Ramaphosa: ‘Werkloosheid onder die jeug is grootste uitdaging’

Ramaphosa. Foto: @MyANC_/Twitter

Ramaphosa. Foto: @MyANC_/Twitter

Werkloosheid onder die land se jeug is moontlik die land se enkele grootste uitdaging, het adjunkpresident Cyril Ramaphosa Maandag tydens Jeugdagvieringe gesê.

“As ons werkloosheid onder die jeug effektief kan aanspreek, sal dit nie net tot gevolg hê dat miljoene Suid-Afrikaners uit armoede gelig word nie, maar sal ons ook die ekonomie op ‘n trajek van volhoubare en inklusiewe groei plaas,” het Ramaphosa by die Jeugdagvieringe in Galeshewe in die Noord-Kaap gesê.

Ramaphosa sê die jeug moet sentraal staan tot die ekonomiese transformasie. Hy sê hoewel daar die afgelope 20 jaar baie geleenthede vir die jeug geskep is, staar jong mense steeds baie probleme in die gesig. Ramaphosa sê die land moet fokus op spesiale maatreëls om te verseker dat die jeug toegang het tot opleiding, werksondervinding, werk en entrepreneursgeleenthede. “Ons moet seker maak dat hulle die geleenthede kan benut. Voortgaan met hulle lewens.”

Ramaphosa sê ‘n gekoördineerde en multi-ledige reaksie word benodig om werkloosheid onder die jeug aan te spreek. “Dit moet teenwoordig wees in elke beleidsbespreking, elke wet wat geskryf word en elke strategiese plan wat ontwikkel word.”

Ramaphosa sê die land het vooruitgang gemaak in verskeie areas wat die jeug raak ondanks die huidige situasie. Hy sê twee keer soveel jong mense is tans universiteite as in 1994. “Nagenoeg die helfte van die ses miljoen werksgeleenthede wat geskep is, was vir jong mense.”

Ramaphosa sê in die laaste vyf jaar is R2,7 miljard eenkant gesit vir die finansiering en ondersteuring van entrepreneurskap onder die jeug. Die aantal studentebeurse is glo verdubbel. Hy sê daar moet egter meer gedoen word en dat die relatief lae vaardigheidsvlakke onder die jeug ‘n groot probleem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ria Maritz ·

Ja, die werksgeleenthede wat geskep was, was hoofsaaklik vir swart jeugdiges. Ons eie blanke jeugdiges kry nie werk nie, verlaat dus die land of sit maand in, maand uit sonder werk.

HEVW ·

Eerstw stap. Alle onwettige imigrante landuit! Sal al baie help.
Ja opleiding is baie belangrik.Die bakhandmentaliteit sal aangespreek moet word.
Die son kom terwille van niemand op in hierdie land nie

Madelein ·

As leerlinge gedwing was om NIE die minimum punt as slaagsyfer in matriek te kry nie, sou dit beter gegaan het. Baie van vandag se skoolverlaters het nie hard gewerk op skool nie en is ook nie bereid om onder te begin nie – verwag maksimum salaris is minimum werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.