloof om Islamitiese rebelle te vervolg wat verwoesting in die noorde van die land gesaai het.

Ramaphosa en die Mosambiekse president, Filipe Nyusi, het ʼn gedenkdiens vir Machel gelei. Die diens het by ʼn monument wat by die ongelukstoneel opgerig is, geskied.

Machel is op 19 Oktober 1986 in ʼn vliegtuigongeluk naby Komatipoort in Mpumalanga oorlede. Altesaam 35 mense het in die ongeluk omgekom.

Ramaphosa het hulde gebring aan Machel vir sy bydrae tot die stryd teen die koloniale en apartheidsregime in Suider-Afrika. Hy het die streek aangemoedig om “voort te gaan met die stryd” om vryheid.

“Dit is om hierdie rede dat die mense van Suider-Afrika saam besluit het om in solidariteit op te tree en die mense van Mosambiek te help teen die rebelle wat konflik, onsekerheid en geweld versprei, en hulle te beveg,” het Ramaphosa gesê.

“Ek het een boodskap vir die opstandelinge: Ons sal julle vervolg. Ons sal seker maak dat Mosambiek ʼn land word waar julle geen geweld sal versprei nie.”

Die SAOG-blok, bestaande uit 16 lidlande, het sedert Julie troepe in die noorde van Mosambiek ontplooi.

Die konflik heers sedert 2017. Meer as 3 300 mense is reeds doodgemaak en ongeveer 800 000 ander mense ontwortel.

Machel se ongeluk bly ʼn raaisel, maar daar word algemeen bespiegel dat dit moontlik verband kan hou met spanning tussen Mosambiek en die destydse apartheidsregime in Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Shakespeare ·

Rama julle kan nie eers die oorvloed kriminele in ons land beheer nie dan wil jy Islam aanvat. HA HA

Jean ·

Stuur ons hele weermag asb, hulle sal so gou terug hardloop na SA

Henry ·

Nogal lagwekkend. Hy sê hy gaan die terroriste vervolg, maar kan dit nie eers suksesvol doen is sy eie land. Regtig. Hulle gaan vir hom lag indisn hulle nie reeds doen nie.

Werner ·

Hy kan nie eens n opstand keer nie.Hy moet oppas hulle kom vat SA net om te wys hulle kan.Ou Cyril se vliegtuig is seker klaar gepak om n lyn te sny

Willie ·

Jy kan dan nie eers die terroriste in jou eie land vervolg nie. Hoe dan nog in n ander land?

Trotse Boervrou ·

Meneer die President, met alle respek gesê, jy kan nie eers jou eie land help nie. Jou beloftes verdwyn soos mis voor die son. Dan wonder ek net watter weermag gaan jy gebruik om Mosambiek te help?

melaney ·

Hy sal uiteindelik vir die boere om hulp kom vra want ons manne is opgelei.

Nicolaas Hendrik ·

Jy is reg, hulle kan nie eers op n bedford klim nie??????

SomeOne ·

baie van die weermag het ‘n bedford net op ‘n prentjie gesien en gedink dis die bloutrein

Trotse Boervrou ·

Ja Nicolaas Hendrik, ek het daardie ook gesien. Indien dit nie so hartseer was nie het ek my morsdood gelag. Nou wil hulle die Islamitiese magte beveg. Die Weermag moet eerder “Die Sirkus” heet. Dit is meer gepas.

Nici ·

Moet hul vir ewig aangaan oor kolonialisme? Waarom nie eerder vir ons vertel wat Machel alles opgebou en vermag het in sy tyd as president nie?

Werner ·

Kolonialisme was die beste ding wat met hulle kon gebeur.As dit nie daarvoor was nie het siektes en stamgevegte hulle almal uitgeroei.

Tipper ·

Nou stuur nou jou soldaitjies om Mosambiek te bevry,dan as die comrades terug kom, bevry dan ons land van al die gemors wat hier aangaan.

Nick ·

As dit nie so treurig was nie sou dit nogal heel komies wees. SA se weermag kan nie ons beskerm teen ‘n inval van Lesotho nie. Nou wil hy die Jihadiste bangpraat. Haha. En sover dit Machel se vliegongeluk was- dit is presies wat dit was. Veroorsaak deur swak opgeleide vlieniers wat nie die terrein geken het nie. Hulle het verdwaal! Get over it!

Misky ·

35 jaar gelede en die idioot soek nou vergelding. Skrik wakker CR en kyk wat gaan in jou eie land aan!!!!!! Die skip is besig om te sink en die kaptein staan en tee drink

Werner ·

Ons bly naby Mosambiek ek kan nou die dreuning hoor soos hulle lag.

Kokerboom ·

Geagte President bepaal asb jou aandag by totale chaos in jou eie land. Doen net jou werk!!Trek net jou rassistiese baadjie uit ..as jy wil!’n Sosialistiese rebellie en boewery in u eie land is ‘n groter gevaar as rebelle in buurland

Shakespeare ·

Alweer die apartheids regime wat die skuld kry. Moeg daarvoor !!!!!

Nuus leser ·

STEM! Die Woordtjie ‘Apartheid is soos n brein- gewas wat net voorkom by ‘Our people’ Geen medisyne daarvoor nie..

Andréas ·

Mnr die president hoe kan u verseker dat u nie met hiérdie dreigement onskuldige mense in ons eie land blootstel aan teenoptrede van radikale ideologie vanuit konflik in ‘n land waarmee ons niks te maak het nie. En met watter spesialismag en vanuit watter staatsfonds wil u dit beveg? Basta, spandeer asb energie en geld hier waar dit broodnodig word?
Stop ook met alewige Apartheid retoriek. Laat u ANC aan u bewys wat is huidig anders, beter en nuut vandat jul aan stuur van sake is. Verduidelik ook hoe het Apartheid gelei tot die staatsmasjienerie SAL, Denel, Poskantoor, Transnet ens. se wiele wat nou totaal afgeval het?

Di ·

Ek word al naar as ek die woord “Apartheid” lees! ONS lewe tans in ‘n land wat “APARTHEID” toepas.

Fedup ·

Taunting them will only make things worse. Coming from a country whose defense force is useless.

JohanR ·

Blah blah en blah blah blah…..wie luister nou eintlik na jou jou liegbek!

Papsak ·

Pateties pateties se ek julle hy kan nie eers hier iets doen nie swak

JM ·

Ramaphosa is bekend daarvoor dat hy net praat en niks uitvoer nie. Mense skrik nie vir praat nie, maar vir DOEN!

Brett ·

Kan nie eers die misdadigers in sy eie land vervolg nie…….
All talk and no action.
Die weermag is nie op standaard om hul self te help nie hoe gaan hulle hulle die rebelle keer

pestilensie ·

Al nader aan die waarheid oor Marchel de dood , darem nie hierdie keer n dokter wat hom vermoor en al daardie ander bog

Anton ·

Weet hy van Boko Haram in Mamelodi? Hulle regeer Mamelodi. Kyk eers of jy van hulle kan ontslae raak.

Grassie ·

Daardie 800 000 Mosambiekers wat “ontwortel” is – ek wonder waar is hulle nou? CR kan nie eers sy lugmag stuur om te gaan help nie want sy vlieënier is met siekverlof.

SomeOne ·

en die enigste c-130 staan in die drk met ‘n gebreekte vlerk, waar dit gaan opvrot, of al heeltemal geplunder en verwoes is

Wielspore ·

Samora Machel het nog altyd gedroom om SA binne te val en op 19 Oktober 1986 het hy dit reg gekry. Die Islamitiese rebelle het geen vrees vir die SA regering en die opmerking van CR dat hulle vervolg gaan word is ‘n reaktiewe optrede want mense is alreeds dood en ander ontwrig. Dit is ‘n tipiese ANC beleid, geen voorkomende beplanning, die skade moet eers gedoen word en dan pas hulle skade beheer toe.

Janine ·

Jy en watse weermag, ou grote? Joupeople kan nie eens massas hanteer wat loot nie, wat nog die Islamitiese rebelle.

Willem ·

Ek het destyds verneem dat die rede vir daardie vliegongeluk ‘n oorlaaide “hood carrier” was.

Nie Verbaas ·

Geagte meneer Ramablahblah, met watter weermag sal jy hulle dreig? Met dieselfde klomp wat nie eers in staat is om oor hindernisse te kom of agter op n Samil 50 troepedraer te klim nie? Asseblief, hou op grappe maak.

Anel ·

Lekker lag ek nou. Ek hoef niks meer te sê nie. Almal se komentaar sê wat ek ook wou sê. Ons het nie ‘n weermag, lugmag of vloot nie, kan nie ‘n oproer in ons eie land hanteer nie, maar hy wil ISIS gaan vervolg? Wha, ha ha!!!!

Sarel ·

Hy kan nie eers geweld in SA hanteer nie
Nog geen antwoord op die geweld wat KZN ls. Gele het nie

Samuel ·

Sy blaf is erger as sy byt. Ruk eers jou eie land reg voor jy soos ‘n kaartmannetjie in ander lande inmeng, mnr. Ramaphosa.

Aai ·

Die ANC moet onthou hulle het nie oorlog gevoer vir die land dit was aan hulle gegee deur verraaiers so ja die ANC weet nie wat oorlog is soos die manne van ou SA.

Miskruier ·

Die hele noordelike deel van Afrika word alreeds dekades geteister deur Islam, die wil om dit te stop ontbreek

Willi ·

Kan nie eers sy eie kriminele vervolg nie, wat ‘n grap en geraas kas.

marius ·

Jaag gou en gaan vang hulle ,want hulle is nou baie kwesbaar . Hulle kruip op hul kniee rond en die trane rol van die lag .

Jr ·

Ja Rama marginal alles is n raaisel in SA nou vir 28 jaar ook. Of is jy nou “geskok” om nou eers uit te hoor dat Machel nou eers dood is. Gaan islam aanvat maar kan nie eers op die trokke klim nie of oor n hindernis te kom

Genis ·

Jy kannie eers SA red van die moorde, diefstal, korrupsie ents nie….

Pablo ·

Die SAOG-blok, bestaande uit 16 lidlande, het sedert Julie troepe in die noorde van Mosambiek ontplooi. Wat n grap. Hulle kry niks uitgerig nie. Ek stel voor ou Cyril trek sy Apartheid klere uit omgord hom met sy tradisionele bok velle en gaan konfronteer die rebelle.

Nuus leser ·

Wat ‘n grap! Stuur Cele soontoe, Hulle skrik dalk so groot vir ou hoed en dink die ”Mafia” is op hulle!

JoHines ·

En die Islamitiese rebelle sidder en beef van die lag vir nog leë CR belofte.

Marthinus W ·

Machel het voor sy dood weg begin beweeg van sosialisme en kommunisme, dis hoekom die Nkomativerdrag geteken is. Die vlieeniers van die Toepolef waarin hy gesterf het, was Russe, en hulle het in die warm vliegtuig vir hom gesit en wag, en gedrink. Die nadoodse ondersoek het groot hoeveelhede alkohol in hulle bloed gevind. Machel het dus in alle waarskynlikheid gesterf weens besope vlieeniers, daar was niks sinisters daaraan nie. [Generaal Dan Pienaar het gedurende die Tweede Wereldoorlog gesterf omdat hy sy vlieenier gedruk het om hom by die huis te kry. Die vlieenier was moeg, het `n oordeelsfout gemaak, en die vliegtuig het neergestort.] Menslike foute gebeur daagliks.

Jasper ·

Ha ha ha, kan nie eers ‘n opstand hier onder beheer kry nie. Die siviele instansies moes inspring. Sy troepies kan dalk ongewapende mense sonder maskers aanrand, maar hulle sal soos vlakhase skarrel vir die gate as daai klomp die eerste een keelaf sny.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.