Ramaphosa waarsku teen aanvalle op regbank

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: PresidencyZA/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag in sy weeklikse nuusbrief sy kommer uitgespreek oor die jongste uitlatings oor die regbank waarin sommer regters beskuldig word – sonder enige bewyse – dat hulle belange anders as geregtigheid nastreef.

Hy waarsku dat aanvalle op die regbank nie ligtelik opgeneem moet word nie.

“Regters word beskuldig van politieke agendas en sommige word selfs daarvan beskuldig dat hulle omkoopgeld aanvaar,” sê Ramaphosa.

Ramaphosa sê die bewerings is kommerwekkend om velerlei redes.

“As die bewerings waar is, sal dit beteken daar is sommige in die regbank wat versuim om die waardes en beginsels waarmee hulle vertrou word te handhaaf.”

Ramaphosa sê die Grondwet maak voorsiening vir hierdie moontlikheid en die parlement kan regters verwyder wat deur die regterlike dienskommissie aan growwe wangedrag skuldig bevind word.

“Enigiemand met bewyse van wandade deur regters moet gebruik maak van die kanale in die Grondwet en in ons wetgewing om te verseker gepaste stappe word gedoen.”

Die president sê sonder bewyse om bewerings te staaf, en tensy dit na die betrokke owerhede verwys word, ondermyn die bewerings bloot die regbank en die belangrike werk wat hy doen.

Hy sê Suid-Afrika is ʼn vry land met ʼn Grondwet wat vryheid van uitdrukking en opinie waarborg.

“Wanneer sommige in verantwoordelike posisies egter die vryhede gebruik om die Grondwet te ondermyn, moet hulle herinner word aan die gevolge van hul uitsprake.”

Ramaphosa stem saam dat een van die moontlike gevolge die wegkalwing van vertroue in die regbank en die grondwetlike bestel is.

Jean-Paul-Rudd, ʼn vennoot by die prokureursfirma Adams&Adams, het Maandag gevra of die teepartytjie tussen EFF-leier Julius Malema en oudpres. Jacob Zuma by Nkandla blote toeval, of ʼn listige plan deur twee uitgeslape politici was om die oppergesag van die reg te ondermyn?

Zuma en Malema – wat al twee op verskeie aanklagte tereg staan – het vroeër onder die regbank ingeklim het.

“Zuma het tot dusver bykans elke moontlike toertjie gebruik om te keer dat hy verantwoording doen vir sy beweerde misdade. Het Zuma se hoeveelste mislukking in die hof – die mees onlangse sy onsuksesvolle poging om te verhoed dat hy voor die Zondo-kommissie getuig – nou ʼn verandering in taktiek genoodsaak wat deur sy eertydse aartsvyand Malema aangehelp word?” vra Rudd.

Zuma het verlede week uitgevaar teen sekere lede van die regbank en voet by stuk gehou dat hy eerder tronk toe sal gaan as om voor die Zondo-kommissie na staatskaping te getuig. Die Konstitusionele Hof het vroeër beslis die oudpresident moet voor die kommissie verskyn en sy vrae beantwoord.

Rudd sê die oppergesag van die reg is die beginsel dat geen mens, instelling of entiteit verhewe bo die reg is nie. Hy sê die regbank moet egter nie net onafhanklik wees nie; mense moet dit ook ervaar as onafhanklik sodat daar vertroue in die regbank kan wees. Die grootste gevaar vir dié onafhanklikheid spruit uit inmenging – of dit nou werklik so is en of mense net so dink – deur regeringsinstellings of politieke partye.

“Regterlike onafhanklikheid is die vermoë van ʼn regter om oor ʼn saak te besluit sonder druk of aanmoediging.”

Rudd sê ook geregverdigde kritiek op ʼn regter wat nie die oppergesag van die wet respekteer nie, moenie onderdruk word nie. “As die howe egter die vertroue van die publiek begin verloor, is demokrasie in gedrang.”

“Vertroue in regters staan sentraal tot die vrywillige aanvaarding van hul beslissing. Die algemene aanvaarding van regterlike besluite deur burgers en regerings – wat noodsaaklik is vir vrede, welstand en goeie regering – berus nie op dwang nie, maar op openbare vertroue.”

Hy waarsku dat ʼn gebrek aan vertroue in die regbank die land maklik in ʼn staat van wetteloosheid kan laat verval.

“Die huidige aanvalle van Zuma en Malema is nie net ongegrond nie, maar lyk ook na ʼn ooglopende set om openbare vertroue in die regbank weg te kalwe.

“Is dit oor ʼn pot tee opgetower? Niemand weet nie, maar dit lyk beslis so.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

jzjz05 ·

Daar is mense wat aan die reg glo net solank dit nie hulle raak nie As dit hulle raak is hulle vinnig om die voud by almal behalwe by hul self te soek.

Harry ·

CR, moenie briewe skryf nie. Tree op en sorg dat wet en orde geskied.

Michael ·

Hy kan nie optree nie want hy staan self skuldig-as Zuma praat is die hele ANC in die moeilikheid-CR inkluis

Misky ·

Daar is geen vryheid van uitdrukking aan emosies vir my as blanke vrou nie. Ek sal summier opgesluit word

Fedup ·

I agree misky. Freedom of speech is our right, not a luxury. But we as whites must always hold our tongue.

Mariana ·

As mens kyk hoe regters vandag ernstige gevalle hanteer en hul uitsprake dan begin mens twyfel aan die regstelsel ja. Party kom weg met moord en ander word vir jare toegesluit vir slegs ‘n woord wat hy/sy gespreek het. Hoe kan ons dan die stelsel vertrou om regverdig en nie-partydig of nie- polities gemotiveerd te wees nie . As mens net Zuma se saak vat,moes hy dan nie lankal agter tralies gewees het nie. Hy kry net elke keer nog ‘n kans. Dit is mos nie reg nie.

Nie Verbaas ·

En alles word gedoen teen woorde agv minderwaardigheids gevoel.

Nie Verbaas ·

Geagte mnr Ramaphosa, dit is omdat jy en Cele niks se of doen san die Zumas, Magashules en ander kaders se openlike minagting van die wet nie. Net die gewone ou lip service waaraan niemand hulle steur nie want niks gebeur nie.

Aikie ·

Nuwe woord vir die dag: “VERANTWOORDBAAR. ” Hoewel ons vryheid van spraak het volgens ons Konstitusie, MOET elkeen verantwoordbaar wees vir wat hy of sy sê. As jy wil gemors praat van die regsbank, moet die persoon die nodige bewyse kan voorlê. So nie, hou jou bek.

Johnny ·

En wat gaan hy nogal doen as ek sê die regbank is gekaap en word oorheers deur onkundige, onervare mense wat nie aangestel is op grond van hulle regskennis en -ervaring nie, maar op grond van hulle politieke affiliasie en gedienstigheid?

Michael ·

Waarom vra hy nie die wetstoepassingsagentskappe om op te tree teenoor die wat die wet oortree nie, nou reik hy eerder so vae kamtige waarskuwing uit. Absurd. In SA kan mens nie meer verwys na ‘n regbank nie maar eerder na ‘n onregbank

Jakes ·

Die president moet liewer begin optree teen mense wat etlike klagtes van bedrog en korrupsie in die gesigstaar, summier skors tot hulle sake afgehandel word. Die paar vrot appels op die regbank skep moontlik die indruk dat die regbank nie altyd konsekwent optree nie. Daar was al verskeie sake waar uitsprake die wenkbroue laat lig het. Soos die doodskis sage.

Sarel ·

Wst doen jy en die geagte Minister o. Die Regstelsel td beskerm.

Riaan ·

Wanneer daar:

1. Nie rekenskap gegee kan word vir M(b)iljoene rande wat spandeer is nie.

2. Kommissies aangestel word (sonder tande), wat teen enorme kostes en oor lang tydperke geen resultate oplewer nie, en ook nie daartoe lei dat enige persoon gearresteer word nie.

Dan is dit elke Suid-Afrikaner se goeie reg om na die regbank te kyk, en tot die slotsom te kom dat daar BAIE GROOT fout is.

Die feit dat dit wetlik moontlik is vir enige persoon met genoeg geld, om soos Zacob Zuma die howe vir jare lank te kan ontwyk, beteken dat die stelsel lomp, oor-ingewikkeld, en oneffektief is

Genis ·

Nee wat julle ek dink korrupte slim Zumpie het n duidelikke houvas op almal… Kom Zuma “spill the beans” sodat die ANC Jerry Springer show kan aangaan

Blikkies ·

Wanneer gaan hulle nou vir Zuma Arresteer en toesluit? ……..Ek wag. As daar ‘n lasbrief vir my uitgereik was , was ek sommer dieselfde dag al in die selle.

JohanR ·

Cyril Ramaphosa se Maandag brief, nadat hy Sondag gesit en dink het. Waar kom daai gesegte vandaan….moenie net dink nie, doen?

Pampoen ·

Ek dink nie dit gaan regtig oor die wet en regbank nie. Dit gaan hier oor die magstryd binne die ANC. Hulle vuur op die oomblik wedersydse waarskuwingskote af. Dit is bekomernis waardig. Die hemele behoed ons as die JZ, Ace en Julius faksie die oorhand kry.

Fedup ·

If jellyfish, the garden gnomb and double chin just for once tell the truth, which will never happen, we as ordinary south africans, can move on without having to even know these lot exist.
Just to make things boring, the judges got their positions this way.

“Some of us that don’t have money are promised prominent positions and then [they] ask you for political favours in return for positions. Then you find yourself in a trap.” Jacob Zuma, 18 November 2016

Magda ·

Ag Shame – net soos jy belowe daar sal nie geduld word met KORRUPSIE NIE – verwyder jou van daai stoel want nie JY of Cele verdien om daarop te sit nie.

Ou bees ·

Staat van onwettigheid? Nou wonder ek wat is die staat vir so lank al met die dinge wat aangaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.